●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Gary Smalley

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431618699

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 99Jy spaar R 11
'n Skokkende diagnose en 'n jare lange geheim sal 'n familie se lewens vir altyd verander.

In hierdie laaste boek in die Vernuwing-reeks maak die Baxter-gesin gereed vir 'n familie-reünie. Die volwasse Baxter-kinders het almal rede om fees te vier - behalwe een ... Maar voor hulle kan feesvier, word die familie deur 'n ernstige diagnose geskok.

In Die reünie dwing die realiteit van die toekoms elkeen van die Baxters tot geloof en eerlikheid. Selfs Elizabeth en John worstel met 'n geheim wat hulle nog nooit aan enigiemand geopenbaar het nie, 'n geheim wat hulle selde aan hulself erken. Terselfdertyd is daar 'n jong man wat sy opgang maak in Hollywood terwyl hy wonder oor sy plek in die lewe.

Te midde van diepe droefheid vier die Baxters saam fees in Die reünie. Hulle besef dat liefde altyd oorwin en dat God selfs in die donkerste nag in beheer is.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618651

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 99Jy spaar R 11
'n Feesviering wat tragies eindig, bedreig nie net 'n huwelik nie, maar ook 'n lewe.

Brooke en Peter se huwelik word tot die uiterste beproef terwyl hul driejarige Hayley om haar lewe veg. In Om bly te wees moet die Baxter-familie mekaar ondersteun al lyk selfs gebed buite bereik.

In plaas daarvan om na Brooke te draai om Hayley se ongeluk te verwerk word Peter deur selfverwyt verteer en soek hy op ander maniere troos. Sy besluite slinger hom in 'n bodemlose diepte wat nie net dreig om sy verhouding met sy vrou te vernietig nie, maar ook sy lewe.

In Om bly te wees kom die Baxters te staan voor seer en verlies, maar 'n troue bring weer vir almal 'n rede om te glimlag. Brooke en haar gesin moet hul terugslae verwerk en die toekoms tegemoetgaan. Maar die verlies van 'n baie spesiale vrou in hul lewe sal almal vir altyd verander.

Om bly te wees is die vierde boek in die gewilde Vernuwing-reeks.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431618682

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 99Jy spaar R 11
Luke, die Baxters se trots en enigste seun, het sy rug gekeer op alles wat voorheen vir hom saak gemaak het: sy geloof, sy familie en sy geliefde Reagan. Reagan is op die punt om geboorte te gee aan haar kind, maar Luke is nog onbewus van sy vaderskap. Hierdie verlore seun besef nie dat die geheim wat uit sy verlede na vore gaan kom sy lewe, soos hy dit ken, vir altyd gaan verander nie.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431618675

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 99Jy spaar R 11
Sy het haar hart gesluit vir liefde omdat sy oortuig is niemand, insluitende God, kan haar liefhê nie. Vier onwaarskynlike mense - Alzheimer-pasiente - dring onbewustelik tot haar deur en help haar om te onthou.
Dan gebeur die tragedie van 11 September, wat elkeen in die Baxter-familie se lewe vir ewig verander. Hulle word gelei om die belangrike dinge in die lewe te onthou en besluite te neem wat hartverskeurend en hoopvol is.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431618668

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 99Jy spaar R 11
Wanneer Kari Baxter Jacobs ontdek dat haar man, Tim, 'n gerespekteerde professor in joernalistiek, 'n buite-egtelike verhouding het met een van sy studente en 'n egskeiding wil hê, is sy woedend, seergemaak en verward. Sy keer terug na haar ouerhuis om dinge uit te sorteer.
Daar besluit sy dat sy haar man steeds sal liefhê en getrou sal bly aan haar huwelik, ongeag wat dit van haar vra. Maar wanneer 'n ou liefde opdaag, raak sy net nog meer verward.
Om vry te wees is die eerste boek in die Vernuwing-reeks wat Karen Kingsbury saam met Gary Smalley geskryf het. Hierdie boeke wys hoe God skynbaar hooplose verhoudings kan red en illustreer ook 'n kernboodskap: Liefde is 'n keuse.
Publikasiedatum: 2017-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.