Soek resultate: Marlene van Niekerk

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176552

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
R 200Jy spaar R 50
Met dié bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op 'n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Adriaen Coorte (ca. 1659-1707) bekend. Sy lewer daarmee nogeens 'n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat 'n dosyn skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van 'n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as “'n poëtiese kragtoer”.
Publikasiedatum: 2018-01-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176545

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
R 200Jy spaar R 50
Met hierdie twee bundels beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op 'n oorspronklike en toeganklike manier twee minder bekende Nederlandse skilders bekend: Adriaen Coorte (gebore tussen 1658 en 1664 en oorlede in 1707) en Jan Mankes (1889-1920). Sy lewer daarmee nogeens 'n bewys van die vernuwende en selfvernuwende aard van haar werk. Gesant van die mispels en In die stille agterkamer bevat elk 'n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van 'n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan as bonus vir die geïnteresseerde leser.

In al twee bundels verteenwoordig die gedigte 'n fantasieryke ondersoek na die moontlike momente van skildersinspirasie, die tegniese aspekte van die skilderproses, en die artistieke opvattings en historiese konteks van die kunstenaar: Van Niekerk maak haarself en die kyker as 't ware tot intieme toeskouers van dié twee skilders se stillewes. Uiteindelik verteenwoordig sowel die skilderye as die gedigte oomblikke van stille refleksie in roerige tye - die nederigste, kleinste objekte, soos wat hulle met toewyding verewig is deur Coorte en Mankes word in die gedigte versigtig herneem en insigtelik gemaak. Volgens wyle Henning Snyman is die bundels “'n poëtiese én grammatikale kragtoer, 'n verbysterende ervaring”, en ten slotte “'n ryke aanwins tot die Afrikaanse digkuns en kunsbeskouing”.

Die publikasie van hierdie twee bundels ekfrastiese verse is 'n sonderlinge gebeurtenis, en 'n merkwaardige toevoeging tot enige poësie- én kunsliefhebber se rak.
Publikasiedatum: 2018-01-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798163057

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 260
Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. 'n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied - die natuur, voëls, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke - en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend.

Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van 'n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermoë bied die leser van Kaar 'n avontuurlike ontdekkingreis deur die wêrelde van mense en diere.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798151818

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
Hoe ontstaan stories, en waarom? Dít is die vrae wat die skeppende skrywer besig hou. Wat is die voorwaarde vir die skryf van fiksie? Nood, dwang, 'n luisteraar, 'n geleentheid, 'n retoriek. In Die sneeuslaper word die betekenis van die vertelkuns op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap vergestalt.
Publikasiedatum: 2010-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798147309

Fiction: Novels

Illustreerder: Adriaan van Zyl
Fiction  -  Novels
R 415
R 332Jy spaar R 83
In this beautiful and unusual book about a hospital experience the text and visual images offer parallel narratives that resonate poignantly with each other.

Adriaan van Zyl's series of more than 20 paintings portrays a patient's experience from waiting room to ward giving a quietly disturbing view of the soullessness of hospitals in general.
Publikasiedatum: 2006-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798147293

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 450
In hierdie pragtige en unieke boek oor 'n hospitaalervaring bied die teks en visuele beelde parallele verhale wat op 'n aangrypende wyse met mekaar resoneer.
Publikasiedatum: 2006-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624055129

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 430
Agaat speel af in die periode 1946 tot 1996 en handel oor die lotgevalle van vier mense op 'n plaas in die distrik van Swellendam. Die verhaal ontvou aan die hand van die verteller, Milla de Wet (née Redelinghuys), waar sy op haar sterfbed probeer sin maak van haar lewe as “oorsprong” van die lotgevalle op 'n familieplaas.
Milla, as een-en-twintigjarige erfgenaam van die plaas Grootmoedersdrif, is idealisties. Jak de Wet, aantreklik en spitsvondig, is die man wat sy as lewensgenoot kies om saam met haar 'n model van gemengde boerdery op haar erfgrond aan die Kliprivier onder die Langeberge tot stand te bring. Maar daar is ook Asgat: 'n gebreklike en mishandelde bruin dogtertjie van vyf jaar wat sy anderkant die Tradouw op haar ma se plaas “steel”, en wat sy met 'n streng en liefdevolle hand rehabiliteer en opvoed het by die lig wat sy het. Jakkie, haar eie seun, word sewe jaar ná die aanneem van Asgat gebore - die langverwagte erfgenaam van die familieplaas Grootmoedersdrift.
Die roman openbaar 'n reeks lewensbepalende verskuiwings van mag en nood tussen hierdie vier intiem verbonde mense: Milla, in wese 'n afhanklike, obsessiewe en melankoliese vrou, word op gruwelike wyse ontnugter in haar huwelik. Asgat word herdoop tot Agaat en op dertienjarige leeftyd met die geboorte van Jakkie gedemoveer tot kinderbediende, en in die buitekamer hervestig vanwaar sy die huishouding en die boerdery van Grootmoedersdrift op toenemend tiranieke wyse beheer. Jak herken homself oor die jare met stygende verontwaardiging as die slagoffer van niksontsiende manipulasie deur die twee vroue van die huis. Jakkie, aanvanklik meer Agaat se kind as sy ma s'n, en later meer sy pa se kind Agaat s'n, word 'n vegvlieënier in die Suid-Afrikaanse Lugmag en verlaat uiteindelik die land as politieke vlugteling tydens die nadraai van die oorlog in Angola om in Kanada heenkome te soek en homself te herskool as etnomusikoloog.
Hierdie geskiedenis word onthul terwyl Milla - verlam en van spraak ontneem deur motorneuronsiekte - versorg word deur die diep bedroefde, maar ook wraaksugtige Agaat, nou in haar middeljare. Agaat is die een wat Milla se dagboeke opdiep en berekende seleksies aan die siek vrou voorlees. Sy word op die manier 'n belanghebbende middelaar van Milla se poging tot selfbegrip terwyl sy haar eie lewensloop as aangenome kind, later huisbediende en uiteindelik as sterwensbegeleider van haar “moeder” aan haarself repeteer.
Watter insigte verwerf hierdie twee vroue in mekaar se skuld en onskuld? Watter soort vergifnis en selfvergifnis kan hulle vir mekaar bied? Watter vreemde gedaantes kan die rou om verliese en die berou om oortredings van die verlede aanneem? Hoe moet daar afskeid geneem en gesterwe word? Deur watter soort genade? Wat is die ware aard van wat mens so maklik “liefde” en “sorg” noem? Hoeveel teerheid kan veroorloof en verdra word deur die steeds reeds geskonde self? Hoeseer is elke mens die skepping van die intieme naaste se verlangens?
Publikasiedatum: 2004-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781874901167

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 380
Lambert is half vertraag, soos Van Bruggen se Ampie van ouds; hy kry epileptiese aanvalle; word gekwel deur seksuele frustrasie; en bring soms sy frustrasies tot uiting in uitbarstings van woedende geweld.
Publikasiedatum: 1996-01-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development