●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Christien Neser

Results 1 to 15 of 17
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600925

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 280
R 224Jy spaar R 56
To raise a typical toddler is no joke. So what do you do when your child happens to be 'different'? What if he's hyperactive and can't pay attention? What if you suspect that she might be autistic? What can be done about low muscle tone and poor pencil grip? What if his language development is not on par, or he lisps or stutters? And what if she doesn't have learning difficulties, but suffers from anxiety?
In Help! My Child is Atypical a team of experts answer these and many other questions that parents struggle with daily. Is therapy really essential or is it just a money-making scheme? And where do you begin when you suspect something's amiss? In 30 gripping case studies, parents and therapists relate their true stories of determination and hope. Psychologists, speech therapists, audiologists, occupational therapists, physiotherapists, play therapists and other medical practitioners share their knowledge, experience and secrets. Help! My Child is Atypical is a practical guide that equips you with the tools needed to make you and your child a champion team!

Also available in Afrikaans - Help! My kind is anders (9780799396294)
Publikasiedatum: 2020-10-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399714

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 280
R 224Jy spaar R 56
Nog drie boeke in die immergewilde reeks vir meisies In die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende klomp avonture. In Rocksusters kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan bly … In Duinebesies moet Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat kyk. In Franse vlegsel gee die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4x4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in Frankryk saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.
Publikasiedatum: 2020-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090403

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 162Jy spaar R 18
Die outistiese Micha uit Amper Einstein (2013) is in Absoluut Einstein in Gr 9, met Matriek-IT onder die knie. In sy nuwe skool moet Dylicia 'n ogie oor hom hou. Sy's die enigste meisie in die robotikagroep wat vir Grottobot Fest 'n robot bou en programmeer. Wanneer die Vuilhonde en Micha koppe stamp, is Dylicia in die middel vasgevang.
Publikasiedatum: 2020-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396294

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 280
R 252Jy spaar R 28
Ontdek die ster in jou anderster kind
Om 'n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind 'anders' is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy's op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en 'n swak pengreep? Wat as hy 'n taalagterstand het, lispel of hakkel?
En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?
In Help! My kind is anders! beantwoord 'n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net 'n geldmaakstorie? En waar begin 'n mens as jy dink daar is fout?
In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders is 'n praktiese gids met bruikbare wenke wat ouers toerus met die nodig kennis en riglyne om atipies kinders groot te maak. Daar is nie baie selfhelpgidse in Afrikaans wat hierdie kwessie aanraak nie. Christien Neser is self ook 'n spraakterapeut wat elke dag met kinders en ouers werk.
Ook beskikbaar in Engels - Help! My child is atypical (9780639600925)
Publikasiedatum: 2020-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394795

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 280
R 252Jy spaar R 28
Vriende, avontuur en die koshuislewe … 'n Heerlike omnibus met die eerste 3 boeke uit die baie gewilde reeks oor die avonture van Elle. Kondensmelk Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: 1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie. 2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam. 3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken. Koshuiskoffie Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? Blou sjokolade In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op 'n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie - en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...
Publikasiedatum: 2019-08-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389395

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176Jy spaar R 19
Die laaste, onvergeetlike Elle-avontuur
Die matriekdans-monster.
Dit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos 'n plaas se geld, en sy het geen benul waar sy 'n ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie.
Boonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas - en sy is vasbeslote dat Elle haarself as hoofmeisie moet bewys. Wat gaan sy doen om seker te maak sy laat iets waardevols agter; iets om dankie te sê vir die wonderlike jare wat sy by Gravitas beleef het en seker te maak niemand vergeet haar in die jare wat voorlê nie?
Maar waar Elle in die omtrek is, is daar gewoonlik ook hope moeilikheid. Kort voor lank sluip daar 'n paar vreemde nagtelike besoekers in die koshuis rond. En toe Elle agter die kap van die byl kom, moet sy inspring en help - al beteken dit ook sy moet by die skool se rekenaarstelsel probeer inbreek, hoofmeisie ofte not!
Gaan Elle haar droomkans kry om 'n blywende nalatenskap by Gravitas te laat?
Die laaste hoofstuk in die Elle-reeks sal aanhangers laat juig vir hul heldin - en trane laat afvee oor die skouspelagtige kragtoer waarmee hierdie topverkoperreeks ten einde loop. 'n Onvergeetlike boek.
Publikasiedatum: 2018-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085409

