●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Keina Swart

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316377

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 201
Die biblioteekbus ruik soos drome. Soos opstyg. Soos wegvlieg na plekke waar daar Kersfees-sneeu, koalabere en Bengaalse tiere is. Dit ruik na woorde soos keiser en nagtegaal en troebadoer. In Koms van die biblioteekbus, 'n versameling essays, kortverhale en rubrieke, skryf Keina Swart oor die wêreld wat was en die wêreld wat is. Sy skryf oor wat Anton Goosen se musiek aan armymanne gedoen het, oor Eugène de Kock (die man met die bril) en oor AB de Villiers (sommer net 'n skaam blondekopkind wat 18 jaar gelede elke Dinsdag met 'n regop rug in sy kakieklere teen 'n baksteenmuur vir haar kamera geglimlag het). En oor wat gebeur as 'n dorp doodgaan. 'Die dag as 'n dorp doodgaan, waai al die stories weg.'
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302926

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 190
'Ek sien kokerbome en gemsbokke, woestynveld en lang, reguit stofpaaie. Ek sit links voor met my voete op die dashboard en is diep gelukkig. Die niks en die stilte maak my kop só vol woorde dat dit aanhoudend by my vingers uitvloei.'
Die potlooddief se bruid en ander stories, 'n versameling rubrieke deur Keina Swart, is die resultaat van verskeie reise: hartsreise, kopreise, verbeeldingsvlugte en avontuurlustige verkennings van plekke ver en naby. Sy skryf oor die mense naaste aan haar - die mans, vroue en kinders van haar hart - en dring met haar fyn waarnemersoog tot in die siel van Suid-Afrika en sy sonderlinge stories, soos wat net 'n ma, 'n vrou, 'n dogter en 'n dromer kan.
Keina Swart het ná skool 'n tale-draai (Duits, Frans, Engels) op Tukkies gemaak en daarna 'n honneurs- en meestersgraad (cum laude) in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is die afgelope veertien jaar redakteur en mede-eienaar van die Waterberg-streekskoerant Die Pos, wat in 2013 'n ATKV-Veertjie ontvang het as Beste Dorpskoerant in die land. Vir haar rol in die gemeenskapspers is Keina onder meer nasionaal deur Sanlam vereer as Rubriekskrywer van die Jaar en vier keer aangewys as een van die land se top tien joernaliste. Van haar skryfwerk verskyn in Rooi Rose, Baba & Kleuter, Rapport, Die Burger, Beeld, Volksblad, By, Lééf en Weg!Platteland.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300465

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Om grappies daaroor te maak dat sy eintlik 'n 'girly ma' is wat hou van coffee shops en naels verf en in die winkels rondhang saam met sy sussies is een ding. Maar dat sy ma blatant vir hom sal lieg oor wat met sy pa aan die gang is en dan boonop maak dat hy in graad 7 - graad 7! - na 'n nuwe skool toe moet gaan: daarvoor gaan Rampie Malherbe haar nie gou vergewe nie.

Want sommer net so, onaangekondig, verander Rampie se hele lewe. Die een oomblik is hy en sy pa nog op die gholfbaan - en die volgende bly daar 'n Groot Skrik in Rampie se maag en word sy Dêrra 'n maer vreemdeling met bok-oë en hangskouers. En as alles by die huis goorder voel as 'n Wiskundetoets op 'n Vrydagoggend ... hoe hanteer 'n mens vreemde vriende, simpel sussies en 'n SW-juffrou wat praat soos Jan van Riebeeck sonder om so bietjie die pad byster te raak?
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194550

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Dale Blankenaar
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
Arme bleek Bennie Botha hoes elke aand dat die mure bewe en sy bed kraak. Sy ma se stink salf en die dokters se stoommasjien help net mooi niks nie.
Bennie se beste vriend Piet (dis nou die spinnekop wat ook in Bennie se kamer bly) kla boonop dat Bennie se gehoes hom uit die slaap hou!
Bleek Bennie is sowaar MOEG vir die HOES wat hom elke aand so wakker hou. Sal hy 'n plan kan maak om daarvan ontslae te raak?
Publikasiedatum: 2011-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193416

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Grootmense praat darem vreeslik snaaks! Eers is dit oor blompotte langs jou kop en geld wat nie op rûe groei nie, dan weer oor honde en katte wat uit die lug uit reën en kraaie wat tonge steel ... verbeel jou! Maar wat nog snaakser is, is dat Prinses Vlooi al hierdie dinge kan sien wanneer sy haar groot pienk bril opsit. Wanneer haar bril haar bruin oë soos twee heerlike sjokoladekoekies laat lyk, weet Vlooi sommer dadelik: Nou gaan die poppe dans. Regtig!
Publikasiedatum: 2010-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.