AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Barend Vos

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321480

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 195
R 156Jy spaar R 39
Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Publikasiedatum: 2019-08-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308836

Nie-fiksie / Non-fiction: Humor / Humour

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Humor / Humour
R 180
R 162Jy spaar R 18
Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van 'n predikant en sy gesin in 'n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton.

In Liefdegroete, Grootseun word 'n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as 'n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal 'n sterk humoristiese aanslag en gefokus op 'n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met 'n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.
Publikasiedatum: 2018-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780796320933

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 185
R 167Jy spaar R 18
Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe.  Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Publikasiedatum: 2018-08-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796318930

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 235
R 212Jy spaar R 23
Hierdie gebedeboek neem die leser op 'n poëtiese reis deur die Psalms. Die skrywer neem die 150 Psalms en omskep dit in gebede wat oor 366 dae strek, dus 'n gebed vir elke dag. Die gebede eggo die intense emosies soos hartseer, vreugde, lof en woede wat so duidelik deur die Psalmdigter verwoord word. Die gebedsreis beloof om die leser se gebedslewe te verryk.
Barend Vos is 'n bekende Christenskrywer en predikant. Hy skryf elke maand in LiG sy Grootseun-storie. Hy is onlangs bekroon met 'n ATKV-veertjie vir een van die stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot literêre fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus.
Publikasiedatum: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.