AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA

Soek resultate: Charlotte Thoroe

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431603343

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 180
R 162Jy spaar R 18
Stories uit die Bybel vir kleuters is 'n versameling van 20 Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament.
Met behulp van kleurvolle illustrasies en maklik verstaanbare teks ontdek kleuters en jong lesers meer oor God se liefde en beloftes vir sy mensekinders.
Wat dit nog meer opwindend maak, is die iPhone en iPad app wat by iTunes beskikbaar is. Hierdie app laat kinders toe om na 'n voorlesing van die stories te luister. Ouers kan ook self hulle stemme opneem vir wanneer hulle nie by die huis kan wees nie. Die opwindende animasies op die app sal kinders ook vir ure betower!
Hierdie lekker interaktiewe boekie met sy oulike dra-handvatseltjie sal gou 'n gunsteling wees onder kinders.
Publikasiedatum: 2017-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9781431619283

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 375
R 338Jy spaar R 37
2 Boeke in die pak:
My Groot Soek En Vind Bybel Stories Uit Die Ou Testament
My Groot Soek En Vind Bybel Stories Uit Die Nuwe Testament


My Groot Soek En Vind Bybel Stories Uit Die Ou Testament
Laat kinders geliefde Bybelstories ten volle ervaar in 'n wêreld van kleur en detail.
Die 5 stories uit die Ou Testament in hierdie twee kartonboekies word oorvertel in maklik verstaanbare taal en is propvol karakters, diere en voorwerpe vir kinders om te soek. Sleutel-items om voor te soek word gelys op die groot flappe wat kinders kan oopmaak, met ekstra soek-aktiwiteite om die ervaring nog meer interaktief te maak. Kinders kan leer om die maklike woorde te spel wat saam met die soek-items gaan.
Ouers kan ook saamspeel en kyk wie eerste die voorwerpe raaksien terwyl hulle vir hulle kinders lees uit die Bybel en vertel wat in die prentjies aangaan.

My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Nuwe Testament sal kinders geliefde Bybelstories laat ervaar in 'n wêreld van kleur en detail deur helder kuns-werk.
Die 5 stories uit die Nuwe Testament word oorvertel in maklik verstaanbare taal en is gevul met karakters, diere en voorwerpe vir kinders om te soek. Sleutelitems om voor te soek word gelys op die groot flappe wat kinders kan oopmaak waar daar ook ekstra soek-aktiwiteite voorkom. Kinders kan ook leer om die maklike woorde te spel wat gekies is vir die items wat gesoek moet word.
Die stories in My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Nuwe Testament sluit in: Jesus word gedoop; Jesus verander water in wyn; Deur die dak om tot by Jesus te kom; Die storie van die boer en sy saad; en Jesus en Saggeus.
Ouers kan ook saamspeel en kyk wie eerste die voorwerpe raaksien terwyl hulle vir hulle kinders lees uit die Bybel en vertel wat in die prentjies aangaan.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615599

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 230
R 207Jy spaar R 23
Fassinerende stories, onvergeetlike karakters en ongelooflike wonderwerke.
In Die prentjie-Bybel vir jong lesers word uit­ge­soek­te Bybelstories lewendig met oulike, kleurvolle illustra­sies.

Hierdie boek met sy 11 Ou-Testamentiese stories en 15 Nuwe-Testamentiese stories wys vir kleuters wie God is en wat Hy gedoen het. Dit is spesiaal ont­wikkel met kort stories vir jong lesers.

Die prentjie-Bybel vir jong lesers sal kleintjies op­gewonde maak oor God se wêreld.
Publikasiedatum: 2016-08-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.