●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000039814

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 440
R 352Jy spaar R 88
*Reese se dilemma - Alma Carstens*
Liefde ken nie reëls nie. Nadat 'n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig 'n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas. Reese Durandt moet as uitvoerende hoof 'n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is 'n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op. Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?
*Verlief op die hartebreker - Elize Davies*
Kan jeugliefde weer opvlam? As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter haar masker herken? Rudolph het nog altyd 'n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as kind soos 'n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli is verloof aan Louis. Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in 'n liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?
*In die hart van Lente - Felicia Snyman*
Soms loop liefde 'n ompad. Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek… Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker. Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met 'n hart vol letsels wegstap?
*Vereistes vir 'n trouman - Elsa Winckler*
Liefde van 'n hart onkant. Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok, die onthaal, die blomme. Sy het ook 'n lysie met die presiese vereistes vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook al mag wees, voldoen nie aan 'n enkele een van hierdie vereistes nie. Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly. Ryno het 'n oog vir 'n mooi vrou en Emily is een van die mooistes wat hy nog gesien het, maar hy weet hy kan nie vir haar gee wat sy wil hê nie. Trou en kinders kry is nie deel van sy toekomsplanne nie. Dan, op 'n dag, hou Emily in die gietende reën stil om 'n hond te red en kry nie haar motor weer aan die gang nie. Dis Ryno wat tot haar redding kom. Sal haar troumanlysie en sy planne in hul pad bly staan of sal die vonk tussen hulle die oorhand kry?
Publikasiedatum: 2024-02-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.