●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Maritha Snyman

Results 1 to 12 of 12
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354436

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Cristy Zinn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Hy is sterk en slim.
Hy is reg vir avontuur.
Hy hou nie van boelies nie.
Hy is 'n seun wat sonder 'n pa grootgeword het.
Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet.
Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe.
Theseus is 'n superheld wat in Antieke Griekeland geleef het. Hy het sonder 'n pa grootgeword maar op sy agtiende verjaarsdag vertel sy ma vir hom dat sy pa eintlik 'n koning is wat hom nie wou gehad het nie. Die enigste manier om sy pa se hart sag te maak, is om 'n paar sandale en swaard wat onder 'n reuseklip versteek is vir sy pa te vat. Sy pa soek 'n seun wat sterk en magtig is. Met sy superkrag kry Theseus die sandale en swaard en beplan om sy pa te gaan ontmoet, maar die pad soontoe is besonders gevaarlik. Theseus moet 'n klomp boewe verslaan en uiteindelik raak hy beroemd vir sy krag en goeie dade.

Theseus is 'n moderne hervertelling van 'n ou klassieke verhaal, soortgelyk aan Perseus, wat in Junie 2021 verskyn het.
Publikasiedatum: 2022-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639608075

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 120
R 96Jy spaar R 24
25 getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer!
Verveel jou gewone skoolhandboeke jou? Maar is jy nuuskierig en wonder jy hoe die wêreld rondom jou werk? Dan is hierdie die boek vir jou! Len, Lara en Leon is die nuuskierigste kinders op aarde. Hulle vra gedurig vrae en wonder hoekom dinge werk soos dit werk. Hulle doen eksperimente en leer baie oor lugdruk, swaartekrag en energie. Hulle doen dit lag-lag, want hulle kan nie help om mekaar poetse te bak soos hulle speel-speel slim word nie!

Hierdie is 'n unieke boek wat 25 eksperimente bevat wat in strokiesprentformaat aangebied word.
Publikasiedatum: 2021-07-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602646

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Cristy Zinn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Hy kan vlieg.
Hy kan planne maak.
Hy kan met nare mense se gal werk.
Hy en sy swaard skrik nie vir monsters nie.
Sy naam is Perseus - 'n superheld van lank gelede.
Jy sal mal wees oor sy storie!

'n Moderne blik op 'n ou bekende storie, met heerlik humoristiese illustrasies.
Publikasiedatum: 2021-06-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600628

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Lag nog meer en nog harder! Hierdie is die opvolgboek van Vertel my 'n grappie. Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats - dit sal ure se lagpret verseker! Kinders sal dol wees op hierdie grappieboek wat grappe oor allerlei onderwerpe bevat. ʼn Paar grappe en sêdinge: Wat het die krimpvarkie die kaktus gevra? - Is jy my mamma? Hoekom doen Kersfeesvader so goed karate? - Want hy het 'n swart belt. Kersfeesvader kry die volgende brief van Ruan: Ek skryf net om jou te laat weet dat ek stout was en elke oomblik daarvan geniet het. Ruan
Publikasiedatum: 2020-07-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601229

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 260
Boeke vol avontuur met ʼn sprokiesverhaal-kinkel …
Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel in een lekkerlees omnibus.
Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die
winkelkompleks, Ninapark. Hier het die drie maats allerlei opwindende avonture. En elke avontuur klink amper soos 'n sprokie …
Publikasiedatum: 2020-07-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398106

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Skreeusnaakse grappe wat jy vir al jou maats moet vertel!
Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats - dit sal ure se lagpret verseker! Kinders sal dol wees op hierdie grappieboek wat grappe oor allerlei onderwerpe het!
• Hoekom het Jan van Riebeeck sy radio in die yskas gesit?
Om cool musiek te luister.
• Hoekom het Jan van Riebeeck sy huiswerk op die dak gedoen?
Want hy wil afkyk.
• Die oom is so oud, sy beenhare krul al om.
• Dit is so koud, die sneeuvlokkies bewe.
• As ek R6.00 in my sak het en ek verloor R2.00, wat het ek in my sak?
ʼn Gat.

Nog ʼn plaaslike grappieboek wat deur Maritha Snyman geskryf is, is Grappe van A-Z. Die boek het ses herdrukke beleef en meer as 13 165 kopieë verkoop.
Jaco Jacobs se 101 grapboek-reeks is ook baie gewild onder lesers.
Publikasiedatum: 2020-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389494

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 250
R 109Jy spaar R 141
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare!
Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in 'n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture - van 'n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens 'n skooluitstappie maak, tot 'n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.
Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:
'n Nag van angs
Die hanswors
Teddie se geheim
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799380811

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 250
Reënboogrant Maats volg Shani, Sunette en hul gesin se avonture terwyl die meisies op laerskool is, terwyl die meisies in die Reënboogrant Tieners-reeks op hoërskool is en die tipiese uitdagings en opwinding van dié tydperk beleef.
En nou is die reekse vir die eerste keer in 'n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe - die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture - van 'n dief wat straatnommers steel, tot 'n droomrol in 'n balletkonsert.
Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit dié gewilde reeks:
Skelmstreke en kattekwaad
Alleen tuis
Die balletkonsert
Publikasiedatum: 2018-01-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799349610

Kinders: Algemeen

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Algemeen
R 200
Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik?
Aarbei-en-skerpioenkonfyt

Hoekom ry die ryk blondine 'n BMW?
Dit is al wat sy kan spel.

Hoekom het gorillas groot neusgate?
Want hulle vingers is so groot.

'n Bielie van 'n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS'e
Publikasiedatum: 2011-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919765181

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Nico Meyer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 90
Die Omnibusse bevat elk twee boeke in die Lekker Lawwe Lagboekreeks - Omnibus 1 bevat boeke 1 & 2 en Omnibus 2 bevat boeke 3 & 4. Pragtig geïllustreer deur Nico Meyer, verseker dié boeke die langste, lekkerste, hardste lag nog!
Publikasiedatum: 2007-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919765167

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Nico Meyer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 90
Die Omnibusse bevat elk twee boeke in die Lekker Lawwe Lagboekreeks - Omnibus 1 bevat boeke 1 & 2 en Omnibus 2 bevat boeke 3 & 4. Pragtig geïllustreer deur Nico Meyer, verseker dié boeke die langste, lekkerste, hardste lag nog!
Publikasiedatum: 2007-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799342390

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Voor in Lekker lawwe lagboek 5 word drie redes gegee hoekom mense vir grappe lag: omdat jy dink dit is snaaks, omdat jou maats dit vir jou vertel en jy hulle nie wil laat sleg voel nie, en omdat jy dit nie verstaan nie.
Publikasiedatum: 2007-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.