●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

Soek resultate: Jan van Tonder

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798170505

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 279Jy spaar R 31
Liora word groot op 'n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, 'n priester, 'n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar 'n grens voor haar - en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Jan van Tonder het in 1983 gedebuteer met die roman Wit vis. Hierna volg kortverhale, Aandenking vir 'n vry man (1984), en die roman Is Sagie (1987). Die kind het in 1990 die ATKV-prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy roman Roepman is vir verskeie literêre pryse benoem en is ook verfilm.
Publikasiedatum: 2019-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798163026

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 235
R 212Jy spaar R 23
"Hierdie is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en halfverstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure die De Wets met hul dogter Ansie vertrek het uit die Ladismith-distrik in die Klein-Karoo. Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend, maar wanneer hy ook al 'n tydjie kan afstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: hy glo dat Ansie sal terugkeer sodra daar rook uit die skoorsteen trek ... Sagie se kinderlike geloof en onrealistiese verwagting kwel Barend al hoe meer. Hy weet sy hart is nie meer sterk nie en sy kommer oor die dag dat hy nie meer daar sal wees om sy seun teen die werklikheid te beskerm nie vreet aan hom en lei uiteindelik tot 'n haas ondenkbare daad.
Is weer Sagie is 'n aangrypende, deerniswekkende leeservaring oor Sagie se groei na volwassewording. Die trefkrag van die verhaal lê in die fyn en onderbeklemtoonde uitbeelding van emosies in hierdie wêreld van eenvoud en onskuld. Soos die eerste roman oor Sagie is hierdie weer eens 'n diep-menslike verhaal wat tot baie lesers sal spreek."
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798156370

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 225
R 203Jy spaar R 22
'n Verhaal wat in die Klein-Karoo afspeel - op die oog af eenvoudig, maar diep-menslik, 'n verhaal wat elke leser se hart sal raak.
Die jong man Sagie boer saam met sy pa op 'n plasie in die Dwarsriviervallei en is skaars bewus van die dinge waaroor die meeste ander mense hulle normaalweg bekommer, hy leef gewoon soos sy oë sien en sy lyf voel.
Sy vriendskap met Ansie, die dogter van die nuwe bure, laat hom die wonder van die liefde ervaar. Maar wanneer die werklikheid dit verbreek, het hy geen verweer nie.
Publikasiedatum: 2011-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194680

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
R 153Jy spaar R 17
Anderkant omdraai is 'n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het. Kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes wissel mekaar af en bied 'n vermaaklike leeservaring.
Die leser van dié rubrieke kan verwag om te lag én om geroer te word. Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeër, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag.
Van Tonder slaag weereens daarin om lewenswaarhede op 'n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra.
Publikasiedatum: 2011-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798155342

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 252Jy spaar R 28
'n Roepman se werk by die spoorweë was om die masjinis en sy assistent te gaan roep/wakker te maak vir hul skofte.

Hierdie gesins- en inisiasieroman speel af in 'n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is die 13-jarige Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasieprosesse in 'n grootmenswêreld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom.
Publikasiedatum: 2011-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.