●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000039807

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 440
R 352Jy spaar R 88
*Onvergeetlike liefde - Dina Botha*
Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes. Kort ná matriek is hul kys egter uit toe sy vir hom 'n kort afsêboodskap sonder enige verduideliking stuur. Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur 'n agentskap wat ly fwagte en beskerming aan BBP's bied. Hank het 'n bekruiper op sy spoor en vra Mariette se agentskap om hom ty dens die verfilming van sy nuwe rolprent te beskerm. Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand. Maar wat het destyds gemaak dat Mariette so skielik weggestap het? En sal hy haar liefde weer kan wen?
*Hawe vir haar hart - Tosca de Villiers*
Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir 'n ander man. Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op 'n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet. Daar ontmoet sy 'n aantreklike Griek genaamd Alexander Dimitriou wat as skeepsdokter op die skip werk. Ná 'n ongeluk dra hy egter verskeie letsels met hom saam wat 'n verhouding onmoontlik maak. Tog kan hy nie ophou dink aan die vrolike krulkop met haar groen rokkies nie ... Sal die oop see vir albei genesing bring? Of sal die onstuimige branders van hul verlede hul liefdesbootjie sink?
*Die dokter langsaan - Madelie Human*
Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin 'n boek -enkoffiewinkel terwyl sy werk soek. Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buit endien liefde bestaan net in feëverhale. Terwyl sy met die wink el woeker, begin 'n nuwe dokter sy praktyk langsaan. Bea is glad nie beïndruk met rykmanskind Luke Roux nie. Haar vriendinne terg haar meedoënloos oor die aantr eklike dokter, en hy kom met allerhande planne vorendag om Bea se hart te wen, maar sy is onwrikbaar: 'n Blinkstefaans gaan nie haar voete onder haar uitslaan nie. Sal Bea uiteindelik voor Luke se sjarme swig, of sal haar koppigheid in die pad van hul geluk staan?
*Vlamme van gister - Ciska Olivier*
Leonie en Stefan is beste vriende. Hulle was lank terug kortstondig in 'n verhouding, maar dit het nie uit gewerk nie. Nou is hy verloof aan haar beste vriendin, Olga. Leonie wíl bly wees vir hulle en sy ís ... Of is sy besig om haar self te bluf? In 'n poging om van alles weg te kom, gaan woon sy 'n modeskou in Italië by. Daar hoor sy die verlowing tussen Stefan en Olga is verbreek. Wil sy werklik 'n verhouding met Stefan hê of is sy net verward? En kan sy haar gevoelens vir hom vertrou? Terwyl sy dié vrae probeer beantwoord, dra sy boonop 'n donker geheim met haar saam. En dan is daar die soen wat die vlamme van gister laat ontbrand ...
Publikasiedatum: 2024-01-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.