●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Antoinette Pienaar

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530619

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
Stories is medisyne, die Lennon's van die lewe. Stories het al menigmaal my lewe gered. As ek myself in die storie herken of as 'n storie 'n spieël word vir n groot gebeurtenis in my lewe, help dit my om getuie te word van my eie lewe.
Hierdie kortverhale vertel die stories wat op ons werf op Theefontein uitspeel, stories oor my kinderdae op Carnarvon, stories oor kwaai kalkoene, stories oor die son as hy sambokslaan op ons sinkdakke, stories oor hoe mens die weer vir weke ''lees'' op die uitkyk vir reën en stories oor die baldadige vreugde as die Blou Dak se Baas 'n slag sy gieter oor die vlaktes en die berge laat leegloop.

Hierdie stories, wat weekliks op RSG verskyn, is soos suikerklontjies. Sit een in jou sak, en vind jou eie Theefontein.”
- Amoré Bekker - RSG
Publikasiedatum: 2021-10-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415209431

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 280
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was 'n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om 'n stram geselskap aan die gang te kry.

Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as 'n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het 'n fisieke probleem 'n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.
Publikasiedatum: 2018-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415209271

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 280
Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!”

Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie roer my verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem.

In Kruidjie roer my hoor 'n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met 'n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter.

'n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met 'n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.
Publikasiedatum: 2017-09-21

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.