●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Saamgestel

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384758

Nie-fiksie / Non-fiction: Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games
R 100
R 90Jy spaar R 10
Moet jy soms naarstig na jou bril soek voor jy blokraaie invul? Ná die sukses van die Grootdrukbloraai nr. 1 is hier nou nóg 27 blokraaie: Ons tweede grootdrukblokraaiboek!
Grootdrukblokraaie nr. 2 beloof, nes sy voorganger, om ure se woord- en raaisel-genot te verskaf, sonder dat jou oë onnodige stremming voel. Die boek het dieselfde bestandele as ʼn gewone blokraaiboek - al verskil is dat jy nooit weer hoef te sukkel om te sien wat in die klein blokkies staan nie. Elke blokraai en elke leidraad is twee keer so groot! Wie weet? Miskien hoef jy nooit weer jou bril nader te trek as jy blokraaie invul nie!
Publikasiedatum: 2018-10-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799371604

Nie-fiksie / Non-fiction: Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games
R 100
R 90Jy spaar R 10
Dis 'n ou, bekende gevoel: Jy brand om jou blokkiesraaisel in te vul, maar kan om die dood nie uitmaak wat in daardie blokkies staan nie, maak nie saak hoe ver of hoe naby jy die boek hou nie! Hier is nou uiteindelik 'n oplossing, en dit het niks met 'n bril uit te waai nie: Ons eerste grootdrukblokraaiboek!
Grootdrukblokraai is 'n bielie van 'n blokraaibundel. Dit bevat al die heerlike bestanddele van jou gunsteling-blokraaiboeke, behalwe vir een ding: Elke blokraai en elke leidraad is twee keer so groot! Nou kan jy die blokraaie met gemak lees en invul sonder om jou oë te vermoei. Dalk doen jy dit nog sonder jou bril!
Die boek bestaan uit 27 woordraaisels wat jou brein sal laat uitdaag, maar nooit jou oë nie.
Publikasiedatum: 2018-05-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174091

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Luan Serfontein
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
R 158Jy spaar R 17
Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens . . . skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou?

Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare laat regop staan en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd wil lui . . .
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868426263

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 195
R 176Jy spaar R 19
Herman Lategan is 'n flaneur van Seepunt. Wanneer hy voetslaan in die strate is hy 'n toeris in die demi-monde, 'n landskap van vlees en bloed. Hy swerf tussen bergies, dwergies, fopdossers, kerkmuise, nagblomme, laventelhane en ontheemdes. Hy lê die mens en homself tot op die been bloot.
Die karakters in sy stories, almal ongelooflik en eg, is almal van ons. Vroue wat swaar dra aan die verlies van blink verledes. Jong mans wat kaalbolyf dagga rook in Houtbaai, waar die 'skyn van voorstedelike rustigheid' die res van ons flous, maar nie vir Herman nie, want hy sien onder die oppervlak 'gluip iets wilds, soms sinister, maar ook opwindend.' Hy het 'n oog vir wat fout en uit plek en koddig en belaglik en mooi is, en vir wat snaaks en bisar is.
Lesers van Rapport het lank gevra vir 'n versameling van die beste rubrieke uit Herman se weeklikse Woorde wat wip. Hier ís hulle nou, oordeelkundig gekeur deur Amanda Botha. As pasella is daar 'n tweede afdeling: 'n poespas van sy sielvolle, melancholiese stories.
Danksy sy eiesoortige taalgevoel, verontrustende derde oog, aweregse blik op randeiers, en fyn humoristiese vergrootlas op die lewe, is elke vinjet 'n chiaroscuro van sonlig en donkermaan. Hierdie tydlose bundel kan jy stadig en sorgsaam soos 'n literêre smulpaap verorber. Lanklaas was daar sulke eensame beskrywings van die mens se oerverlange.
Publikasiedatum: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.