●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Maja Sereda

Results 1 to 14 of 14
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602288

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 290
'N VERSAMELING VAN VYF VAN DIE COOLSTE PRENTEBOEKE VOL MOSSIENESTE, KRULLEBOLLE EN PARMANTIGE HAASMOLES
Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:
HAASMOLES
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!
PARMANT
Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie en Vlakvark wil sy magie krap. “Nee!” sê Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.
DIE COOLSTE OUMA OP AARDE
Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet 'n paar fantastiese oumas…Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomblim. Maar een ding is seker: 'n Regte, egte ouma is altyd hope pret!
KARLA KRULLEBOL
Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …
PRINSES MOSSIENES
Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit 'n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na 'n plek waar alles beter is … 'n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van 'n egskeiding te hanteer.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384376

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 195
R 89Jy spaar R 106
'n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Noord-Sotho en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. 'n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799345018

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 195
R 89Jy spaar R 106
''n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. 'n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175982

Kinders: Algemeen

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Algemeen
R 250
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie.
Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by 'n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. 'n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.
Publikasiedatum: 2018-01-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624069140

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Prenteboeke
R 165
In die groot stad, Johannesburg, stap Dylan en Palesa saam met Dylan se pappa skool toe. Hulle is in die Gr R-klas. Dis hulle eerste skooldag! Op pad is daar 'n piepklein huisie met die mooiste, grootste sonneblom wat hulle nog ooit gesien het in die tuin. Dit lyk asof die sonneblom hulle agternakyk. En toe hulle die middag huis toe stap, kyk die blom hulle sowaar weer agterna!
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781485900115

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
Nombulelo is baie lief vir haar Gogo se stories oor die diere wat in die bos woon, maar sy is te bang om soontoe te gaan. Wanneer Gogo sterf, moet Nombulelo haar moed bymekaarskraap om Gogo se magiese mot op 'n reis deur die bos te neem. Dit is 'n verhaal van liefde, verlies en die ontdekking van innerlike krag. - See more at: http://randomstruik.co.za/books/nombulelo-en-die-mot/6190#sthash.JVgKUInL.dpuf
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781485900108

Children: Picture books

Illustreerder: Maja Sereda
Children  -  Picture books
R 100
Even though Nombulelo loves her Gogo's stories about the animals that live in the forest, she's too scared to go there. When Gogo dies, Numbulelo must summon her courage and take Gogo's magical moth on a journey through the forest. This is a story of love, loss and the discovery of inner strength.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799350791

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 135
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed ... en nog twee ... en nog twee ... Dis weer HAASMOLES!
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624073215

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 115
Hier is nog sowat 100 nuwe, oorspronklike grappe vir laerskoolkinders, volgens die wenresep van die eerste titel (Hoe meer haas, hoe minder wortels, 2014), en volgens onderwerpe bymekaar geplaas.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624068877

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 95
Hier is sowat 100 nuwe, oorspronklike grappe vir laerskoolkinders, volgens onderwerpe bymekaar geplaas: Klop-klop grappe, Kosgrappe, Grappe met monsters en feetjies, Dieregrappe, Sportgrappe, Eksamenflaters. Dit is ook een van die grappe in lg. afdeling waaraan die titel ontleen is: die korrekte idioom is "Hoe meer haas, hoe minder spoed", dus glad nie oor hase wat wortels eet nie! Maja Sereda se lyntekeninge in swart en wit bring die humor nog verder uit.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475703

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Prenteboeke
R 90
Bonkie die draak word wakker. Hy het sleg geslaap. Daar's iets hards in sy bed...Dis...dis 'n eier.
Hekselientjie en Moes varstaan dit nie : Dit kan nie Bonkie s'n wees nie. Bonkie is dan 'n seuntjie en seuntjies lê nie eiers nie !
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475000

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Prenteboeke
R 90
'Jou pappa is ... 'n draak!'
Ontmoet vir Vonkie. Hy lyk soos 'n gewone perdjie. Hy doen gewone perdjie-dinge en het gewone perdjie-maatjies. Maar Vonkie is geen gewone perdjie nie ... O nee, Vonkie is 'n draakperdjie!
Publikasiedatum: 2012-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475055

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Maja Sereda
Kinders  -  Prenteboeke
R 90
Vonkie hou sy vlam al goed in toom! Hy kan al vier perfekte rookringetjies blaas! Maar Vonkie voel ... anders ... Hy dink nie hy hoort in Hoefysterbos nie. Die drie beste maatjies, Vonkie, Magriet en Bertie, gaan soek na Vonkie se pa in die Kreukelberge.
Publikasiedatum: 2011-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624046769

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 385
Hierdie bundel bevat, soos die titel aandui, 'n versameling heeltemal nuwe en oorspronklike gedigte. Dit bou voort op die wonderlike tradisie van DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek, en dek onderwerpe wat met die destydse bundels nog nie deel was van kinders se leefwêreld nie, soos rekenaars, selfone, e-pos, internet en sms.
Publikasiedatum: 2009-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.