●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Samesteller

Results 1 to 15 of 31
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396195

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 280
R 224Jy spaar R 56
Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat 'n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na 'n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde. Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners. Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”
In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor 'n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en 'n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.

Alet Law is die nuusbrief- en leserbetrokkenheidsredakteur by News24 en voormalige meningsredakteur. Sy het 'n PhD in politieke kommunikasie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.
Publikasiedatum: 2020-10-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180665

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 290
R 261Jy spaar R 29
'n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue - en vir almal wat rondom en met vroue leef.
Lees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek.
Die digters skryf intens en onbeskroomd oor die liefde en die lewe, oor die hoogspanning van erotiek, oor die onkant vang van ouderdom en die
dood.
In die gedigte klink die ritme van 'n hartklop op, die voetval van leef.
Dit neem die leser saam op reis: oor kruine van hartstog en langs paaie van ontnugterings, versugtings, verwensings en verwesenlikings.
Dié keur soos uitgesoek deur Karen de Wet kyk met 'n vroulike blik: die heelal beskou deur die oë van 'n vrou. Dit is 'n bloemlesing om
aan te gee vir 'n vriendin of 'n suster, vir ma's en vir dogters, vir geliefdes - omdat ons almal 'n bietjie so is, en ook nié so is nie.
Publikasiedatum: 2020-06-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396126

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
R 225Jy spaar R 25
'n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade
Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk - dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd 'n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.
In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme - van lewensredder tot moordwapen. Daar's komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.
Die samesteller van die bundel is Lizz Meiring, aktrise, vervaardiger, skrywer en selferkende plesiervraat, hedonis en sjokolis. Van die bydraers tot hierdie bundle sluit in: Jak de Priester, Johann Smith, Gielie Hoffmann, Henque Heymans, Lizette Murray, ens.
Publikasiedatum: 2020-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396256

Nie-fiksie / Non-fiction: Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games
R 180
R 162Jy spaar R 18
Maak jou potlood skerp vir die opvolg van die blokraaitreffer 100 beste blokraaie van 10 jaar!
Is jy reg vir die opvolg van die blokraaibonanza 100 beste blokraaie van 10 jaar? Dan het ons goeie nuus vir jou! Die opvolg van dié blokraaitreffer, getiteld 100 beste blokraaie van 10 jaar II, is nou beskikbaar! Trek jou pen nader en wys hierdie 100 blokraaie wie's baas!
100 beste blokraaie van 10 jaar II is die tweede bielie van 'n blokraaibundel uit die immergewilde en topverkoperreeks 50 blaaskansblokraaie. Hierdie splinternuwe samestelling beloof, nes sy gewilde voorganger, ure se woordplesier en kopkrap.
Slyp jou tande en maak jou potlood skerp vir nog 100 heerlike woordraaisels!
Publikasiedatum: 2020-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397116

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
R 180Jy spaar R 20
Hierdie bundel bevat kortverhale van 'n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …

Word iemand wat verdrink in stories …
Iemand wat verdrink.
Iemand met 'n donker gewete.
Iemand wat 'n vloekwoord hoor.
Iemand wat nie kan sien nie.
Iemand wat oranje word.
Iemand wat gesond eet vir Instagram likes.
Iemand wat klippe en klappers gooi.
Iemand in swart en wit.
Iemand wat beheer verloor.
Iemand wat 'n boot vir sy pa bou.
Iemand wie se lewe verfrommel.
Iemand wat vir die eerste keer gim toe gaan.
Iemand wat reëls maak en wraak neem.
Iemand wat begrafnis blomme kry voor hy sterf.
Iemand en haar ouma en 'n klomp befoeterde vroue.
Iemand wat na appels ruik.
Iemand wat, die vet weet, klaar is met koolsop.
Iemand wat zombies skiet.
Iemand vir wie mieliepap soos armoede smaak.
Iemand wat op banke duik.
Iemand wie se skooltas wegraak.
Iemand wat ongelukkig 'n gelukkige trekking wen.
Iemand wat 'n nuwe hart kry.
Iemand met 'n stert.
Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.


Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook 'n visuele kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al 'n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.
Publikasiedatum: 2019-10-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795801655

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 275
R 248Jy spaar R 27
Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed.
Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe - op skool én universiteit, selfs oorsee - deur 'n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer.

Skink 'n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!
Publikasiedatum: 2019-03-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426295

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 240
R 216Jy spaar R 24
In hierdie versamelbundel is daar 'n groep uiteenlopende mense gevra om elk 'n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van 'n Bybelteks.
Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of 'n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met 'n teks verbind kan word. Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wêreldse bestel. Kom ons luister met 'n oop gemoed na mekaar. Dán staan ons 'n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel.

Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdie projek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croukamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Karin Brynard,Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lätti en Luke Alfred.
Publikasiedatum: 2018-10-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426271

Fiction: Poetry, Drama & Plays

Fiction  -  Poetry, Drama & Plays
R 201
R 181Jy spaar R 20
AVBOB launched the 2018 Poetry Project and the results were incredible!
Poets submitted words of loss and consolation in all 11 mother tongues. Editors in all languages were carefully selected to curate the collection of poems entered, and they too were transformed by the process. This is a poetry portal for all South Africans - a cathartic space where amateur and accomplished poets can use their craft to comfort others. There are also some of South Africa's most well-known and awarded poets who also contributed, Antjie Krog and Danie Marais among others.

