●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Hans du Plessis

Results 1 to 9 of 9
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399899

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Liefde is al wat vir die mens oor is...

Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie.
Dit lyk egter nie asof sy wil nie - praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir 'n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in 'n saaltjie op 'n plot waar 'n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is.
Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan 'n meisiekind se siel ... Nou ja.
Uiteindelik berei Lukas 'n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Hierdie boek kan vergelyk word met Dis ek, Anna, alhoewel die tema van seksuele molestasie heeltemal anders benader word. Hans du Plessis se ander titels sluit in Drie vroue en ʼn meisie en Tussen die klippe.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386110

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en 'n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.
Almal wat kom soek het na 'n diamant so groot soos 'n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan 't sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.
Hieruit groei die verhaal van 'n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog 'n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.
Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van 'n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?
Hans du Plessis is 'n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra - hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.
Publikasiedatum: 2017-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799378559

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 266Jy spaar R 29
'n Dekade of wat ná die Groot Trek word 'n vrou voor die hof gedaag vir veelmannery en al die onnoembare sondes wat daaruit kan voortspruit. Of 'n misdaad en sonde dieselfde saak is, is nie alte duidelik nie, maar die hof het tyd, stompe om op te sit, en iemand wat kan skryf. En getuies. Dit sukkel, want die verrigtinge word onderbreek deur bobbejane, voëls en vlakvarke wat 'n lawaai opskop wanneer nodig en onnodig.

Iedereen veg om 'n eie waardigheid en waarheid, net die regverdiges nie; hulle is nie seker wat hier bewys moet word nie. En wanneer die waarheid openbaar word, is dit nie die waarheid wat mens verwag het nie. Uit al hierdie dinge probeer dominee Johannes sin maak van wat die liefde is. Lê die liefde in al sy vorme nie dalk iewers tussen daardie twee klippe wat Moses van die berg af teruggebring het nie?
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799342512

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
R 225Jy spaar R 25
Innie skylte vannie Jirre is 'n beduidende uitbreiding van die blitsverkopertjie, Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt. Baie meer Bybelgedeeltes word poëties getransponeer, sodat die betekenis van die Woord in die nuwe, aardse woord die leser opnuut ontroer en binnetoe laat dink
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799355314

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
R 225Jy spaar R 25
Karos orie dyne bevat die res van die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos die gelykenisse. Die bundel is weereens oorspronklike gedigte in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes.
Publikasiedatum: 2012-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351613

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
R 207Jy spaar R 23
Hartstog, verlange, haat en teleurstelling ken geen geskiedenis nie. Hierop word ons opnuut herinner in Die pad na Skuilhoek wat vertel van die liefde tussen twee Voortrekker-tieners, Petronel van Rensburg en Lourens Botha.

In die nag van 23 Augustus 1836 moor die Matabeles 'n staning Voortrekkers uit. Net dié twee, en hul vriend Vryheid, oorleef.

Maar hierdie bloedige nag van tragiese eindes is ook die begin van Petronel en Lourens se liefde wat eers ses jaar later, in die loop van gevaarlike en onvoorspelbare omstandighede op die Trekkerspad, op hulle eie plaas, Skuilhoek, teregkom.
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799343137

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 180
R 162Jy spaar R 18
'n Stuk rots, tien kilometer in deursnee, tref die aarde teen veertigduisend kilometer per uur. 'n Paar jaar lank hang die wolk van klip en puin nog in die atmosfeer. Die grootste brand tot nog toe ... Maar dit was nie die laaste brand in die Vredefortkoepel nie. Tweemiljard jaar later staan Sybrand Venter verslae na die gevolge van hulle nalatigheid en kyk. Hulle wou net rook, hulle het gedink die vuur in die kort gras is dood ... Toe hy klein was, het Sybrand geglo die krater is soos 'n nes wat die Koepelaars teen die wrede wêreld daarbuite beskerm. Hy het nie geweet net een klip kon alles uitmekaar ruk nie. 'n Klip soos sy pa se dood. Wat sonder waarskuwing soos 'n meteoriet in die lewens van die Venters, die Spogters en die Nels ingeplof het. En Sybrand wéét, hierna sal niks op Eden ooit weer dieselfde wees nie ...
Publikasiedatum: 2009-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798136624

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 135
R 122Jy spaar R 13
Ditsem, Dawid! is 'n roman wat handel oor Dawid Kroukamp, wat saam met drie ander ouens, wat hy skaars ken, op die jagveld beland. Hy is die nuweling in die skool en het sy pad tot reserwe van die eerste rugbyspan oopgespeel.
Publikasiedatum: 2006-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798133746

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 127
R 114Jy spaar R 13
Herrie se ouers is geskei en hy voel dat niemand vir hom omgee nie. In Johannesburg leer hy 'n meisie ken wat wél omgee en wat weer sin aan sy lewe gee.

'n Aangrypende verhaal wat 'n rebelse 17-jarige se soeke na begrip en liefde uitbeeld.
Publikasiedatum: 1995-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.