●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Edward van de Vendel

Results 1 to 2 of 2
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301967

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Daniel Hugo
Illustreerder: Philip Hopman
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Vir Kix het alles verander toe daar eendag 'n pragtige wit berghond by hulle aankom. Hy maak vriende met dié geheimsinnige hond, wat hy Tom noem. Tom hou daarvan om heeltyd by Kix te wees en dit is vir hom lekker om gedurig gestreel te word. Maar Kix is bekommerd, want sê nou net die eienaar wil Tom terughê? Tydens 'n spanningsvolle nag moet Kix bewys hoe lief hy vir sy hond is.
Hierdie boek is gebaseer op 'n ware verhaal. Toe Edward van de Vendel by familie in Kanada was, het daar 'n groot, wit hond by hulle aangekom....Die avontuur wat hulle met dié hond beleef het, staan nou in hierdie boek.
'Hierdie hartverwarmende verhaal is een van Edward van de Vendel se beste boeke.' - Trouw

Edward van de Vendel (1964) het in Beesd grootgeword, 'n dorpie in Betuwe. Hy het in Culemborg skoolgegaan, waarna hy aan die Pedagogische Academie studeer en saam met ander stigterslede 'n skool in Heemstede opgerig het. Hy publiseer in 1996 sy eerste kinderboek en skryf sedert 2001 voltyds. Sy oeuvre sluit in: poësie, jeugromans, dramas en nie-fiksie. Hy hou hom ook besig met lied- en prenteboektekste en publiseer hoofsaaklik by Querido in Amsterdam en die Belgiese uitgewer De Eenhoorn. Sy werk is onder andere in Duits, Spaans, Frans, Italiaans, Noors, Deens, Chinees en Portugees vertaal. n 2013 verskyn die prenteboek Een miljoen vlinders (met illustrasies deur Carll Cneut) in Afrikaans by Protea Boekhuis, en in 2015 verskyn Toen kwam Sam (met illustrasies deur Philip Hopman) as En toe kom Tom.

Daniel Hugo was 'n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program 'Leeskring'. Hy is 'n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197582

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
In die middel van die nag sien Martiens dit vir die eerste keer: die vlinders. Hulle vlieg om sy kop rond, een miljoen van hulle. Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers verstaan. 'Dis tyd om te gaan,' sê hulle en gee vir hom alles wat hy op pad sal nodig kry.

Een miljoen vlinders is 'n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom.
Publikasiedatum: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.