●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Liesel Krause-Wiid

Results 1 to 9 of 9
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432208158

Nie-fiksie / Non-fiction: Geloof / Religion

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Geloof / Religion
R 129
R 116Jy spaar R 13
Hierdie selfhelp-boek gaan vir jou die waagmoed gee om groot te kan droom en om vas te stel presies wat jy wil hê.
Baie mense het geen visie vir hulle lewe nie. Hulle weet nie hoe om hulle drome te verwesenlik nie. Jy moet waagmoed hê, groot droom en vasstel presies wat jy wil hê!

Jou visie is nie iets wat jy opmaak nie, dit wys waarvan jy gemaak is. Dit is jou innerlike krag, jou essensie. As jy geen visie het nie, vervul jy nie jou potensiaal nie. Jy sal egter verstom wees om te sien wat is moontlik wanneer jy die krag van jou potensiaal ontsluit!

Die lewe vlieg verby. Die res van jou lewe hoef egter nie op dieselfde trant aan te gaan nie. As jy wil hê daar moet iets nuuts en anders in jou lewe gebeur, moet jy sorg dat daar iets nuuts en anders uit jou uit kom. Hier is jou kans om standpunt in te neem vir 'n nuwe toekoms en 'n nuwe jy!

In hierdie eenvoudige 5-week-program help kundiges jou om 'n bloudruk te skep vir 'n lewe wat saak maak:

• Kobus Neethling - 'n buitengewone lewe deur anders te dink.

• Jannie Putter - Geestelike krag help jou om uit jou foute te leer.

Liesel Krause-Wiid - God kan meer doen as wat jy jou kan voorstel.

• Wouter Snyman - Verander jou finansiële gewoontes en hóé jy oor geld dink.

• Lynette Beer - Emosies moet bestuur en nie onderdruk word nie.

Plus! Vrae om 'n aksieplan op te stel en jou eie droombord te skep

'n Aksieplan is niks anders nie as jou gedagtes op papier. Om jou gedagtes neer te skryf is die eerste stap om jou droom 'n werklikheid te maak.

'n Droombord is 'n visuele uitbeelding van jou doelwitte, drome en planne vir die toekoms. Stel dit visueel voor sodat jy elke dag aan jou droom herinner kan word.
Publikasiedatum: 2018-10-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432205577

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 99
R 89Jy spaar R 10
Om met iemand te praat moet jy woorde gebruik. Alles wat ons elke dag doen is deur woorde. Of jy praat by die werk, 'n e-pos aan 'n kliënt of 'n boodskap aan 'n vriendin stuur, dit wat jy sê kan 'n baie groot impak op iemand se lewe hê.

Jou woorde het krag en dit is tyd dat vroue in ons land dit verstaan en begryp. Alhoewel ons woorde nie iets kan skep, soos God die wêreld geskep het nie, kan jy iemand se lewe opbou of afbreek.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432204792

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 179
R 161Jy spaar R 18
'n Dagboek deur vroue vir vroue.

Die Bybeldagboek word geskryf deur vroue vir vroue - vroue van verskillende ouderdomme en agtergronde, met wyd uiteenlopende lewens.

Liesel Krause-Wiid het die Bybeldagboek saamgestel, deur vroue regoor die land te nooi om saam te skryf oor hulle gunsteling Bybelvers en wat dit vir hulle beteken.

Die projek is geïnspireer deur FINESSE se Vroue wat Glo-beweging
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204464

Christelik / Christian: Geskenke / Gifts

Christelik / Christian  -  Geskenke / Gifts
R 119
R 107Jy spaar R 12
Versies vir my vriendin is 'n besonderse bundel met 'n Bybelvers vir elke dag van die jaar. Dis anders as gewone dagboeke omdat jy nie vir Januarie hoef te wag om met die boek te begin nie. Jy kan enige tyd van enige maand inspirasie hierin raakblaai!
12 geliefde vroueskrywers, soos Fatima Abdool, Hettie Brittz, Esté Geldenhuys, Liesel Krause-Wiid, Soekie Krog, Maretha Maartens en Nina Smit, het elkeen 'n maand onder haar sorg geneem. Met groot omsigtigheid het hulle verse gekies wat nie net interessant en inspirerend is nie, maar ook vir die leser 'n stukkie seën sal wees. As bonus is daar by elke werksdag 'n toepassing met brokkies bemoediging, strale van hoop en liefdevolle begeleiding om 'n Geesvervulde vrou te wees.
Plaas jou vertroue in die Woord eerder as in jou wêreldse omstandighede. Die Bybel is die betroubaarste bron van energie en troos vir elkeen wat behoefte het aan God se goedheid. Neem dit vir jouself en gee dit aan na elke vrou wat as vriendin na aan jou hart is. Dis die waardevolste seëning wat jy kan aangee - en self ontvang.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432204372

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 85
R 77Jy spaar R 8
Wanneer jy nie tyd het om baie te lees nie of net vinnig jou daaglike geestelike hupstoot nodig het, is Tien woorde oor geloof net vir jou. Vir elke dag van die jaar is daar 'n kort aanhaling oor wat geloof is in net tien woorde. En jy kan maar tel. Daar is nie een of twee ekstra of minder nie. Begin elke dag met hierdie aanhaling en dra die tien woorde saam met jou.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432203740

Nie-fiksie / Non-fiction: Tuinbou / Gardening

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Tuinbou / Gardening
R 159
R 143Jy spaar R 16
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432202958

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 169
R 152Jy spaar R 17
52 Skrywers in hierdie dagboek se boodskappe is in 52 weke opgedeel. Vir 'n jaar lank sal God met jou praat deur spesiaal uitgesoekte verse uit die Bybel en die aktuele toepassings daarvan deur mense wat die lewe aam met jou leef. Begin jou dag met beloftes van God se omgee vir jou probleme, 'n nuwe manier van dink oor die seer op jou pad en die wete dat jy 'n kind van die Almagtige Vader is.
Woorde soos hoop, vergifnis en vrede sal na hierdie boek nie meer betekinlose 'kerk' - woorde wees nie. Hulle sal praktiese maniere word om nader aan God te kom.
Publikasiedatum: 2013-09-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432202880

Christelik / Christian: Dagstukke - Mans / Devotionals Men

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Mans / Devotionals Men
R 119
R 107Jy spaar R 12
Liesel Krause Wiid deel in Bid die Woord vir jou man hoe en wat jy vir jou man by elke haakplek op jul pad saam kan bid. Sy raak elke faset van sy manwees en verhouding met jou en julle kinders aan met teksverse van krag en hoop uit sy Woord. Jy kan dit hardop bid en sodoende met sy beloftes jou huwelik vernuwe.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432202804

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 129
R 116Jy spaar R 13
Wat is die geheim van 'n gelukkige huwelik? Is dit 'n 100 sonsondergange wat julle elke aand geniet? Is dit 'n 1000 verskietende sterre wat jou geluk - wense waar maak? Of is dit bloot die gewone goed - hope geduld, emmers vol pret, en 'n oseaan vol onvoorwaardelike liefde? As dit is wat jy vir jou huwelik begeer, is Gelukkig getroud net die gids vir jou. Dis propvol wenke wat elke situasie, wat in jou huwelik kan opduik, tekkel - van die groot verneuk tot 'n onvervulde sekslewe, tot die kleiner jakkalsies soos te min tyd. Om die waarheid te se, hierdie boek is soos jou sielkundige wat jy met jou kan saamdra! Jy sal 'n antwoord op elkeen van jou vrae kry.
Publikasiedatum: 2013-04-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.