●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Jeff Kinney

Results 1 to 15 of 47
Gesorteer volgens:  Kategorie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485901334

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na 'n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwêreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf. Die proewe is 'n ramp, en Greg is oortuig hy gaan nie gekies word nie. Maar hy kry onverwags plek in een van die dorp se spanne. Wanneer Greg en sy spanmaats die seisoen begin, lyk die kanse skraal dat hulle selfs 'n enkele wedstryd gaan wen. Maar in sport kan enigiets gebeur. Sal Greg sy kans aangryp wanneer alles op die spel is en hy die bal in sy hande het? Of gaan hy die kolskoot verbrou?
Publikasiedatum: 2021-11-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485901112

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Gryp 'n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding , wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere , spoke en veel meer in hierdie komies vreesaanjaende verhale.
Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop dalk sal jy met die lig aan wil slaap
Publikasiedatum: 2021-05-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900740

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
In Diepkant, die 15de boek in die Dagboek van 'n Wimpy Kid-reeks, uit die pen van Jeff Kinney, topskrywer van #1-internasionale blitsverkopers, kies Greg Heffley en sy gesin koers op 'n kampreis, gereed vir 'n grootse avontuur. Maar sake neem 'n onverwagse wending en hulle beland sonder uitkomkans in 'n karavaanpark wat allermins 'n somerparadys is. Wanneer die reën neerstort en die watervlak begin styg, wonder die Heffleys of hulle die vakansie kan red, en of hulle dalk al klaar te diep in die sop is.
Publikasiedatum: 2020-12-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900733

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Avonture wag! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom 'n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op 'n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons helde oorleef? Lees Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur en vind uit!
Publikasiedatum: 2020-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900580

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
'n Onverwagte erflating gee Greg Heffley se gesin 'n kans om groot veranderinge aan hul huis aan te bring. Maar hulle besef gou huisverbeteringe is nie kinderspeletjies nie.Die oomblik wanneer die mure platgeslaan word, duik probleme oral op. Verrotte hout, giftige skimmel, onwelkome gediertes en iets meer onheilspellends laat Greg en sy gesin wonder of die verbouings die moeite werd is.Sal die Heffleys kan aanbly nadat die stof uiteindelik gaan lê het ... of sal hulle die dorp moet verlaat?
Publikasiedatum: 2020-05-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900573

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
'n Sneeustorm veroorsaak dat Greg Heffley se skool moet sluit, en sy buurt verander in 'n ysige slagveld. Vyandige groepe baklei om grondgebied, bou enorme sneeuforte en voer epiese sneeubalgevegte. Greg en sy getroue beste vriend, Rowley Jefferson, beland in die spervuur.

Greg en Rowley moet bondgenootskappe, verraad en oorlogbendes in 'n stryd om oorlewing trotseer terwyl die buurt in chaos verval. Sal Greg en Rowley as helde uit die stryd tree wanneer die sneeu smelt? Gaan hulle hierdie dag oorleef?
Publikasiedatum: 2020-02-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900450

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na 'n oord op 'n tropiese eiland te ontvlug om 'n slaggie te rus en uit te span. 'n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy doodmoeë gesin te verrig. Maar die Heffleys ontdek spoedig die paradys is nie alles wat mens daarvan hoor nie. Sonsteek, 'n maagaandoening en giftige goggas dreig om die gesin se vakansie te bederf. Kan hulle reis gered word, of gaan hierdie eilandbesoek op 'n ramp uitloop?
Publikasiedatum: 2019-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900528

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te sê het. In Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie skryf Greg se beste vriend, die vrolike Rowley Jefferson, oor sy wedervaringe en stem in om sy vriend se lewensverhaal neer te pen. (Greg gaan immers eendag ryk en beroemd wees, en dan gaan mense alles van hom wil weet). Maar dit wil lyk asof Rowley nie 'n goeie keuse vir die taak is nie, en sy “biografie” van Greg vertel meer van hom as van sy beste vriend. Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie: Rowley Jefferson se Joernaal laat lesers uit 'n ander hoek na die Wimpy Kid-wêreld kyk - een wat aanhangers nie sal wil misloop nie!
Publikasiedatum: 2019-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900443

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.
En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is 'n riller!

Dan ontdek hy 'n pakkie suurwurms, en dit gee hom 'n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
Publikasiedatum: 2019-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900412

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die lewe was beter in die ou dae. Of nie?
Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van 'n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir 'n ouderwetse wêreld uitgeknip nie.

Gaan Greg 'n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en buite die Heffley-huishouding opbou?
Publikasiedatum: 2018-11-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900405

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
'n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees... tensy julle die Heffley's is.

Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, 'n harde stamp en 'n vark wat op die vlug slaan - nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis kan 'n avontuur word - en hierdie is een wat die Heffley's nie gou gaan vergeet nie.
Publikasiedatum: 2018-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900245

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat....
Publikasiedatum: 2017-11-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900146

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Daar is liefde in die lug - maar wat beteken dit vir Greg Heffley?

'n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om 'n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy droëbek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis 'n skrale troos.

Dan kry Greg 'n dansmaat danksy 'n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en 'n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie...
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900252

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimpgewoontes ontslae raak nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik.
Jy sien, Frank Heffley dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander
'manlike' aktiwiteite.
Natuurlik kan Greg maklik koes vir sy pa se pogings om hom te verander. Maar as Greg se pa dreig om hom na 'n militêre akademie te stuur, besef Greg hy sal hom moet regruk voordat hy weggeruk word.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900269

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimp-gewoontes ontslae raak nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik. Jy
sien, Frank Heffley dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander 'manlike'
aktiwiteite.

Natuurlik kan Greg maklik koes vir sy pa se pogings om hom te verander. Maar as Greg se pa dreig om hom na 'n militêre akademie te stuur, besef
Greg hy sal homself moet regruk voordat hy weggeruk word.
Publikasiedatum: 2017-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.