●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Lien Roux-De Jager

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799381092

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Die 5de boek in die LEUENS reeks deur Roux-De Jager.
Die forensiese psigofisioloog Kalli Krynauw se brein word tot die uiterste beproef. Moorde is in 'n deftige klub vir gesellinne gepleeg. Hoe het die moordenaar ingekom en hoe het hy dit reggekry om die meisies te oorrompel? Baie vrae, min antwoorde.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799376319

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Die 4de boek in die LEUENS reeks deur Roux-De Jager.
Kalli Krynauw werk deesdae net deeltyds vir SIS, want sy is swanger. Haar bydrae groei egter by die week, want SIS kry die een ondersoek na die ander: Die FBI het hulle gevra om te help met 'n saak oor smokkelhandel; dit gaan oor 'n vigilante wat dwelmhandelaars die een na die ander met klein selfoonbomme opblaas.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799369762

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Die 3de boek in die LEUENS reeks deur Roux-De Jager.
Kalli Krynauw, nou 'n permanente werknemer by Special Intelligence Service (SIS) bevind haar in 'n ondersoek na die sensasionele moorde van 'n reeksmoordenaar. Dit maak opslae in die media en gou staan hy bekend as Die Skender. Die Skender speel 'n spel met die polisie, sy beplanning deeglik, totaal gewetenloos.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799361407

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Die 2de boek in die LEUENS reeks deur Roux-De Jager.
Kalli Krynauw se werk as forensiese psigofisioloog behels dat sy moet vasstel of 'n getuie die waarheid vertel of nie. In Gekoopte leuens bevind sy haar op 'n luukse-oord in die beboste klowe van die drakensberge in Mpumalanga naby Peligrimsrus. Na 'n spoggerige onthaal word sy die volgende oggend wakker, steeds bedwelm van die vorige aand. Dis duidelik dat haar drank gedokter was, daar is bloed aan haar aandrok en sy vind uit dat haar suster, Madelein, verdwyn het. Madelein is 'n bekende model en die 'gesig' van Papillon, die skoonheidsreeks wat in die laboratorium op die terrein van die oord vervaardig word.

Kalli is onder verdenking dat sy iets te doen het met Madelein se verdwyning en word in hegtenis geneem, maar onder toesig van die SIS, Special Intelligence Services, word sy toegelaat om na die oord terug te keer.

De Waal Brink, 'n wetenskaplike wat navorsing doen om 'n alternatiewe brandstof te vind, daag ook by die oord op. In Donker leuens het hy en Kalli mekaar intiem leer ken, maar hy moes egter terug Amerika toe. Steeds kwaad vir Brink dat hy nie eintlik van hom laat hoor het nie, ontdek hulle twee lyke in 'n afgeleë stroompie op die terrein en sy help om die skuldiges vas te trek. In die proses kom sy agter dat daar eintlik dwelms in die laboratorium vervaardig word en sy moet vlug vir haar lewe.

Intussen word Madelein op die Dubai-lughawe opgemerk en Joe Willemse, ondersoekbeampte van SIS, vertrek na die Verenigde Arabiese Emirate om haar te gaan soek.

'n Nigeriese kartelbaas, Bololo, 'n man wat Kalli en Madelein se pad in Donker leuens gekruis het, word in hegtenis geneem in verband met die dwelms op Umvenvane. Die skuldiges vir die ontvoering van Madelein en die moord op die twee wetenskaplikes wat in die bos gevind is, ry ook aan die pen.

Reeks

Gekoopte leuens is die tweede boek in die reeks. Die eerste boek, Donker leuens, het in 2012 verskyn en die pers het dit goed ontvang: 'Dis 'n diep bevredigende boek met genoeg los drade aan die einde wat die belofte van 'n reeks moontlik maak.'
-Rapport
Publikasiedatum: 2013-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199203

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Oupa Olivier het baie seëls. Hy vertel ook lekker stories oor die seëls. Maar Stian kom agter Oupa Olivier vergeet baie dinge. Stian se sussie en boetie lag vir Oupa daaroor, maar Stian gee nie om nie. Hy help liewer sy oupa onthou.
Eendag besluit Stian dat hy en Oupa Oliver dieretuin toe moet gaan. Hulle het so lekker rondgeloop, dat nie een van hulle twe later kon onthou waar die uitgang is nie ...
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352238

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Die 1ste boek in die LEUENS reeks deur Roux-De Jager.
Wie was betrokke by die verdwyning van die wetenskaplike Stefan De Villiers en sy navorsingsresultate? Net drie mense weet presies wat gebeur het, en húlle span nou saam om die skuldiges in die komplot vas te trek.
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193034

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 160
R 144Jy spaar R 16
Charlene het mos vir Fred gesê as jy iets van die lewe wil hê, moet jy sorg dat jy dit kry. En Fred besluit om haar raad te volg - al is hy net sestien, swaksiende en verstandelik gestrem. Hy sal Kaap toe hike en sy pa gaan soek. Sy pa sal minder drink en hulle sal hul eie besigheid hê - Da Souza & Son - soos sy pa al soveel keer vantevore beloof het ...
Publikasiedatum: 2009-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192792

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 215
R 194Jy spaar R 21
Dis 1899 en alles dui daarop dat oorlog tussen Boer en Brit onafwendbaar is. Emma moet kies tussen twee mans, die een 'n jeugvriend en die ander 'n joernalis wat vir die vyand werk. Daarom moet sy eintlik ook vir of teen haar volk kies. Is haar liefde sterk genoeg om die oorlog te oorleef en regverdig dit die opoffering wat sy moet maak vir hierdie opwindende, Boheemse man?
Publikasiedatum: 2009-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.