●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Kobus Geldenhuys

Results 1 to 15 of 85
Gesorteer volgens:  
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181037

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
In hierdie wonderlike boek word kinders bekendgestel aan klassieke avontuurverhale, soos Om die wêreld in 80 dae, Robinson Crusoe, Lancelot se avonture, Gulliver en die Lulliputers, White Fang, Die drie musketiers, Tarzan, Skateiland, Reis na die middel van die aarde, Tom Sawyer en Huckleberry Finn en Sandokan, die tier van Maleisië.
Publikasiedatum: 2020-10-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181044

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan die klassieke fabels van La Fontaine, soos Die wesel en die koringskuur, Die wolf en die lam, Die duif en die mier, Die bye en die perdebye, Die leeu en die muis, Die donkie en die hond, Die swaeltjie en die voëls, Die haan, die kat en die muis, die takbok by die fontein, Die vos en die bok, Die paddas wat 'n koning wou hê, en vele meer!
Publikasiedatum: 2020-10-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178495

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 230
Hierdie wonderlike boek met 15 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van die Broers Grimm.
Publikasiedatum: 2019-02-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388831

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Pe Grigo
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 89Jy spaar R 91
Ontmoet vir Aristoteles, 'n kat met hope houding!
Aristoteles is 'n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi - hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag 'n hond vir haar verjaardag hê.
'n Hond!?!
Watter verstandige agtjarige dogtertjie wil so 'n irriterende, keffende dierasie hê?
Aristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken - en hy gaan wegloop om sy punt te bewys.
Ongelukkig is die lewe van 'n straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie …
Hierdie snaakse, avontuurbelaaide storie word uit die perspektief van Aristoteles die kat vertel, en is briljant deur die veelbekroonde Kobus Geldenhuys uit die oorspronklike Duits vertaal.
Publikasiedatum: 2018-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311232

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
Alfie het op veertien nie net koning geword nie, maar ook die Redder van die Ryk. Ná die Redder se verlore stryd teen die Swart Draak, het Professor Lock en sy mag ondooie Vikings Brittanje oorgeneem. Die reusetaak om sy land weer terug te wen weeg swaar op die jong koning se skouers, en hy moet 'n weermag oproep om hom daarmee te help. Intussen voer Hayley 'n rebellie in Londen se agterstrate. Alfie maak staat op sy vriende se hulp om dié epiese stryd aan te pak.
Dis die laaste boek in 'n aksiebelaaide trilogie.
Publikasiedatum: 2021-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309215

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?
Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl 'n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Alfie thinks he knows his destiny. As the heir to the throne of Great Britain, he's fated to become the most disappointing king in the nation's history. Little does he know that with the throne comes an ancient secret. He who wears the crown of England, must protect the country as the legendary hero, the Redder.
The path of two kids with very different lives cross, and together they join the battle against criminals and monsters, villains and dragons, to save the nation.
Publikasiedatum: 2018-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307068

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Jess Aarons se grootste droom is om die vinnigste in sy graad te hardloop. Hy het die hele somervakansie geoefen en kan nie wag om sy klasmaats se gesigte te sien wanneer hy hulle almal wen nie. Maar op die eerste skooldag is 'n nuwe meisie dapper genoeg om die seuns aan te durf en boonop almal uit te stof.
Dis nie 'n baie belowende begin vir 'n vriendskap nie, maar Jess en Leslie Burke word onafskeidbaar. Saam skep hulle Terabithia, 'n magiese koninkryk in die woud waar hulle twee as koning en koningin heers. Dan is daar eendag 'n verskriklike tragedie. Eers wanneer Jess hierdie tragedie begin verwerk, besef hy uiteindelik hoeveel krag en moed Leslie vir hom gegee het.

Wenner van die Newbery-medalje.

“Roerend en met groot impak.” - Kirkus Reviews

“Hierdie storie is merkwaardig ryk en diep, pragtig geskryf.” - The Horn Book
Publikasiedatum: 2018-02-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798168397

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 90
3-6 jaar. In hierdie oorspronklike weergawe van 'n bekende sprokie, steel Aspoestertjie die prins se hart met haar pragtige glimlag.
Kinders leer hoekom dit belangrik is om elke dag tande te borsel met behulp van hierdie skreeusnaakse storie.
Dié reeks van vier titels, elk 'n eie weergawe van 'n bekende sprokie, sluit telkens 'n boodskap oor gesonde gewoontes in. Die humoristiese skryfstyl en oulike illustrasies sorg dat die boodskap oor 'n gesonde lewenstyl onopvallend en op 'n prettige manier tuisgebring word.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798168403

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Anita Jeram
Kinders  -  Prenteboeke
R 180
As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag sê presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie! Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor 'n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in 1994 verskyn het, is dit reeds in 22 tale vertaal en byna 13 miljoen boeke is verkoop.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798168366

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 90
3-6 jaar. In hierdie oorspronklike weergawe van 'n bekende sprokie, moet die drie varkies leer hoe kieme versprei. Wanneer hulle nie vir die wilde, woeste wolf 'n sneesdoekie wil gee nie, word hulle huisies weggeblaas deur sy groot nies! En boonop steek die varkies dan sy verkoue aan.