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 175
R 158Jy spaar R 17
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes.
Publikasiedatum: 2018-04-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383867

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171Jy spaar R 19
'n Ramp.
Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. Elle is in matriek. Dit is veronderstel om die beste jaar van haar hele skoolloopbaan te wees. Sy is immers vanjaar hoofmeisie, sy het die beste vriende waarvoor enige meisie kan vra, sy gaan met die ou van haar drome uit, en daar is hope opwindende dinge by die skool om na uit te sien.
Maar die jaar skop op 'n aaklige noot af. Dinge tussen haar en Alex loop skielik skeef. En by die skool wag 'n groot skok op almal toe die hoof, mevrou Bender, onverwags ernstig siek word. Die waarnemende hoof, doktor Grimm, voel 'n veer vir die skool se tradisies en die spesiale projekte waaraan Elle-hulle soveel tyd en aandag bestee het. Al waarin die vreemde man met sy strikdas en sy fobie vir katte belang stel, is wiskunde. Hy is vasbeslote om Gravitas die beste wiskundeskool in die land te maak.
Elle besluit sy kan nie net toekyk hoe Gravitas se trotse tradisies die een ná die ander sneuwel nie. Maar kort voor lank kom haar hoofmeisiebalkie in gedrang …
Publikasiedatum: 2017-11-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799379167

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 162Jy spaar R 18
Matriek.
Die woord gee Elle 'n knop in haar keel. Nog net twee weke van eksamen, en dan is hulle amptelik matrieks.
As hoofmeisie gaan daar 'n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. Sy en die ander leiers gaan die gees van Gravitas bepaal. En sy weet die skoolhoof, mevrou Bender, gaan haar met 'n valkoog dophou.
Elle is nie eens seker of sy dit verdien om hoofmeisie te wees nie. Dalk moes die keuse eerder op Shia geval het - sy is immers sterk, slim en super-sportief. Boonop is Shia se ma oortuig dat haar dogter die hoofmeisiebaadjie moet te dra. En as Elle dit waag om 'n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem.
Maar daar is nie regtig tyd om oor Shia te wonder nie, want Elle het 'n hele klomp ander kopsere:
1. Die eksamen, wat soos 'n berg voor haar lê.
2. Haar spesiale projek vir volgende jaar. Wat gaan sy doen om haar merk te maak? Hoe gaan Gravitas haar onthou?
3. Die dertig kinders van die kinderhuis, Kaya Kumba, wat sy in 'n slagorkes moet probeer omtower.
4. En Alex, haar kêrel, wat skielik niks van hom laat hoor nie. Geen boodskap, geen oproep, niks.
Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe 'n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word.
En skielik lyk dit asof net 'n wonderwerk sal verhoed dat Elle haar hoofmeisiebaadjie verloor ...
Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die agtste boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799373936

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 162Jy spaar R 18
Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om niè op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen 'n verskrikking. Van uitglip en reëls breek is daar geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog 'n Gravitas-avontuur ...
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799370546

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 100Jy spaar R 90
Losloper. Die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Die enigste lekker vooruitsig is die Aprilvakansie, wanneer sy en Refi saam Parys toe gaan. Dan maak 'n aantreklike uitruilstudent met stoute groen oë onverwags sy opwagting ... Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.
Publikasiedatum: 2014-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362473

