●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Wendy Maartens

Results 1 to 15 of 84
Gesorteer volgens:  Outeur
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311775

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Marjorie van Heerden
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van 'n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat 'n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees ... Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.
“Ek was mal oor spoke. Eintlik was ek 'n soort spookwetenskaplike. Oral waar ek gekom het, het ek spookstories bymekaar gemaak. En nou is ek self 'n spook … kan 'n mens so gelukkig wees?” - C.J. Langenhoven, soos verbeel deur Maartens in Die wandelende geraamte en ander spookstories van CJ Langenhoven
“Terwyl ek aan die bundel gewerk het, het ek my soms verbeel Langenhoven sit in die blou leunstoel langs my boekrak. As hy tevrede was met waarmee ek op daardie tydstip besig was, was daar die gemeenskaplike stilte wat baie woorde op papier soms tussen twee mense bring en … nou en dan, die geur van 'n pyp wat aangesteek word.” - Wendy Maartens
C.J. Langenhoven, ook bekend as “Sagmoedige Neelsie”, was een van Suid-Afrika se grootste denkers, digters en skrywers. Hy was ook 'n kampvegter vir Afrikaans.
Publikasiedatum: 2022-03-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602288

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 290
'N VERSAMELING VAN VYF VAN DIE COOLSTE PRENTEBOEKE VOL MOSSIENESTE, KRULLEBOLLE EN PARMANTIGE HAASMOLES
Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:
HAASMOLES
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!
PARMANT
Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie en Vlakvark wil sy magie krap. “Nee!” sê Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.
DIE COOLSTE OUMA OP AARDE
Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet 'n paar fantastiese oumas…Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomblim. Maar een ding is seker: 'n Regte, egte ouma is altyd hope pret!
KARLA KRULLEBOL
Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …
PRINSES MOSSIENES
Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit 'n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na 'n plek waar alles beter is … 'n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van 'n egskeiding te hanteer.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310068

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Alida Bothma
Kinders  -  Versamelbundels
R 250
Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge - padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, 'n windpomp, waatlemoen, 'n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op 'n sny brood!

Vandag is daar amper nie 'n generasie wat nie hier en daar 'n versreël of strofe uit 'n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op 'n biblioteekrak in 'n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.

OOR DIE OUTEUR
Tienie Holloway (geb. Christina Maria Purchase, 1888-1967) het 'n baie belangrike bydrae tot Afrikaanse kinderverse gelewer in 'n tyd toe daar 'n skaarste aan goeie leesstof vir kinders was. Aanvanklik het sy bekende Engelse kleuterryme in Afrikaans vertaal; later is haar eie werk gepubliseer in Die Volkstem onder die skuilnaam Madelief. Mettertyd verskyn Die Haasbekkies en ander Versies (1938), Hasie Kalbassie (1945), Nuwe kleuterversies (1947), Doempie Domkop (1949), Martha-hulle (1951) en Nuwe kinderversies (1955). In 1971 bundel Jan Kromhout sommige van hierdie gedigte, asook van haar diereverse wat verskyn het in Toevlugsoord van C.S. Stokes in Versies wat vonkel: 'n keur uit die kinderverse van Tienie Holloway. Ná haar dood is die Tienie Holloway-medalje deur haar eggenoot geïnisieer en in 1970 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingestel. Dit is 'n toekenning vir oorspronklike Afrikaanse kleuterlektuur, vir kinders onder agt jaar, spesifiek gerig op kinderverse. Sy word postuum met die Holloway-medalje vereer vir twee bloemlesings uit haar werk wat by Human & Rousseau verskyn, naamlik Rympies van Tienie Holloway (1977) en Versies van Tienie Holloway (1978).
Publikasiedatum: 2021-05-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358281

Leermiddels: Graad 1

Leermiddels  -  Graad 1
R 100
R 80Jy spaar R 20
Die boek is 'n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy Maartens se Ek lees self-leesreeks kom.
In die sigwoordboekies het Wendy Maartens die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamge-
stel om as ondersteuningsmateriaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien.
*Sigwoordboek 1: Skilpad leer vlieg, Plaasmuis en stadsmuis, Haas en skilpad hardloop resies, Wolf dra skaapklere, Olifant en seekoei trek tou, Jakkals en kraai en die stuk kaas
*Sigwoordboek 2: Jakkals en Wolf vang vis, Jakkals en Wolf wil boer, Jakkals en Wolf wil trou, Jakkals en Wolf in boer se kraal, Jakkals en Wolf bou huis, Jakkals en Wolf en die klip
*Sigwoordboek 3: Rooi hen bak brood, Die drie rammetjies rof, Padda word kwaad, Muis red leeu se lewe, Die gans wat goue eiers kon lê, Sprinkaan leer werk
Publikasiedatum: 2022-06-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9781776353460

