Soek resultate: Danny Fourie

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

7

9781776092338

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 230
R 184Jy spaar R 46
Wanneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry 'n mens in 'n baan, of in 'n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoer regtig 'n woord? Waar kom die peet in peetouer vandaan? Hoe verskil relikte, relieke en relikwieë? Wanneer tap 'n mens 'n ui? Wat doen jy as jy varkoor gooi? Waar kry volstruis sy naam?

Vir jare al, Sondae net ná elf, word al dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Ook word aktuele sake en interessanthede oor Afrikaans bespreek. Van die deelnemers aan die program is taalkundiges, leksikograwe en huidige en oudlede van die SA Akademie se Taalkommissie.

In hierdie boek bring Jana Luther en Fred Pheiffer, saam met Danny Fourie as samesteller, van die gewildste bydraes deur dié luisteraars en taalkenners byeen. Vir elkeen wat getrou by die radio luister - en almal wat lief is vir Afrikaans!
Publikasiedatum: 2018-08-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776092031

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference
R 230
R 184Jy spaar R 46
Na die ongelooflike sukses van RSG se Hoe verklaar jy dit? is dit niks minder as gepas om met hierdie tweede volume Suid-Afrikaners se nuuskierigheid oor die wêreld verder te bevredig nie.

In Hoe verklaar jy dit? #2 bring Danny Fourie weer 'n gerf van die interessantste vrae en antwoorde byeen wat deur RSG se kundige medewerkers in die gewilde radioprogram behandel is. En dit help die leser natuurlik om die wêreld om ons minder vreemd te maak.

Hoe verklaar jy ons honger na inligting en ons dors na kennis? Die antwoord is eenvoudig: Ons is mal daaroor om antwoorde te kry, selfs al is daar geen oënskynlike voordeel daarin nie.

Is dit werklik nodig om te weet wat 'n Jerusalem-kriek of 'n sweepspinnekop is? Waarom die son nie uitbrand nie? Hoekom 'n mens se oë traan as jy uie sny? Hoe die Richter-skaal werk? Wie en wat die Florisbadmens is? Wat links- en regshandigheid bepaal? Van al die soogdiere is ons die enigste wat lewenslank nuuskierig bly. Daarom sal Hoe verklaar jy dit? #2 jou nog meer fassineer.
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776092222

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference
R 230
R 184Jy spaar R 46
We know that the moon influences the tides, but did you know that with the full moon, you always see the same side of the moon? Or that a yawn is contagious for humans and some animals? And what precisely causes birds not to bump into one another when they fly in a swarm and they swerve?

These facts are part of a massive amount of knowledge about nature, physics and space that the RSG programme Hoe verklaar jy dit? has been sharing for 37 years. This book, translated from the original, bestselling Afrikaans version, contains a selection from the hundreds of questions curious listeners have been asking the experts to answer in order to make the world a little less strange, because not all knowledge is obvious. There are so many wonderful enigmas in nature and space that beg to be explained - and we won't even mention man made inventions!

How Do You Explain That? will pique your interest in the world around you. It is a book that can be enjoyed on its own, or can lie on the coffee table, or can go camping with the family to elicit wonderful conversations around the campfire.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776090495

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference
R 240
R 192Jy spaar R 48
Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat 'n elektriese paling 'n lading van tot 600 volt kan vrystel?

Hierdie feite is deel van 'n magdom kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die RSG-program Hoe verklaar jy dit? reeds jare lank beantwoord. Hierdie publikasie bevat 'n keur uit die honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wêreld minder vreemd te maak, want nie alle kennis van die wêreld om ons is voor die hand liggend nie. Daar is honderde verskynsels in die natuur en ruimte wat vra om verklaar te word. Dan praat ons nie eens van die mensgemaakte uitvindings soos die internet, persoonlike rekenaars, globale posisioneringstelsels, selfone, radiogolwe, teorie van evolusie, relatiwiteitsteorie, narkose en mense in die ruimte nie.

Agter die alledaagse skuil die fassinerende werking van kragte en wette en die wetenskap in werking: Wat bepaal dat 'n mens se hart aan die linkerkant van die liggaam sit? Hoekom vries water in 'n dam van bo en nie van onder af nie? Kan gene deur omstandighede gemodifiseer word? Hoe verklaar jy dit? is 'n boek wat jou belangstelling in die wêreld om jou sal prikkel. Dit is 'n boek wat op sy eie gelees kan word, wat op die koffietafel kan lê en wat saam kan gaan kamp om wonderlike gesprekke om die braaivleisvuur uit te lok.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780796318411

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 200
R 160Jy spaar R 40
"Vergewe my Here as ek haar te lief het, te lief het om haar te laat gaan."

Danny Fourie en Adri-Louise van Renen, het mekaar laat in hul lewe ontmoet en lief geraak vir mekaar. Kort ná hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir 'n gebarste blindederm, net om agter te kom sy is ernstig siek. Sy bied aan om die verlowing te verbreek, maar Danny hou vol: Ons sal saamwees, nou en vir altyd. 'n Ware verhaal van merkwaardige liefde in die skadu van die dood.
Publikasiedatum: 2016-01-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.