●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Begeerte

Results 1 to 9 of 9
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035702

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 130
R 117Jy spaar R 13
Nadat hy tien jaar gelede valslik van moord beskuldig is kom die professionele voetbalspeler en deesdae bestuurshoof Hunter Caruthers oplaas nader aan die waarheid. Het sy afrigter hom kwaadwillig betrek? die sleutel tot die verkryging van bewyse wat Hunter nodig het: Verlei se dogter, Ferrin Gainer.
Hunter wil antwoorde hê hy wil wraak neem. Maar kort voor lank wil hy die allermeeste vir Ferri hê. Sal sy strategie boemerang? Wat Ferrin betref sy kan nie anders nie as om smoorverlief te raak op die legendariese Hunter Caruthers.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035436

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Om haar fortuin te erf moet sy binne drie weke 'n eggenoot vind
Eva Atraeus moet trou. Maar elke moontlike minnaar word betaal om te skoert deur die testament se formidabele trustee Kyle Messena. Hy het homself die laaste beskikbare gemaak! Kyle het jare gelede haar hart gebreek. Nou is die donker gevaarlik bankier die laaste man met wie sy sal trou. Al is dit dan net in naam.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415035023

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 110
R 99Jy spaar R 11
Braden O Shea is op 'n belangrike sending en moet toegang verkry tot Zara Perkins tot haar lewe, haar huis. Dus huur hy die pragtige partytjiebeplanner om naby haar te kan wees.Maar na een betowerende dans moet hy haar in 'n sneeustorm huis toe neem en word hy saam met haar vasgekeer. En noudat hy haar van nader leer ken het is verleiding sy enigste doelwit. Zara laat sy bloed bruis soos geen vrou wat hy al ooit geken het nie. Maar die beeldskone Zara is sku vir verbintenis en weet sy sal 'n man met so 'n twyfelagtige reputasie op 'n afstand moet hou.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415034996

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 150
R 135Jy spaar R 15
'n Huishoudster is dalk net wat hy nodig het... As nuwe president van die Texas Cattleman's Club gaan Case Baxter voortaan sy hande vol hê. Hy is verplig maar teësinning om 'n huishoudster aan te stel. Hy is immers al voorheen lelik deur 'n fortuinsoeker ingeloop. En tog...toe die parmantige rooikop, Melinda Winslow, opdaag, is hy onteenseglik aangetrokke tot haar.
Mellie het groot planne vir haar klein skoonmaakdiensteonderneming. Om 'n invloedryke kliënt soos Case Baxter se naam op haar lys te hê sal 'n aanwins wees. Maar om beenaf op hom te raak kan alles bederf. Mellie sien kans om die wanorde in sy huis op te ruim... Maar sien sy kans vir die sexy beesboer.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033869

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Hy wou nie die prinses hê nie, maar sal hy met die diensmeisie trou?

Nadat hy die koninklike geriefshuwelik wat sy inmengerige pa vir hom bewimpel het, net-net vrygespring het, is sakeman Will Rowling toegespits op wat hy wil hê. Een ding is seker: Hy wil Cat Iberra hê, sy pa se huishoudster, die vrou wat hy 'n paar jaar gelede verloor het.

Maar Cat huiwer. Will het haar een keer in die steek gelaat - hy behoort hom te skaam! - maar twee keer? Wel, miskien is sy lus om vir die gek gehou te word. Maar gaan 'n familiegeheim haar tweede kans met die man wat haar hart gesteel het, in die wiele ry?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415033401

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Bloemiste Faith Crawford het 'n blink plan" koop" Hawke's Blooms se betuurshoof op 'n vrygeselveiling vir liefdadigheid en gebruik hulle afspraak om hom van haar talente met blommerangskikkings te oortuig.Haar plan loop skeef toe die fokus van die ontmoeting van blomme na 'n aardskuddende soen verskuif,
Dylan Hawke sit tussen twee vure. Om die talentvolle Faith te bevorder is nie 'n probleem nie maar maatskappyvoorskrifte verbied hom om met haar bevriend te raak. Hy is verplig om 'n professionele afstand te handhaaf die goeie naam van die gesinsaak mag andersins in die gedrang kom. Net jammer Dylan is nie met een soen tevrede nie.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032091

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Jare gelede het Heath Langston met Julianna Eden weggeloop om te gaan trou. Dit sou nie hulle ouers se goedkeuring weggedra het nie. Aangesien die huwelik nooit volvoer is nie, het elkeen sy koers gegaan sonder om vir iemand te vertel wat hulle aangevang het.
Familiekwessies bring hulle noodgewonge terug na hulle geboortedorp. Hulle is verplig om onder dieselfde dak te woon. Heath, keelvol vir die bedrogspul,dring by Julianne aan op die egskeiding wat sy jare lank al ontduik. So nie moet sy die belofte nakom wat in haar oë smeul en uiteindelik sy vrou in die ware sin van die woord word.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032374

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Jessica Holcomb se verloofde laat haar voor die preekstoel in die steek. Sy gaan skuil in haar eertydse swaer se luukse strandhuis in Suid-Kalifornië om haar wonde te lek. Daar kom sy agter dat Zane Williams superster en gewilde countrysanger,steeds sukkel om sy vrou se tragiese dood te verwerk.
Die twee verwonde siele vind hulle gemaklike vriendskap heilsaam-tot Jess met 'n skok besef sy voel aangetrokke tot Zane, En om alles te kroon, gedra Zane hom eensklaps soos 'n jaloerse kerêl teenoor elke buurman wat in haar belang stel. Sou hy net oorbeskermend wees?Die vraag word beantwoord toe Jess in sy bed beland...
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415032183

Fiksie: Mills & Boon

Fiksie  -  Mills & Boon
R 98
R 88Jy spaar R 10
Vasgekeer in 'n hut saam met die man wat haar laat smag na dìt wat haar nie beskore is nie...
Die huweliksfotograaf Briana Harper het nie verwag om by 'n verlowingsfotosessie in haar ekskêrel vas te loop nie! En toe 'n sneeustorm hulle gestrand laat...alleen... in 'n afgeleë berghut, weet sy sy is in die moeilikheid. Sy het Ian Lawson nog nooit vergeet nie. Maar nie een van die redes waarom hulle uitmekaar is, het verander nie. Hy is steeds 'n werkslaaf! Ian is egter 'n man wat weet wat hy wil hê, En hy wil Briana hê. Terwyl hy die leuens rondom sy verlowing ontrafel, laat dit hom vry om... toe te gee. Maar om te bewys dat hy verander het, kan dalk die muskietmagnaat se moeilikste onderhandeling ooit wees...
Publikasiedatum: 2016-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.