●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Leon Rousseau

Results 1 to 15 of 25
Gesorteer volgens:  
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825281

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 29
Onder die vorige bewind het digters en skrywers hul stem teen onreg laat hoor. Baie van ons voel vandag dat nuwe onregte en nuwe onheile die ou soort vervang het. Met hierdie woorde as aanhef is 'n aantal digters in Mei 2000 genooi om by te dra tot Nuwe Verset. Byna veertig digters laat blyk in hierdie bundel hoe hulle teen die eeuwending oor die nuwe bedeling gevoel het.
Publikasiedatum: 2000-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798176682

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 840
Hier wag ure van lees- en luisterpret vir voorskoolse kinders, terwyl hulle leer oor syfers, letters, kleure, vorms en baie meer. Al ses boeke in die Storiemuis-reeks word hier saamgevoeg, teen 'n baie spesiale prys. Dit is propvol stories, liedjies, rympies en dinge om te leer, terwyl die ses oudio-CD's met vrolike voorlesings elke kleurvolle bladsy vergesel en ekstra pret verskaf met musiek, geluide, saamsing-liedjies en saamluister-stories.
Publikasiedatum: 2017-10-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175944

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-09-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175937

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Die kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met die alfabet van A tot Z. Eenvoudige eerste woorde en klanke wat met elke letter geassosieer word, maak dit maklik om die ABC te leer. Kinders kan aangemoedig word om na die klanke en woorde te luister en dit saam uit te spreek, terwyl die pragtige tonele verken word. Die boek vol letters en woorde vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175920

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Hierdie kleurvolle telboek maak kinders op 'n prettige manier vertroud met getalle, terwyl hulle stelselmatig van 1 tot 100 leer tel. Kinders kan aangemoedig word om hardop saam te tel, terwyl daar na elke element gewys en die pragtige tonele op elke bladsy saam verken word. Hierdie boek vol syfers vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798156943

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Leon Rousseau
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
'Arme Boet en sy sussie Sannie sit verlangend voor die venster. Buite reën dit en die wêreld is nat. Hulle wens hulle kan uitgaan, maar hulle weet hulle kan nie. Hulle is doodverveeld, totdat . . . 'n vreemde, vrolike, pratende kat opdaag en die plek behoorlik op horings neem!

Dr Seuss se boeke vir beginners is wêreldberoemd omdat hulle kinders so maklik en moeiteloos leer lees. Leon Rousseau se wonderlike vertaling van hierdie klassieke boek sorg vir 'n heerlike leesavontuur.'
Publikasiedatum: 2012-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798166683

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Leon Rousseau
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Met speelse, rollende rym en ritme en sy kenmerkende humor kyk Dr. Seuss na al die avonture en verrassings wat op die lewenspad kan wag. Dit is 'n boek vol wysheid en lewenslesse - vir oud en jonk. Die lewe is 'n ewigdurende ewewigspel, sê Dr. Seuss, maar daar is altyd pret, geluk en sukses vir dié wat dit wil vind. Die boek is geskik vir vroeë lesers en vir hardop voorlees. Maar bowenal is dit 'n fantastiese geskenk vir enige persoon wat 'n nuwe fase in hul lewe ingaan. Hierdie klassieke boek is nou vir die heel eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met 'n fantastiese rymvertaling deur Leon Rousseau.
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798172165

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 300
R 119Jy spaar R 181
Ontdek 'n wonderwêreld van sprokies, fabels, feëverhale en dierestories in hierdie skatkis van 21 geliefde verhale vir kinders. Versamel en oorvertel deur bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau, is hierdie pragtige bundel ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos 'Aspoestertjie', tot volksverhale soos 'Die gulsige seekoei' wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos 'Die leeu en die muis' wat morele kwessies aanraak - hier is iets vir elkeen. Linki Lutz se toweragtige illustrasies beeld elke verhaal kleurvol en verbeeldingryk uit. 'My Storiekis' is 'n kosbare versameling wat vir jare se storieplesier sal sorg.
Publikasiedatum: 2019-07-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168885

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD met 'n voorlesing, liedjies en vele meer. In Boek 6 is daar nog syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide, rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en leer saam!
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168861

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD met 'n voorlesing, liedjies en vele meer. In ‹Boek 5 is daar nog syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide, rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en leer saam!
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168847

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Die oorspronklike Storiemuis-reeks was besonder gewild vanweë die groot verskeidenheid opvoedkundige temas wat daarin behandel is. Hierdie splinternuwe reeks is op dieselfde beginsels geskoei en bestaan uit nuwe materiaal met pragtige volkleurillustrasies. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD met 'n voorlesing, liedjies en vele meer. In Boek 4 is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en leer saam!
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166294

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 240
Nog 'n fantastiese Storieman omnibus is hier! In hierdie uitgawe lees ons weer van Timmertak en Abigael die spinnekop se avonture. Daar is ook gunsteling-stories soos "Simon se kanaal", "Die laaste vlentertjie reenboog", "Oom Stoffel eet by 'n towenaar", "Die parasol" en "Die vriendelike beer". Geniet ook nog 'n lekker Liewe Heksie-storie en word betower deur sprokies soos "Die gemmerbroodman" en "Duimelize".
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168823

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Die oorspronklike Storiemuis-reeks was besonder gewild vanweë die groot verskeidenheid opvoedkundige temas wat daarin behandel is. Hierdie splinternuwe reeks is op dieselfde beginsels geskoei en bestaan uit nuwe materiaal met pragtige volkleurillustrasies. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD met 'n voorlesing, liedjies en vele meer. In Boek 3 is daar liedjies, syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide, rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en leer saam!
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798159821

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Hierdie omnibus-uitgawe sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in. In hierdie uitgawe is Gobbolino, die geliefde heksekat, weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos 'Die gelukkige prins', 'Die Gobbelrot' en 'Die groot, harige bogman' en kom lag lekker vir stories soos 'Die groot pasteiwedstryd' en 'Eierdrome'. Hier is ook feëverhale soos 'Skoonlief en die ondier' en 'Aspoestertjie' om weer van nuuts af te betower!
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798159906

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 240
Hierdie omnibus-uitgawe bevat twee van die gewildste vervolgreekse met ongeveer 10 stories uit die bekende Storieman-deelwerk. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD's in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! By die huis, of in die motor . . . Storieman is daar!

Pinocchio vertel die klassieke verhaal van 'n houtpop wat graag 'n regte seuntjie wou word.
Heidi, waarin 'n weeskind gestuur word om by haar iesegrimmige oupa in 'n berghut in die Alpe te gaan woon.
Publikasiedatum: 2016-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.