●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Luan Serfontein

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354658

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
R 131Jy spaar R 14
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is 'n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in 'n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar 'n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart ... om op te vreet! Gaan Padda se lewe in 'n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons 'n held sit? Sneeuman-swem is die derde boek in die Vreesveld-reeks. Ander titels in die reeks is Vampierhokkie en Monsterrugby.
Publikasiedatum: 2022-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353859

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
R 136Jy spaar R 34
Een Alfa Romeo, twee seuns, hope aksie en avontuur!
Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom 'n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie - waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ...
Wat volg is 'n avontuur met 'n wit Spider Alfa Romeo, 'n beste vriend en 'n Russies-Afrikaanse ingenieur - 'n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!
Publikasiedatum: 2022-05-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602202

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Hoekom gebruik die skool nie die klaskamers aan die westekant nie?
“OMDAT ALMAL WAT SOONTOE GAAN, STERF!”
Daar is 'n vampier in Laerskool Jakkalsdal. So sê die kinders. Maar is die storie waar? Die hokkiespelers, Zondi, Kayla en Waggie, gaan vandag uitvind. As hulle hierdie spel verloor, word hulle dalk gebyt ... Hierdie boek is die tweede in 'n reeks en volg op Monsterrugby. Albei hierdie boeke is aksiebelaai!
Publikasiedatum: 2021-06-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175517

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Sarel Seemonser is lus vir avontuur. Maar voordat hy vertrek, waarsku sy ouma Seemonster: “Onthou, as jy in die moeilikheid is, het jy 'n wapen. Seemonsters blaas stoom uit en dit laat diere dink daar is vuur binne ons.” Sarel se stoom borrel en gorrel die lug in. Maar wat gaan gebeur as hy 'n skelm wolf, 'n slang en 'n aasvoël teëkom?
'n Heerlike prenteboek oor een van Louise Smit se gewildste karakters uit die destydse TV-reeks ​Wielie Walie​.
Publikasiedatum: 2017-10-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175494

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Mamma Kraai weet haar kuiken het 'n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag “Ha-ha-a-a-aa!' soos Hadeda, soos Jangroentjie 'Tji-tji-tjoe!' en soos Duif 'Koekeroekoe!'. Dit laat al die voëls se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar.
Mamma Kraai besluit hulle moet trek en 'n plek gaan soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla nie.
Publikasiedatum: 2017-10-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174091

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 189
Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens . . . skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou?

Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare laat regop staan en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd wil lui . . .
Publikasiedatum: 2017-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.