●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Elizabeth Wasserman

Results 1 to 15 of 27
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624091110

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
R 152Jy spaar R 38
Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap.
Publikasiedatum: 2020-10-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090816

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171Jy spaar R 19
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval 'n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Publikasiedatum: 2020-08-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090373

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
R 153Jy spaar R 17
Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Die storie loop dat Sherlock kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel.
Publikasiedatum: 2020-08-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087458

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167Jy spaar R 18
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat 'n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .
Publikasiedatum: 2019-09-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085805

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167Jy spaar R 18
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn?  Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!
Publikasiedatum: 2018-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085478

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 250
R 225Jy spaar R 25
Anna Atoom woon op 'n eiland in die Indiese Oseaan saam met haar ouers; wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Anna se avonture begin met die ontdekking van 'n seerowerswaard en die skip, die Chivonne. Sy het skaars hierdie raaisel opgelos, of haar pa se agterbakse kollega, Uranus Draak, stel sy bose planne in werking om die aarde van oorbevolking te red, deur  die grootskaalse uitwissing van mense!  Maar Uranus gee nie so maklik bes nie. Kan Anna hom keer?
Publikasiedatum: 2018-06-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624074250

Children: Fiction 10 to 12

Children  -  Fiction 10 to 12
R 160
R 144Jy spaar R 16
In the sixth adventure in the series, William and Alex visit Namibia. In this adventure they need to prevent a gang from getting their hands on diamonds. But this time they have to work with another famous sleuth, Sergeant Maximilian. However, they are not sure if he and his patrol officer, Constable Kolgans, can be trusted. . .
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624072225

Children: Fiction 10 to 12

Illustreerder: Chris Venter
Children  -  Fiction 10 to 12
R 175
R 158Jy spaar R 17
The fifth adventure in the series William and Alex go to New York City. In New York City they meet William's Uncle Berlioz. It has been three weeks since Fifi, the poodle of a well known Broadway actress has been kidnapped. William and Alex must apprehend the kidnappers before more celebrities' pets are kidnapped and held for ransom.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624077961

Children: Fiction 10 to 12

Children  -  Fiction 10 to 12
R 250
R 225Jy spaar R 25
Anna and her famous scientist parents live on an island in the Indian Ocean. Anna finds a pirate's dagger on her usual afternoon swim. This prompts her to start investigating the mysterious sunken treasure of the Chivonne. But Anna's father's scheming colleague tries to shift the magnetic poles of the Earth. Are his motives above suspicion?
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624077442

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 167Jy spaar R 18
'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou hê!  Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Maar wat het dit met Emma te doen?
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624073246

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Astrid Castle
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
R 131Jy spaar R 14
Die vierde en laaste boek in die reeks.
In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . . Toe, in Jannus en Kriek onder die see, is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in om 'n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is. In Jannus en Kriek krimp het Oupa Dinges se SuperMega-Vergroterstraal per ongeluk van 'n spieël weerkaats en Jannus en sy oupa laat krimp. In Jannus en Kriek en die tydmasjien het Oupa se vriend, Archimedes Snol, verdwyn. Hy antwoord nie meer sy e-pos nie en rekeninge hoop op by sy dakwoonstel bo die museum. Wanneer Oupa besluit om hom te gaan soek, gaan Jannus en Kriek saam. Maar Archimedes is 'n tydreisiger, en hulle beland in die era toe Afrika nog deel was van Gondwanaland. Nou kan Jannus self uitvind of Gigantosaurus werklik groter was as Tyrannosaurus!
Publikasiedatum: 2015-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624069201

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 235
R 212Jy spaar R 23
Professor Sabatina Atoom is Anna en Pip se ma in die Anna Atoom-boeke. Sy het hierdie boek geskryf oor alles wat kinders nog altyd oor wetenskap wou weet! Hoe werk swaartekrag? Hoe bly 'n vliegtuig in die lug? Hoe werk magnete? Waarom dryf sommige dinge op water en ander sink? By elke onderwerp is daar 'n probleemstelling, dan 'n eksperiment (eenvoudig genoeg vir selfs die jongste lesers en met bestanddele wat geredelik in huise beskikbaar is), die wetenskaplike verklaring, toepassing in die alledaagse lewe en 'n "dink 'n bietjie" vraag wat lesers uitdaag om hulle nuwe kennis in te span.
Die professor se wetenskaplike wenke: Hou altyd jou oë oop en vra: hoe werk dit? Dink! Probeer verskillende maniere om 'n probleem op te los en stel dit op die proef. As een manier nie werk nie, probeer weer.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624068907

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
R 158Jy spaar R 17
In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambi� moet hulle 'n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met 'n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie . . . Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624068396

Children: Fiction 10 to 12

Illustreerder: Chris Venter
Children  -  Fiction 10 to 12
R 160
R 144Jy spaar R 16
In their fourth adventure together William and Alex go to Baikonur in Kazakhstan, from where they are launched into space to investigate a mysterious problem with the International Space Station's oxygen supply. Here they meet William's old friend Boris, another dogtective, who reveals some interesting facts about William's past, to Alex's great delight.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624068365

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
R 153Jy spaar R 17
Die derde avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op 'n ontdekkingstog gaan.
In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . .
Toe, in Jannus en Kriek onder die see, is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in, om 'n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is.

In hierdie boek wys Oupa Dinges hulle sy nuutste uitvinding: 'n laserstraal wat 'n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat 'n mens 'n hele brood daarvan kan bak. Maar dinge loop skeef toe dié SuperMega-Vergroterstraal per ongeluk van 'n spieël weerkaats en Jannus en sy oupa tref. Die twee van hulle begin krimp en krimp . . . Die derde boek in hierdie reeks. Lees ook Jannus en Kriek op die maan en Jannus en Kriek onder die see.
Publikasiedatum: 2014-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.