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 162Jy spaar R 18
Skedelkus. Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee. Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibië toe gaan terwyl hulle goggas vang nie. Haar en Refi se planne om 'n wit Kersfees in Frankryk te beleef is iets van die verlede. As sy mooi daaroor dink, het sy baie min om na uit te sien: 1. Oor 'n week begin Alex se finale skooleksamen. Drie lang weke waarin sy hopeloos te min van haar kêrel gaan sien. 2. Wanneer sy matriekeksamen verby is, vat hy die pad landuit op 'n 4x4-avontuur. Dit gaan 'n lang tyd wees voordat sy weer saam met Alex in die reën kan hardloop of lawwe dinge kan doen. 3. En dan, as haar laaste graadtienvraestel verby is, begin sy pak vir oom Eddie se mal uitstappie na die Namib. Die woestynuitstappie sorg egter vir meer opwinding as wat Elle in haar wildste drome kon dink. 'n Paar van die manstudente in die navorsingsgroep sal enige warmbloedige meisie twee keer laat kyk. En tussen die sandduine wag avonture wat Elle heeltemal van die Eiffeltoring laat vergeet ...
Duinebesies is die vyfde boek in Christien Neser se gewilde reeks met Elle as hoofkarakter. Die vorige boeke, Kondensmelk, Koshuiskoffie, Blou sjokolade en Rocksusters, was al vier topverkopers.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358223

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 162Jy spaar R 18
Maak gereed vir nog 'n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock!
Elle kan nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie.
Die regte Parys sal moet uithaal en wys, want Elle het ontdek:
1. Die Musikanto is 'n splinternuwe, landswye skolefees.
2. Buiten die klassieke musiek, is daar 'n toneelfees en 'n rockfest.
3. Dis nie sommer nóg 'n kunstefees nie, dis 'n happening - iets soos Woodstock of Oppikoppi.
Maar eers moet die orkes geld insamel om in 'n ordentlike hotel te gaan bly, eerder as op 'n aaklige kampeerterrein met grillerige badkamers. Selfs al beteken dit Elle en haar vriendinne moet leer koekies bak en dit by die seunskool probeer smous.
En dan is daar die nuwe meisie, Leya. Sy dra net swart en jaag Elle se kamermaat, Refi, behoorlik die skrik op die lyf. Wat is haar storie? Waarom sluip sy snags in die donker rond? En hoekom voel dit vir Elle of sy iets van haarself in die vreemde, teruggetrokke meisie herken?
Asof dinge nie dol genoeg is nie, besluit Divan en sy pelle om 'n rockgroep te begin, en hulle vra Elle om by hulle aan te sluit. Die enigste probleem is dat die ouens vrot klink. Ultrasuper-vrot. Vrot genoeg om koshuiskatte te ontstel. Sal Elle met haar klassieke opleiding kan help om 'n flou garage-poging te omskep in 'n rockgroep met genoeg houding om 'n kompetisie te wen?
En dan is daar natuurlik Alex, wat nog steeds Elle se hart kondensmelk laat pomp. Hy is deesdae bleek van al die swot vir die matriekeksamen. En Elle is skoon bleek van verlang na hom. Wat gaan gebeur as hy volgende jaar uit die skool is?
Rocksusters is die vierde boek in Christien Neser se gewilde reeks met Elle as hoofkarakter.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624056201

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171Jy spaar R 19
"Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly.

Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie 'mede-geeks' by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy 'n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die 'geeks' in sy span.

Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so 'n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel."
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352405

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
R 162Jy spaar R 18
Dolgelukkig.
Dit is hoe Elle deesdae voel. En sy is nie verniet in die sewende hemel nie:
1. Sy is amptelik verlief.
2. Sy het vrede gemaak met haar nuwe skool.
3. Sy het 'n kamermaat saam met wie daar nie een vervelige oomblik is nie.
4. Sy speel in 'n briljante orkes.
5. En beste van alles, sy gaan binnekort oorsee! Sy kan nie wag om Frankryk te verken nie. Parys se modehuise; Angers se beroemde blou sjokolade ...
Publikasiedatum: 2013-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.