●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: P.J. Schoeman

Results 1 to 13 of 13
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301035

Nie-fiksie / Non-fiction: Reis, Kaarte & Toerisme / Travel, Guides & Maps

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Reis, Kaarte & Toerisme / Travel, Guides & Maps
R 170
Wanneer PJ Schoeman tydens 'n jagtog na die Kaokoveld in die destydse Suidwes-Afrika reis, is dit die begin van 'n onverwagse verkenning van die gees. Sy aanvanklike soektog na 'n wilde perd verander spoedig in 'n simboliese reis: 'n Soeke na wat eg, ongeskonde en ongebonde is. Sy roete kruis met dié van 'n inheemse stam wat hom op ver paaie lei en die misterie en romantiek van hul bestaan aan hom ontbloot. Hy beleef die wilde dans van die bloubokkie, hoor die rou weeklag van die leeu en sien die trane van die eland. Hy ontmoet ook vir Tjimaka, die vrou met heimwee in haar oë, en besin oor die stadsmens se verlies aan eenvoud.

Schoeman se teks voer lesers mee na plekke waar die natuurkind se stem eens langs die vuur opgeklink het, maar nou deur die wind weggewaai is. Saam met die jagter gaan oë en harte weer oop vir die veld en diere en word daar nagedink oor wat werklik van waarde is in die lewe.

PJ Schoeman is bekend vir sy jagstories. Hierdie is weer 'n boek waar hy vertel van ondervindinge tydens 'n jagtog in die ou Suidwes-Afrika, maar dit is nie net gewone stories nie. Die simboliek agter die vertellinge maak van hierdie boek iets besonders.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192228

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 170
Vir twee broers om saam-saam hul eie potjie te begin krap, is nie kinderspeletjies nie - veral nie in 'n nog ongetemde binneland waar leeus en jakkalse, luiperds en hiënas die oorhand het nie. Maar wanneer oom Fanie se plaas te klein word vir al sy seuns, is dit presies wat Martiens en Piet te doen staan: uitspring en hul eie plaas van die grond af opbou. In dié proses, trotseer hulle heelwat uitdagings: roofdiere, harde werk, moeilike keuses en grootword.
Publikasiedatum: 2011-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192259

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Wanneer Sakkibiaan, 'n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal terwyl sy familie deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats, Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie, met sy mooi hart, graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak!
Publikasiedatum: 2010-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192242

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 170
R 69Jy spaar R 101
Twihi, 'kind van die winde' is oud genoeg om 'n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans 'sien jy 'n vrou mooiste aan haar spore'.
Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood.
Publikasiedatum: 2009-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192266

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 175
'In die lewe vind ons hier en daar die gebore swerwers, persone vir wie 'n huis net 'n plek is om nou en dan in te rus. Dan is dit weer die vertes wat roep, die onbekende wat lok. Die moeder of beminde pleit vergeefs, want die man met 'n swerwersiel kan homself nie help nie. Wanneer die stem roep, moet hy gaan ...'
Publikasiedatum: 2009-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192198

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog 'n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke figureer daar weer 'n sterk Afrikamens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is 'n belangrike tema in hierdie verhaal.
Publikasiedatum: 2009-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192211

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Vir Fanie, Japie en Piet 'is daar twee groot ideale in die lewe: om saam met hul pa Bosveld toe te gaan en om eendag saam met hom oorlog toe te gaan'. Uit die bloute daag oom Gert by hulle huis op en vra Fanie se pa om saam te gaan jag in die Bosveld. Die seuns kan beswaarlik hulle geluk glo toe oom Fanie aankondig dat hulle mag saamgaan.
Publikasiedatum: 2008-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192204

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
Hierdie boek is die tweede in die gewilde Fanie-trilogie en volg op Fanie se veldskooldae. Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur.
Publikasiedatum: 2008-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825809

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 170
Voordat die veldseun Piet Schoeman wildbewaarder geword het, het hy gedink dat die lewe van 'n wildbewaarder die ene aksie sal wees. Toe hy aangestel word as hoofwildbewaarder van die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika, was dit net die plek waar hy sy onbedwingbare avontuurlus kon uitleef.

Die gelyk wêreld van gras en lae bossies, met orals troppies naderende wild, het vir hom 'n oneindige bekoring ingehou. Wanneer die oop ruimtes roep, kon hy nooit teruggehou word nie.
Publikasiedatum: 2007-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191733

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 195
'Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te draai.' Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse vriende aangedurf het.
Publikasiedatum: 2007-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191351

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 170
'n Ervare jagter word toegelaat om 'n geheime jagekspedisie van die Zoeloekoning te vergesel op 'n groot soektog na die kragtige bestanddele vir die inkatha yezwe (koninklike medisyne).
Publikasiedatum: 2007-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191344

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan leer.

En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas: Hy moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef.

Publikasiedatum: 2006-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825816

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
P.J. Schoeman se naam was vir geslagte Afrikaanslesers sinoniem met verhale waarin natuurkennis en natuurgevoeligheid saampraat. Vir diegene wat as jong lesers met Schoeman kennis gemaak het, sal die lees van hierdie hersiene heruitgawe 'n nostalgiese ervaring wees - 'n erfenis om aan vandag se jong lesers oor te dra, en hulle aan dié wat ná hulle sal kom.
Publikasiedatum: 2006-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.