●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

6

9781776482849

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 290
R 261Jy spaar R 29
Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met dié van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan.
Koos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit. Liedjies soos “Sprokie vir 'n stadskind” en “Kinders van die wind” het onuitwisbaar deel geword van die Afrikaanse kultuurskat; sy liedjies word gesing op enige plek waar daar Afrikaans gehoor word; en meer as 'n honderdtal kunstenaars wat musiek maak oor 'n breë spektrum - van Theuns Jordaan tot Johannes Kerkorrel en Battery 9 tot Refentse Morake - het al 'n Koos Doep-liedjie opgeneem of vertolk. Koos kan egter moeilik getipeer word slegs as Afrikaanse liriekskrywer: benewens 'n sestigtal oorspronklike liedjies, het daar ook postuum twee versbundels onder sy naam verskyn.
Daar is steeds 'n aanvraag na Koos se eie vertolkings van sy liedjies, wat daarop dui dat hy ook vir homself 'n staanplek as uitvoerende kunstenaar afgebaken het. Dan het sy inkennigheid, ongemaklike verhouding met die pers en vroeë dood hom natuurlik ook 'n besonder enigmatiese figuur binne die Afrikaanse kultuurwêreld gemaak. Dis egter moeilik om meer oor Koos en sy werk te wete te kom. Tot die groot frustrasie van joernaliste, was hy publisiteitsku en het hy selde onderhoude toegestaan. Daar is ook nie 'n opgaaf van sy kreatiewe werk en sy veeltal lirieke beskikbaar nie. 'n Koos du Plessis-liriekbundel met die lirieke en melodielyne van die liedjies op sy eerste twee albums is al 'n geruime tyd nie meer beskikbaar nie, en baie van Koos se latere lirieke is aan 'n groot deel van sy aanhangers onbekend. Met Erfdeel word hierdie leemte gevul. Die boek bring Koos se kreatiewe werk vir die eerste maal byeen, en vul dit aan met 'n oorsig van sy musiekloopbaan en leefwêreld, asook gedagtes oor die invloed van sy nalatenskap. Al Koos se lirieke - wat ook as verse gelees kan word - is ingesluit, asook enkele toonsettings van Koos se verse deur ander kunstenaars. Vir liedjieskrywers, musiekmakers en musiekliefhebbers se onthalwe word kitaarakkoorde by elk van die lirieke geplaas.
Die verse uit Koos se twee bundels - Om jou verlaas te groet (Human & Rousseau, 1985) en Skink nog 'n uur in my glas (Queillerie, 1995) - is heropgeneem saam met 'n vyftiental ongepubliseerde verse. Erfdeel bevat ook biografiese notas oor Koos se lewe, foto's, en besonderhede oor die ontstaansgeskiedenis van sommige van sy bekendste liedjies.
Publikasiedatum: 2024-01-17
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.