●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Deborah Steinmair

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312208

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 595
R 476Jy spaar R 119
Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van N.P. Van Wyk Louw in 'n versamelbundel uitgegee, met 'n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe. Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ʼn gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ʼn voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom.
Publikasiedatum: 2021-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399240

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?
Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het 'n daggagewoonte, is stuurs en stil.
Erin is nie 'n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?
Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in 'n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met 'n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.
Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur?
En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm?
Hier is 'n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.
Publikasiedatum: 2020-03-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311102

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Grahame Baker-Smith
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Isak speel in sy gunstelingpoel langs die berg. Toe dit begin reën, gooi hy die water in sy bottel in die poel en hardloop saam met die blink strome waar dit oor watervalle stort, in riviere kronkel en uitmond in die see. Waar gaan die water wat in my bottel was nou heen? wonder Izak.
Van die kleinste druppel tot die diepste oseaan, in hierdie pragboek word die verhaal van die watersiklus op aarde vertel.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624074731

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
Hierdie bundel bevat vreesaanjaende grilverhale oor spoke, welgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.
Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marié Heese jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier"
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798168014

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans, Die neus (2012) en Wenkbrou (2013).
Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering, en ons sien Stasi as beskermengel én speurder in volle vaart. Die geheimsinnige Daantjie Pieterse maak sy verskyning as die charismatiese charlatan-prediker Danny Peter, verbonde aan die Bleeding Heart of the Lamb Ministries. 'n Ontstellende hoofstuk uit Claude se kindertyd word onthul. Dit sit sy meisie, Stasi, en hul twee beste vriendinne, Aga en Jesse, op Pieterse se spoor. Pieterse se liggaam word in reistasse ontdek - maar wie is vir dié grusame moord verantwoordelik? 'n Spanningsvolle verhaal met deernis en humor geskryf.
Publikasiedatum: 2015-02-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798151467

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
Die verteller, Maud, sien van kleinsaf dinge wat nie daar is nie. Bedags word sy bloots gery deur 'lukrake visioene en snags deur ingewikkelde drome'. Wat sy gedeeltelik in hierdie roman verhaal, is niks meer as een van hierdie drome nie, maar sy vertel ook van werklike dinge in haar lewe: moederskap, liefdesverhoudings, periodieke werkloosheid.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799355208

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
Poppekas is 'n spanningsverhaal met skop, oor moord in die Moederstad. Waar is Harm en hoeveel verdiepings het die mediatoring? Een vreeslose vrou het genoeg gehad. Sy durf die korporatiewe reuse kaalvuis aan, van die koerantkantoor tot by die vensterwassers se bakkie. Sy verruil die HAT vir karate-kata's, koes vir koeëls en worstel met bestaanskwessies.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798152969

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 225
'n Verbeeldingryke speurroman of 'n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen 'n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak.
Publikasiedatum: 2012-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.