●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Philip de Vos

Results 1 to 15 of 40
Gesorteer volgens:  Kategorie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191306

Nie-fiksie / Non-fiction: Kuns & Argitektuur / Arts & Architecture

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kuns & Argitektuur / Arts & Architecture
R 100
Milieu is 'n versameling van ongeveer 120 portretfoto's geneem deur die digter en sanger Philip de Vos. Met hierdie versameling konsentreer De Vos veral op skeppende en vertolkende kunstenaars en sit só die werk van Paul Alberts voort.
Publikasiedatum: 2006-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308065

Nie-fiksie / Non-fiction: Humor / Humour

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Humor / Humour
R 180
'n Versameling stuitige strokies deur Philip de Vos en Piet Grobler wat die wildste, stoutste verwagtinge oortref. Dit het oorspronklik telkens op De Kat se agterblad verskyn.

OOR DIE OUTEUR
Philip de Vos is 'n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met 'n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word - en vandag laat hy met die humor in sy werk 'n ieder en 'n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens 'n mier met opset doodgetrap nie.
Publikasiedatum: 2018-05-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195465

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 185
'Ek kan ook sommer dadelik my kop op 'n blok sit om almal te verseker dat daar net die mooi en edele dinge van die lewe hier gaan verskyn, anders as die dinge wat onse Steve Hofmeyr op sy blog kwytraak, want die enigste lelike woord wat ek ken, is ghwano - en nou dat ek dit gesê het, voel ek amper ek moet my mond met seepsoda gaan uitwas.'
Kop op 'n blok is 'n versameling blogs van die ewig jeugdige Philip de Vos. Dit is vlot geskryf en die humor (wat dikwels selfspot insluit) is werklik snaaks. Inderwaarheid vorm hierdie stukke 'n soort outobiografie van een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans. Die bundel bevat ook anekdotiese sketse oor bekende figure uit die kunstewêreld, soos die sangeres Cecilia Wessels, die aktrise Anna Neethling-Pohl en die skrywers Freda Linde en Karel Schoeman.
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307150

Leermiddels: Leesboeke

Illustreerder: Philip de vos
Leermiddels  -  Leesboeke
R 160
Diep in die Eikewoud kan Hasie glad nie slaap nie.
Lig die flappies en vind uit wie haar so wakker hou.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307136

Leermiddels: Leesboeke

Illustreerder: Philip de vos
Leermiddels  -  Leesboeke
R 160
Diep in die Eikewoud skryf Posman Beer briewe aan al sy vriende.
Lig die flappies om te sien vir wie hy skryf!
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307143

Leermiddels: Leesboeke

Illustreerder: Philip de vos
Leermiddels  -  Leesboeke
R 160
Diep in die Eikewoud soek Otjie Ot vir Henna Hen.
Lig die flappies en help vir Otjie Ot om haar te kry.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307129

Leermiddels: Leesboeke

Illustreerder: Philip de vos
Leermiddels  -  Leesboeke
R 160
Diep in die Eikewoud het arme Vos sy sokkies verloor.Is hulle onder die mat, of binne-in die staanklok?
Lig die flappies, en soek saam.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199715

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 79Jy spaar R 101
Nadat Moessorgski na 'n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 'n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse die werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by 'n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193379

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Philip de Vos
Illustreerder: Niki Daly
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 49Jy spaar R 111
Ontmoet vir Bettina Valentino en haar kunspelle. Bettina is 'n kunstenaar wat nie eintlik binne die grense van 'n bladsy of 'n skilderdoek wil bly nie. Sy hou van kuns wat wild is en waarmee jy jouself kan uitdruk, en nooit OOIT vervelig is nie.
Bettina se kuns kan 'n bietjie mal wees - vol verrassings en 'n paar skokke. Maar selfs Bettins weet nie watter effek haar kuns kan hê nie.
Publikasiedatum: 2010-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092025

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Illustreerder: Emily Gravett
Kinders  -  Prenteboeke
R 170
'n Astrante baba word een maanlignag deur 'n harige mammoet weggevoer. Waarheen gaan hulle? Het dit iets te make met Broeps se griffels op die muur van hulle grot? 'n Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur twee van die wêreld se voorste skeppers van kinderboeke, in Afrikaans vertaal deur veelbekroonde rympiekoning Philip de Vos.
Publikasiedatum: 2021-05-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308508

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 190
Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886). Saint-Saëns se werk is geïnspireer deur leeus, hoenders, muile, skilpaaie, olifante, kangaroes en ander diere. Die werk bestaan uit 14 bewegings wat vir twee klaviere en 'n kamerorkes geskryf is.
Die eerste uitgawe van Karnaval van die diere verskyn in 1998 by Human & Rousseau. Dit word baie goed ontvang en word in Engels, Duits, Italiaans en Nederlands vertaal.
Publikasiedatum: 2019-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310778

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 180
Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet 'n Jing wat sing, 'n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word.
Publikasiedatum: 2019-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310792

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat ...
Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT!

Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?
Publikasiedatum: 2019-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310785

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 175
Op die 15de Mei in die oerwoud van Noel
terwyl Herrie Olifant swem in sy poel
sou hy laat op een middag 'n ietsietjie hoor,
'n klein krieselklankie wat krap in sy oor …

Toe Herrie 'n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER!
Publikasiedatum: 2019-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310761

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Philip de Vos
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Kay en haar boetie gaan troeteldierwinkel toe. Hul pappa het gesê hul mag net één troeteldier kies om huis toe te neem. Maar watter een moet hul kies? 'n Hondjie, of katjie, of dalk 'n vis of 'n voël? In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies!
Publikasiedatum: 2019-11-06

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.