●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Alet Steenkamp

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388824

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 200
R 89Jy spaar R 111
Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in 'n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Schalk, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers ietwat van 'n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.
Maar Schalk begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Schalk boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Baie verkeerd.
Intussen word Niekie iewers in 'n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.
By haar in die vertrek is 'n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar 'n storie vertel. 'n Storie oor 'n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar 'n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …
Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Schalk en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.
Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Weg was 'n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604206

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
Liefde op die maat van die musiek ...
Toe Maya en Joe mekaar een aand by 'n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ... Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.
Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Op die maat van Maya is 'n pragtige liefdesverhaal, maar vertel ook 'n dieper storie oor die band tussen 'n meisie en haar ouers. Die verhaal sal beslis aanklank vind by musiekliefhebbers, asook almal wat van 'n ietjie liefde hou.
Die boek was op die kortlys van LAPA se Jeugromankompetisie 2019
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391329

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus:
Seesand, sonbrille en smokkelaars
Spoke, speurders en straatkafees
Skaduwees, skatte en skelmstreke
Soene, sonroom en seestrome

Seesand, sonbrille en smokkelaars
Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...

Spoke, speurders en straatkafees
Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?

Skaduwees, skatte en skelmstreke
Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Soene, sonroom en seestrome
Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis.
Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie.
'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ...
Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor.
Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg.
Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389296

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
Drie koshuisavonture in een boek!
Selfone, skelms en sjokolade
SMS'e, skurke en spinnekoppe
Sepiesterre, sokkies en skobbejakke

Selfone, skelms en sjokolade
Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is - en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat 'n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak …

SMS'e, skurke en spinnekoppe
Vier dae in die bos… Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers 'n nare onderwyseres wat 'n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. 'n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet…

Sepiesterre, sokkies en skobbejakke
Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan fantasties wees en iemand gaan boonop gekies word om in 'n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle 'n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe dramajuffrou is …
Publikasiedatum: 2018-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346961

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Moet 'n meisie op 17 'n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie.
Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel ...

Wat op aarde gaan regtig tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommerso sonder om regtig te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar?
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362817

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Ek het finaal besluit. Ouens is agterbakse miswurms. Net wanneer jy op jou gelukkigste saam met 'n ou is, bars die borrel. Hy cruise aan na die volgende meisie en jy voel soos 'n gek. Verwerp en verneuk en alleen. Ek is klaar met ouens. Ek gaan eendag in die berge in 'n klein huisie bly en groente plant. Iewers in die Himalajas waar daar geen mans is nie. Ek wil nooit in my lewe weer 'n man sién nie.
Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy 'n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer 'n ou 'n kans gee, of gaan sy weer seerkry?
'n Lekkerlees-tienerroman oor die avonture van grootword - en die hoogtepunte en laagtepunte van jong liefde.
Publikasiedatum: 2013-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.