●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Harry Kalmer

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904014

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwoners het voorspoed en 'n beter lewe aangebreek.
So het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek 'n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik.

Wanneer 'n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur 'n verwoeste landskap vlug. In 'n wêreld waar 'n skynson lig verskaf, raak hy 'n pion in 'n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie.

In 'n land sonder voëls is 'n verdoemende ondersoek na die impak van 'n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.
Publikasiedatum: 2019-06-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485903475

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 300
A Thousand Tales of Johannesburg is Harry Kalmer's spellbinding ode to Johannesburg and its people.
This is the story of Sara, who poses stiffly for a photo with her four children at Turffontein concentration camp in 1901, and of Abraham, who paints the street names on Johannesburg's kerbs. It is the tale of their grandson Zweig, a young architect who has to leave Johannesburg when he falls in love with the wrong person, and of Marceline, a Congolese mother who flees to the city only to be caught up in a wave of xenophobic violence.
Spanning more than a hundred years, A Thousand Tales of Johannesburg is a novel that documents and probes the lives of the inhabitants of this incomparable African city - the exiled, those returning from exile, and those who never left.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780795800801

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
Dalk begin 'n 1000 Stories oor Johannesburg buite 'n konsentrasiekamptent in Turffontein. Miskien op 'n Sondagoggend in Mei 2008 met Samson Dube se xenofobiese moord. Heel moontlik 41 jaar vantevore wanneer 'n jong Zweig en Serenita die stad moet verlaat omdat hul liefde onwettig is . . . Soos wat die geval met 'n 1001 Arabiese Nagte is, kan gedeeltes van 'n 1000 Stories oor Johannesburg byna in enige volgorde gelees word! Dit is 'n behendig verweefde verhaal oor boorlinge van Johannesburg - uitgewekenes, terugkerendes en die wat nog altyd daar gebly het - hul wel en wee deur die twintigste eeu, en die plekke waar Suid-Afrika hulle in hul lewens laat beland het.
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780795800429

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 225
Dié stories, wat reeds sterk aanklank gevind het by Rapport-lesers en teatergehore regdeur die land, speel af in 'n wit Johannesburgse voorstad, langs die treinspoor en tussen die mynhope.
Publikasiedatum: 2012-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.