●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Helde Reeks

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389265

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Ontmoet van ons land se dapperste helde!
Ontmoet 'n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus- aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, 'n klein brakkie met 'n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef.
Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. 'n Klein brakkie met 'n groot hart
2. 'n Reënboog vir Laingsburg
3. Desmond Tutu
4. Kaalvoet deur 'n oorlog
5. Enoch Sontonga, 'n man met 'n lied in sy hart
6. Die lang pad van Emilie Lehn
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat
beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

* Hierdie reeks kinderboeke is trots Suid-Afrikaans, en vertel die verhale van 'n versameling bekende en minder bekende helde van ons land.
* Maklik leesbare teks vir beginnerlesers.
* Die ideale hulpmiddel vir skooltake en mondelinge.
* Pragtige volkleurillustrasies
* 'n Onmisbare toevoeging tot elke kind se boekrak.
Publikasiedatum: 2018-09-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389210

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Ontmoet 'n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken 'n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. Sultan, die koning van sy baas se hart
2. Die bushelde van Westdene
3. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop
4. Duisend kilometer deur die wildernis
5. Kaalvuis teen tonne rots
6. Klara Majola, kind van die kapok
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak.
Publikasiedatum: 2018-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388565

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 69Jy spaar R 81
Ontmoet 'n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat ná 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens 'n storm die see ingeswem het om die matrose van 'n sinkende skip te red; en ontmoet 'n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. 'n Perd van 'n ander kleur
2. Die matriekheld van Henley-on-Klip
3. Nelson Mandela, 'n leier so na ons hart
4. Nkosi Johnson veg vir hoop
5. Wolraad Woltemade, 'n melkboer met durf
6. Japie Greyling swyg
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Publikasiedatum: 2018-05-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.