●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: E. Kotze

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624069881

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 245
R 221Jy spaar R 24
Diepsee is 'n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het.

Dié uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: 'Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgelê word.' Daar is verlate soutpanne waar mense ná jare se saamwoon mekaar eindelik leer ken; wraaksugtige vuurgeeste wat besweer moet word en huwelikspaaie vol duwweltjies om te bewandel; 'n jong man wat vreemde draaie op land en see loop om die Nagmaalvieringe te kan bekostig. Die swaar lot van vroue en kinders in dié onherbergsame wêreld, in 'n tyd toe die beskawing nog ver kon voel, word subtiel en treffend geteken. So ook die swaarkry van 'n vissermanslewe, maar altyd met die oog ook op die mooie, die humoristiese. Die unieke landskap is aan dié verteller en mensekenner so intiem bekend dat die leser moeiteloos saamreis daarheen.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780795702877

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 266Jy spaar R 29
Toring lê langs die Weskus, 'n afgeleë gehuggie waar 'n hand vol bewoners sukkel-sukkel 'n bestaan probeer maak. Dis midde-in die Tweede Wêreldoorlog en tye is swaar. 'n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word.
Publikasiedatum: 2016-12-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780795707735

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 279Jy spaar R 31
Die vroeë 20ste eeu. Klein Kattie, met Kat op die skoot, hoor die familiestories: als oor hoe die voormense beroof is - en Pa wat slaap in die buitekamer! As kinderoppasser by vername mense leer sy later 'n fyner lewe ken, maar toe sy 'n onbesonne huwelik aangaan, draai Kattie se pad af.

In Soetloop keer Kotze terug na haar geliefde Weskus-milieu. Nes in Hoogty is hier meelewende insig in 'n brak lewenspad - maar tog met sy varswater-soetlope.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780795703140

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 345
R 311Jy spaar R 34
Al sou sy dit nie graag wou erken nie, volg Helena Burre haar eie kop, nes haar skipper-pa Jas. Wanneer dié oënskynlik 'n stokkie steek voor haar broer se skoolganery op Stellenbosch, besluit Helena om inderhaas terug te keer van Grenspan in die Vrystaat waar sy die afgelope jaar in 'n dokter se spreekkamer uitgehelp het. Maak nie saak dat sy en Chris amper trouplanne gehad het nie ... Dis met die terugkoms op Volleminkbaai dat Helena besef wat sy gemis het. En dat sy weer met Auret Nagel te doene kry.
Publikasiedatum: 2011-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.