Kinders leer hoe kieme versprei en waarom 'n gesonde lewenstyl belangrik is, in hierdie skreeusnaakse storie.

Dié reeks van vier titels, elk 'n eie weergawe van 'n bekende sprokie, sluit telkens 'n boodskap oor gesonde gewoontes in. Die humoristiese skryfstyl en oulike illustrasies sorg dat die boodskap oor 'n gesonde lewenstyl onopvallend en op 'n prettige manier tuisgebring word.

Agter in die boek is daar ook ekstra gesprekspunte wat as 'n gids dien oor hoe om die boek effektief te gebruik en met kinders oor die storie en boodskap te gesels.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798168373

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Bruno Robert
Kinders  -  Prenteboeke
R 85
3-6 jaar. In hierdie oorspronklike weergawe van 'n bekende sprokie, speel die drie bere gasheer vir 'n baie kieskeurige eter. Gouelokkies haat groente, maar die bere is vasbeslote om haar 'n gesonde bord kos te gee.
Kinders leer hoekom dit belangrik is om gesond te eet met behulp van hierdie skreeusnaakse storie.
Dié reeks van vier titels, elk 'n eie weergawe van 'n bekende sprokie, sluit telkens 'n boodskap oor gesonde gewoontes in. Die humoristiese skryfstyl en oulike illustrasies sorg dat die boodskap oor 'n gesonde lewenstyl onopvallend en op 'n prettige manier tuisgebring word.
Agter in die boek is daar ook ekstra gesprekspunte wat as 'n gids dien oor hoe om die boek effektief te gebruik en met kinders oor die storie en boodskap te gesels.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798168380

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 90
3-6 jaar. In hierdie oorspronklike weergawe van 'n bekende sprokie, moet die Gemmerbroodman baie vinnig hardloop om te sorg dat hy nie opgevreet word nie. Is enige iemand fiks genoeg om hom te vang?

Kinders leer hoekom dit belangrik is om fiks te bly met behulp van hierdie skreeusnaakse storie.

Dié reeks van vier titels, elk 'n eie weergawe van 'n bekende sprokie, sluit telkens 'n boodskap oor gesonde gewoontes in. Die humoristiese skryfstyl en oulike illustrasies sorg dat die boodskap oor 'n gesonde lewenstyl onopvallend en op 'n prettige manier tuisgebring word.

Agter in die boek is daar ook ekstra gesprekspunte wat as 'n gids dien oor hoe om die boek effektief te gebruik en met kinders oor die storie en boodskap te gesels.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798163101

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
"Die geliefde karakters van KykNet se mees gewilde kinderreeks Tjiff en Tjaff verskyn in hierdie prettige lees- en leerboek vir jong kinders. Soos gewoonlik gaan die oulike groen tweeling, Tjiff en Tjaff, op allerhande uitstappies en nooi almal om te deel in hul avonture. Tjiff en Tjaff geniet dit om nuwe dinge te leer en hulle is ook lief vir speletjies en verrassings. Die vyf kort stories in hierdie boek is heerlik vir voorlees en net reg vir beginners wat self begin lees.
Tjiff en Tjaff baljaar op die strand, gaan kuier op die plaas, speel soek-soek en skool-skool en maak raai-speletjies en rympies op met verskillende verrassings uit die geheime boks in die speelkamer. Saam leer hulle van kleure, vorms, getalle, eerste woorde en vele meer."
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798157216

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
"Dirk gaan by sy maatjie Konyn oorslaap. Maar op pad loop Dirk 'n paar skapie-maats raak en bring hulle saam. Konyn sê hy is mal daaroor as skapies kom oorslapies, maar hoe nou gemaak: Konyn se plek is propvol gestop!
Hoe gaan Dirk ooit kan slaap?"
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182911

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
R 132Jy spaar R 33
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na 'n skat, maar 'n vioolspeler waarsku hulle teen 'n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, OPVREET … Dit is die derde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Publikasiedatum: 2022-08-19

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.