●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

Soek resultate: Oom Karolus en Lente

Results 1 to 1 of 1
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618101

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 170
R 153Jy spaar R 17
24 lekker-lees-stories oor oom Karoolus en Lente se avonture.
Oom Karoolus en Lente is bekende karakters vir die Suid-Afrikaanse kleinspan. Nou kom deel Cor en Letitia Uys 24 lekker-lees-avonture van dié twee geliefde karakters.
Oom Karoolus leer in hierdie pragtige boekie vir Lente en al haar mense-maats sommer baie nuwe dinge. Lesertjies sal sien hoe kosbaar hulle vir Jesus is terwyl hulle leer van God se spesiale boek, die besonderse reënboog wat Hy vir ons gegee het, hoe hard miertjies kan werk, dat God ons altyd veilig sal hou en ons nooit ooit sal vergeet nie, en vele meer.
Elke storie bied ook spesiaal 'n Bybelvers om te onthou, en bied ook die volgende belangrike uitdagings om kinders te help groei: Watter nuwe woord jy vandag geleer het, 'n doen-ding en iets om oor te gesels. Die gebed vat dan alles mooi saam.
Ingesluit is 'n gratis CD met 10 lekker saamsing-liedjies.

OOR DIE OUTEURS
Cor en Letitia Uys is al ongeveer 30 jaar betrokke by kinderbediening in Suid-Afrika en hulle is veral bekend as Oom Karoolus en Lente. Hulle bedien by ge­meentes, jeugweke, kleuterskole en laerskole, kunste­feeste en kinderteatergeleenthede. Hulle vervaardig en bied ook radio- en televisieprogramme aan, en hulle jarelange program, Maranataland, word gereeld op Christelike radio- en televisiestasies gehoor en gesien.
Publikasiedatum: 2018-10-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.