AVBOB het die 2018 Digbundelprojek geloods en die respons was ongelooflik! Digters het woorde van verlies en vertroosting in al 11 landstale ingeskryf. Redakteurs in alle tale is met sorg uitgekies om met die versameling gedigte wat ingeskryf is te werk en hulle was self aangeraak deur die proses. Hierdie is 'n digkuns-portaal vir alle Suid-Afrikaners- 'n ruimte vir katarsis waar amateur- en gevestigde digters hul kuns kan gebruik om ander te vertroos. Daar is ook van Suid-Afrika se mees bekende en bekroonde digters wat ook bydraes gelewer het, onder andere Antjie Krog en Danie Marais.
Publikasiedatum: 2018-05-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426127

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 220
R 198Jy spaar R 22
Elsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self 'n gewilde en bekroonde Afrikaanse skrywer, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter
ook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf.
Sy sou hierdie jaar haar 80ste verjaarsdag gevier het. Hierdie is 'n herdenkingsbundel.

Vir die uitsonderlike wyse waarop sy kinder- en jeugliteratuur in Suid-Afrika bevorder kry sy verskeie spesiale toekennings:
Die Potchefstroomse Stadsraad vereer haar in 1990 met 'n Gratia-toekenning,
Die Potchefstroomse Universiteit vir CHO gee in 1993 'n erkentlikheid-oorkonde aan haar
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer haar met 'n besondere erepenning in 1993.

Hierdie is 'n versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar,
Elsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom- en haar uitmergelende siekte.

Die gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is 'n maand vroeër geskryf.
Publikasiedatum: 2018-04-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798170284

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
R 149Jy spaar R 16
'n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na 'n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op 'n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer - maar met 'n heerlike moderne kinkel.
Publikasiedatum: 2017-11-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308638

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 200
R 180Jy spaar R 20
Met Adam Small se oorlye op 25 Junie 2016 het daar 'n einde gekom aan die lewe van 'n unieke mens en 'n unieke oeuvre: 'n digter, dramaturg en denker met besonderse insig in die aktualiteite van sy tyd. Hoewel die toekenning van die Hertzogprys aan Small in 2012 en die gepaardgaande publisiteit daarrondom die idee vir 'n huldigingsbundel by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns laat ontstaan het, was dit Small se dood wat die deurslag gegee het om dié publikasie te verwesenlik: Wanneer 'n kunstenaar sterf en sy stem vir ewig verstom het, bied dit immers die geleentheid om oorkoepelend oor die geheel van sy kunstenaarskap te besin.

Die bydraes in hierdie bundel dra die ondertoon van 'n afsluiting, 'n terugblik op die mens en kunstenaar Adam Small, met temas soos die toekoms van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde, die uitbreidende rol van Kaaps, en sosiale vraagstukke soos bendegeweld en armoede. Mense wat Small van naby geken het is hier aan die woord saam met literatore en kollegas uit die maatskaplikewerk-omgewing waarby Small lewenslank betrokke was. Adam Small: Denker, digter, dramaturg - 'n Huldiging hoef nie as afsluiting van die gesprek oor Small se lewe en werk beskou te word nie - inteendeel: Dit bied juis ook geleentheid om die oorkoepelende blik oor Small se kunstenaarskap as inleiding tot verdere ondersoek te benut.
Publikasiedatum: 2017-11-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624081913

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Astrid en Nadia Blumer
Kinders  -  Versamelbundels
R 195
R 176Jy spaar R 19
Hierdie liedjieboek bestaan uit 40 versies uit die gewilde Rympies vir pikkies en peuters, deur Gertie Smit getoonset. Die boek bevat musieknotasie en 'n kleurillustrasie per liedjie en is volgens opvoedkundige vereistes vir die ouderdomsgroep (1 tot 3-jariges) saamgestel. Elke liedjie word op CD, wat saam met die boek verpak is, vertolk.
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082644

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 280
R 252Jy spaar R 28
Nuwe stemme gee vir die varsste, nuutste stemme in Afrikaans 'n plek om hulself te laat hoor. Die sukses van die projek kan gesien word in die vorige deelnemers wat nou gevestigde skrywers is: Ronelda Kamfer, Gilbert Gibson, Loftus Marais, Kirby van der Merwe en Tom Dreyer en vele meer. Hierdie uitgawe word saamgestel deur Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers. As jy wil weet hoe lyk die skrywers van die toekoms, lees Nuwe stemme 6.
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920188535

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 399
R 359Jy spaar R 40
Hierdie lywige bundel van sowat 700 bladsye is deur Heilna du Plooy saamgestel uit briewe van Elize Botha en verskeie skrywers en ander bekendes. Skrywers en digters soos Audrey Blignault, Hennie Aucamp, NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en baie ander het met Botha gekorrespondeer. Party briewe is diep ontroerend, ander laat jou hardop lag en 'n klompie lees jy herhaaldelik om die besonderse insig daarin. Die briefskrywers skets die klein en groot gebeure in hulle lewens, deel hul menings oor boeke en mense en vertel van die dinge wat hul lewens moeilik of vreugdevol maak. Dit is 'n intieme teks wat by baie lesers byval sal vind.
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320360

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 220
R 198Jy spaar R 22
Van 'n vrou word in vandag se wêreld baie verwag. Ons is ma's, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne én steunpilare. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou.
Publikasiedatum: 2017-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.