●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Annie M.G. Schmidt

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302278

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Amelia de Vaal
Illustreerder: Fiep Westendorp
Kinders  -  Versamelbundels
R 320
Annie M.G. Schmidt se verhaaltjies oor Jip en Janneke het oorspronklik in die 1950's in die Nederlandse koerant Het Parool verskyn, in kombinasie met Fiep Westendorp se ikoniese swart en wit illustrasies. Met verloop van tyd het dié twee karaktertjies se avonture sinoniem geword met die Nederlandse lewenswyse en word Jip en Janneke vandag as een van Nederland se mees geliefde uitvoerprodukte beskou.

Jip en Janneke is beste maats. Hulle woon langs mekaar en speel elke dag van vroeg tot laat. Saam-saam het Jip en Janneke die wonderlikste avonture. Hulle speel skool-skool, verken die solder, spring in reënplasse en hou 'n kompetisie om te sien wie die meeste pannekoeke kan eet. Hulle word selfs die eienaars van die oulikste brakkie met die naam Takkie! Partykeer is hulle lekker stout - soos wanneer hulle prentjies uit Pappa se boeke knip - en partykeer kan hulle lekker baklei. Maar oor een ding stem hulle saam: Met 'n maatjie aan die ander kant van die heining kan die lewe nooit vervelig wees nie!

OOR DIE OUTEUR

Annie M.G. Scmidt is in 1911 in Kapelle, Nederland, gebore. Sy het eers in 'n biblioteek gewerk en daarna vir Het Parool, 'n Amsterdamse koerant. Haar kinderboeke is wêreldwyd bekend. In 1988 het sy die hoogste internasionale toekenning vir kinderboekskrywers, die Hans Christian Andersenprys, gekry. Die beroemde Sweedse skryfster Astrid Lindgren het dit aan haar oorhandig. Annie M.G. Schmidt het op 21 Mei 1995, die nag ná haar vier-en-tagtigste verjaardag, gesterf.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Sophia Maria "Fiep" Westendorp (17 Desember 1916 - 3 Februarie 2004) was 'n Nederlandse illustreerder wat veral weens haar langtermyn samewerking met die skrywer Annie MG bekendheid verwerf het. Drie generasies van die Nederlandse mense het grootgeword met haar illustrasies. In 1997 het sy 'n unieke toekenning vir haar oeuvre ontvang.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199692

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 200
Wannie woon alleen in 'n klein kamertjie op die boonste verdieping van 'n gebou. Hy maak hier vriende met Zaza, die kokkerot, en Dollie, die vriendelike duif wat wéét wanneer om haar ding te doen. Kort voor lank moet Wannie sy dierevriende uit die moeilikheid help. Met sy rooi insleeplorretjie, en saam met Agie (die sindelike meisie wat net pienk dra) en die Stampertjies (ses broertjies met die vreeslikste kapsels), beleef hy groot avonture. Maar kan 'n klomp kinders regtig 'n park, en die diere wat in die park woon, red wanneer die grootmense daar wil bou?
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194376

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Illustreerder: Carl Hollander
Kinders  -  Uitverkoping
R 180
R 75Jy spaar R 105
Mejuffrou Minoes was vroeër 'n kat. Daarom spin en krap sy en vryf sy graag haar kop teen mense. Sy hou ook nog steeds van voëltjies. Al is sy nou 'n gewone meisie, sing sy nog af en toe die Miaau-Miaau-lied en praat sy nog uitstekend kattaal. Dit is baie handig vir Tibbe, haar baas wat vir 'n koerant werk. Deur die Kattenuusdiens hoor hy van baie geheime dinge wat in die stad Katsendal aangaan. Dit veroorsaak allerlei moeilikhede, maar danksy Minoes en haar talle katvriende loop alles goed af.
Publikasiedatum: 2011-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.