Kinders: Aktiwiteitsboeke

Illustreerder: Linki Brand
Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 110
R 99Jy spaar R 11
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op 'n baal, sit agterstevoor op 'n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi 'n kombersie oop onder 'n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde Rooimiere-in-diebroek idioom-inkleurboek.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776350360

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Shayna Olivier
Kinders  -  Versamelbundels
R 190
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het. Muggie sien kans vir Leeu bevat die wysheid dat niemand so sterk is dat hy nooit kan verloor nie. Tor sit Arend op sy plek gee weer die moed dat al is jy klein is daar altyd ʼn manier om ʼn boelie op sy plek te sit. Hierdie is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê? Moenie langer wag om uit te vind nie!
Publikasiedatum: 2021-10-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639609645

Christelik - Kinders: Kleuters

Illustreerder: Nici Brockwell
Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 120
Gebaseer op die Bybelse verhaal van Jeremia se roeping, vertel hierdie pragtige prenteboek die storie van 'n jong Jeremia wat met spraak gesukkel het totdat die Here hom aangeraak en 'n amandeltak as belofte gewys het. Nie net is hierdie storie pragtig en toeganklik geskryf soos net Wendy Maartens kan nie, maar die boek bevat ook inligting en hulpbronne vir ouers en onderwysers om te help met spraakontwikkeling in kleuters. Hierdie bemoedigende verhaal sal alle kinders wys dat hulle spesiaal is vir die Here en dat Hy hulle sal help en gebruik.
Publikasiedatum: 2021-10-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776350797

Children: African stories

Illustreerder: Shayna Olivier
Children  -  African stories
R 190
This cheerful collection contains 20 fantastic animal fables, each of which in a unique way includes valuable wisdom for children and how values can be applied in everyday life.
Donkey's Long Walk to Town conveys the message that one can never satisfy everyone. Bat, Bramble and Seagull Have a Meeting contributes to the idea that one should not only focus on what you lack, you should appreciate what you have. In Gnat Takes On Lion the wisdom is shared that no one is so invincible that you can never be defeated.
Beetle Puts Eagle in His Place gives the courage that even if you are small there is always a way to stand up to a bully.
These are just a few examples from this collection full of gifted, shy, cheerful, scared, angry and brave animals. What does Mrs Crab want to brag about? What is Elephant's big secret? Did Hare outsmart the bullies? Don't wait any longer to find out!
Publikasiedatum: 2021-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623198

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

Christelik - Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 49
Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!
In Pret met syfers kombineer Wendy Maartens 40 stories met aktiwiteite om kinders se syfervaardigheid te slyp. Deur die stories ontdek hulle die wêreld van getalle in die Bybel - van belangrike feite soos dat ons net 1 God het, minder bekende stories soos die 15 jaar wat by Hiskia se lewe gevoeg is, tot by die baie belangrike 70 x 7 keer vergewe. Aktiwiteite soos inkleur volgens nommers, soek die syfer en 'n paar lekker somme sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.
Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.
Publikasiedatum: 2021-06-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623181

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

Christelik - Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 49
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!
In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid 'n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat 'n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.
Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.
Publikasiedatum: 2021-06-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604015

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Megan Bird
Kinders  -  Versamelbundels
R 295
Hierdie bundel van meer as 30 stories en rympies is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R - by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. 'n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.
Publikasiedatum: 2020-10-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776250226

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Yolandi Prins
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 116
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds 'n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.
Maar Nicole het steeds nie 'n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie 'n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook 'n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in 'n buurt soos hulle s'n …
Publikasiedatum: 2020-06-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776250202

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Yolandi Prins
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 116
Nicole en Pappa trek in 'n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.
Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle 'n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.
Hulle bure help om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos 'n ware tuiste.
Publikasiedatum: 2020-06-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398847

Children: African stories

Illustreerder: Linki Brand
Children  -  African stories
R 250
Halala, unsung heroes! In this charmingly illustrated book, the celebrated storyteller Wendy Maartens compiled 21 stories of unsung South African heroes. Some stories are as alive as the windswept contours of Table Mountain. Others are so current that the joyous marvel of the events is still settling. Discover how Job Maseko sank an enemy warship. Rejoice with the boy who walked barefoot through a war and follow the footsteps of the San boys who were kidnapped by traders. Be inspired by former slave, Emilie Lehn's survival of severe hardships and celebrate the long-awaited restoral of Sarah Baartman's honour after her death. This collection is the perfect gift for any young story lover!
Publikasiedatum: 2020-06-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397932

Kinders: Aktiwiteitsboeke

Illustreerder: Linki Brand
Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 110
Kom kleur saam in!
Maak die potlode skerp.
Skiet daai doppies van die merkpenne af.
Lê op die gras, sit agterstevoor op 'n stoel, klim in die linnekas met 'n flits, of hang onderstebo in 'n boom.
Die tyd het aangebreek.
Kom ons kleur in!
Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.
Publikasiedatum: 2020-03-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.