●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Johann Strauss

Results 1 to 15 of 55
Gesorteer volgens:  
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919764948

Children: Anthologies

Illustreerder: Johann Strauss
Children  -  Anthologies
R 150
Discover the wonderful lessons in the animal fables of Aesop and Jean de la Fontaine. Johann Strauss's colourful and humorous illustrations mesmerise children and capture their attention. A source of entertainment for the whole family!
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134785

Children: Anthologies

Illustreerder: Johann Strauss
Children  -  Anthologies
R 120
Felix Fox happily found Matelot Mouse in book 1 after he went missing in the pages of story land, but now Captain Hook has stolen Felix's beloved ship! Tinkerbell, the copper fairy helps Felix look through other stories in search of the treasure hunt.
Publikasiedatum: 2011-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781775911340

Kinders: CD's

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  CD's
R 100
Die Droombos stories wat op hierdie CD vertel word:
Droombos se nuwe prinsessie
Reenboogfeetjie se Ongeluk
Talienkie tandmuis en die dief
Klaas Vakie se lang nag
Diep in droombos
Publikasiedatum: 2013-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781775911357

Kinders: CD's

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  CD's
R 100
Die Droombos stories wat op hierdie CD vertel word:
Pollie Poskabouter se lee possak
Kersvader se groot glips
Vaak Vaatjie Vergeetkabouter raak weg
Reenboogfeetjie se spesiale dag
Diep in droombos
Publikasiedatum: 2013-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351213

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 150
Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak … Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die klaskamer en sal onderwysers help om met hul jong leerders gesprekke te voer oor vriende maak, vrese en boelies. Die storie bevat Christelike temas en waardes, en Johann Strauss se pragtige illustrasies plaas hierdie boek in 'n klas van sy eie.
Publikasiedatum: 2022-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799389401

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 120
Vreemde dinge kan gebeur as jy 'n ertjie eet …
Ontmoet vir Ernst,
Ernst de Vos.
Hy eet so ampertjies
enige kos:
hamburgers, pizza,
herderspastei,
spaghetti, bobotie
(met geelrys daarby),
pampoenkoekies,
kerrievis,
blomkool en beet.
Maar Ernst WEIER om ertjies te eet.
Almal probeer vir Ernst oorreed om 'n ertjie te eet.
Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet -
dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word.
Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet - hy kan SKATRYK word.
Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper 'n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak.
Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet.
Op 'n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur!
Hy word so BEROEMD soos 'n rockster … hy word SKATRYK … hy word 'n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red!
Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet?
Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter 'n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan 'n ertjie te proe …
Publikasiedatum: 2018-10-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175944

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-09-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175937

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Die kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met die alfabet van A tot Z. Eenvoudige eerste woorde en klanke wat met elke letter geassosieer word, maak dit maklik om die ABC te leer. Kinders kan aangemoedig word om na die klanke en woorde te luister en dit saam uit te spreek, terwyl die pragtige tonele verken word. Die boek vol letters en woorde vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175920

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Hierdie kleurvolle telboek maak kinders op 'n prettige manier vertroud met getalle, terwyl hulle stelselmatig van 1 tot 100 leer tel. Kinders kan aangemoedig word om hardop saam te tel, terwyl daar na elke element gewys en die pragtige tonele op elke bladsy saam verken word. Hierdie boek vol syfers vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353286

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 230
R 184Jy spaar R 46
By Einstein se snor! Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer die De Vries-tweeling om hulle bose plannetjies uit te voer, help om Jenny te genees wanneer sy per ongeluk 'n formule drink wat haar pers maak en veroorsaak dat sy 'n stert groei, veg teen 'n onsigbare vyand, vang al die klone van Professor Fungus se konyn, … en lyk dadelik jonger met die nuwe plooiroom wat Professor Fungus vervaardig het! Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek - insluitend 'n splinternuwe storie! 1. Professor Fungus en die sneeumasjien 2. Professor Fungus en die monsterformule 3. Professor Fungus en die onsigbare skurk 4. Professor Fungus en die gekloonde konyn 5. Professor Fungus en die nare newe-effek - eksklusief uitgegee in hierdie omnibus
Publikasiedatum: 2022-03-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182096

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Dieter is 'n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as 'n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na 'n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met 'n superheld veg en nog meer - alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen?
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publikasiedatum: 2021-06-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181815

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Gretha maak 'n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe . . .
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publikasiedatum: 2021-04-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602271

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
DIE LAASTE EEN IN DIE SEE IS 'N BOLLETJIE SNOT! roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem - die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos 'n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En ... Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur. Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar 'n HAAI in die water is. Oepsie! Die arme haai ... Hierdie boek sal jou uit jou maag uit laat lag en jy sal dol wees op die kleurvolle illustrasies.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180696

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . .
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publikasiedatum: 2020-07-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397840

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Superjoernalis Sanri Steyn skrik nie vir 'n geraamte nie …
Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn.
Daar is 'n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het 'n buikspraakpop wat soos 'n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net 'n pop, en is Jamahl werklik só 'n goeie buikspreker?
Sanri is nie so seker daarvan nie.
Toe Bennie Bene een aand verdwyn, help Sanri en Markus vir Jamahl om na hom te soek. Wat ondek hulle op Raaiselfontein se ou treinstasie en sal hulle dit kan regkry om vir Bennie te vind?

Hierdie is 'n gewilde reeks vir seuns en meisies in die intermediêre fase. Elke boek in die reeks kan ook as alleenstaande titel gelees word. Die kombinasie van humor en grillerige temas is in die kol vir lesers in hierdie ouderdomsgroep. Hierdie is die negende (en laaste) boek in die reeks.
Publikasiedatum: 2020-05-07

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.