●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Leon van Nierop

Results 1 to 15 of 19
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

7

9781485904786

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
R 232Jy spaar R 58
'n Who-dunnit wat naelbytspanning belowe. 'n Handvol sjefs by 'n meesterklas in die boendoes. 'n Vrou se lyk in die meer. 'n Privaat speurder wat moet sê: Wie het sy mes in vir wie? Lake Panic is die perfekte plek vir 'n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. 'n Taak vir Beer Henning - privaat speurder, vryskuttatoeëerder, 'n man met 'n verlede. Beer het sy hande vol met: Sophia da Silva, 'n eks-sepiester wat 'n comeback met haar eie kaal kookboek beplan, Otto en Lily Clement, 'n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red, Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen, Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en Alex Fabius, Youtuber en snuiter van formaat. Wie het 'n moord opgedis? En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?
Publikasiedatum: 2021-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904113

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Toe Maryke 'n kwak wat gehore kamma hipnotiseer probeer ontmasker, skud iets in dié jong hipnoterapeut se onderbewuste los. Het dit te doen met die inbraak tydens haar matriekjaar? Wat is dit wat sy vergeet het?
Lukas probeer haar help. Hy is haar steunpilaar en mentor, en die man op wie sy verlief is. Ook hý moet veg om 'n greep op sy verlede te kry. Maar die bedreiging is nie net in Maryke se kop nie: Vreemde briewe en onheilspellende geskenke maak dit duidelik dat iemand haar dophou.

Iemand wat enigiets sal doen - miskien selfs sal moor - om seker te maak sy onthou.
Publikasiedatum: 2019-11-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306689

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
'n Ligte spanningsverhaal met 'n tikkie liefde.

Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom - 'n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op 'n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is - en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan - jou gewete reis saam …
Publikasiedatum: 2018-08-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485903550

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, 'n engel van plesier, 'n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.

Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser 'n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, 'n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.

Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná 'n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur 'n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Publikasiedatum: 2018-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485903284

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 290
From the moment 26-year-old Tristan Hansen steps out of the shower and onto the roof garden of his Maboneng loft, Toyboy pulsates with eroticism. The air is hot and humid, and there's a Joburg thunderstorm brewing on the horizon. The first flashes of lightning illuminates Tristan's spectacular flat and the riches it contains: gifts of thanks from his many clients, tokens of their appreciation. Because Tristan is an angel of pleasure, an exclusive escort to Johannesburg's rich and powerful women. And he is one of a kind.

At how the enigmatic Tristan were trained in the art of lovemaking his clients can only guess. He seldom speaks of those who helped him shake off the strictures of his conservative mother who had to raise him on her own when his father committed suicide. Christina, his first love, and their story set far off in a small Italian village, he also keeps to himself.

But how did Tristan end up here? Who were those women who taught him all he knows? And who is the mystery caller who keeps on phoning and whose calls are filled with menacing silence?

Twenty years ago, Leon van Nierop published his Afrikaans bestseller Plesierengel. Toyboy, published in Afrikaans and English, is its prequel.
Publikasiedatum: 2018-02-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306627

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 195
Lourens Schoeman veroorsaak 'n beroering met sy aankoms op 'n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man 'n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom 'n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624082941

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
Stralerjakkers was 'n radioverhaal-fenomeen wat daagliks 'n halfmiljoen mense vasgevang gehou het, en 'n magdom navrae het Leon van Nierop laat besluit om dit tot roman te verwerk. Rykmanseun Tiaan Reyneke, pas vrygelaat ná twee onskuldige jaar agter tralies, neem sy intrek by sopkombuis-tannie Girly Lubbe se losieshuis in Newlands, Johannesburg. Daar tuimel ou familiegeheime en geraamtes uit die kas wanneer twee uiteenlopende wêrelde bots. 'n Verhaal propvol drama, hartstog en humor.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485306566

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
Ramon Fraser is al sy hele lewe lank 'n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is 'n fortuinverteller, maar weier om sý toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal ...
Ramon moet weer vlug en beland op 'n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oë wat na hom kyk. Iewers in daardie oë sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin.
En so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485304425

Nie-fiksie / Non-fiction: Fotografie / Photography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Fotografie / Photography
R 380
Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Dié geskiedenis begin met die dokumentêre films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in kykNet se videoteek en in die Nasionale Filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee.
Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustrieë in die wêreld.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346732

Nie-fiksie / Non-fiction: Fotografie / Photography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Fotografie / Photography
R 180
'n Nuttige werkboek vir die klaskamer - en twee DVD's. Leon van Nierop, bekende skrywer, resensent, omroeper en TV-vervaardiger, het 15 jaar lank landwyd klas gegee in rolprentontleding en filmwaardering. Terwyl hy lesings vir onderwysers gegee het, het hy die behoefte ontdek vir praktiese filmstudie waarin die aanbieder nie net feite gee en definisies verduidelik nie, maar ook praktiese wenke gee aan die hand van uittreksels uit rolprente.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624073031

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Toe droog dit op. 'n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwing hom tot afsondering in 'n huis in die Bosveld. Hy raak bewus van 'n 'derde dimensie'.
Nou is die verslawende angs terug en kan hy weer skryf. Wanneer sy eksvrou onverwags opdaag, dwing sy die waarheid in gruwelike gedaante aan hom op.
En maak 'n nuwe monster wakker . .
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346602

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
Henno Barnard woon en werk heel rustig op sy rivierboot aan die Botswana-kant van die Chobe-rivier. Hy fotografeer die dierelewe vir 'n natuurleweprogram van die SAUK. Toe hy hoor die program word gestaak, bied die beeldskone en gevaarlike Kim Joubert, 'n vervaardiger van Johannesburg, aan om hom te kom touwys maak vir 'n nuwe afsetgebied vir sy insetsels. Sy werk is glo goed, sê sy, maar nog nie op standaard nie. Dit kort drama. Daarvan kry Henno skielik sy volle kwota. Verskeie moorde word in die omgewing gepleeg en Henno besef dat almal nie is wie hulle voorgee om te wees nie. Boonop is iemand agter die stories aan wat hy nou vir televisie skiet en hulle sal nie huiwer om hom uit die weg te ruim om die beeldmateriaal te kry nie. En dan kry hy ook geheimsinnige besoeke van die magiese en skaars spookvoël...
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624070306

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir 'n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014.

Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry 'n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap 'n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings.
Maar wanneer sy by die eintlik rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog erger: Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel . . .
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624064718

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
"Tristan Hansen word die engel van plesier genoem - 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het
Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie - die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?
Plesierengel is 'n nuwe, aangepaste weergawe van Van Nierop se 1998-blitsverkoper, maar dié slag kookwaterwarm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur . . .
Het jy genoeg moed om dit te lees? Daar is tonele wat sensitiewe lesers dalk kan skok. Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie."
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799355321

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. En sy gaan soek na haar verloofde wat ook hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie?
Publikasiedatum: 2013-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.