●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Christelle van Rooyen-Wessels

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904717

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Hierdie is die finale boek in die drieluik oor die Francke-reeksmoordenaars en volg op ADDER en BRANDMERK.

Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen dié tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar 'n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van 'n seun 'n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?
Wanneer die lyk van 'n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar
moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met 'n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar? Op Coetzersdal word kaptein André Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hý ontvang ʼn vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?
Tussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies
haar kriewelrig maak nie.

Die boek speel met die idee van “evil twins”. David Francke het ʼn halfbroer wat baie soos hy lyk. En wat dalk dieselfde obsessies as hy het ...
Publikasiedatum: 2022-04-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904342

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy 'n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit 'n huis of roep agter hom aan nie. Hy neem aan hy het bespeuring ontglip. Hy gee 'n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.

'n Kombers van boosheid daal neer oor 'n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean - eens Francke - waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe op die dorp in die Kalahari werk. Klara het die stukkies van haar lewe opgetel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara 'n nuwe, liefdevolle man en 'n oulike vierjarige. Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.
Publikasiedatum: 2021-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485903109

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Klara Francke het 'n donker geheim. Sy is vasgekeer in 'n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun. Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het vir 'n braai nooi, is daar onmiddellik 'n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega.

Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare - en ontoelaatbare - gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los. Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer 'n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders 'n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke ...
Publikasiedatum: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.