●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Samestelling

Results 1 to 15 of 49
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623624

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 349
R 314Jy spaar R 35
Ons seuntjie se eerste jare is ideaal om mylpale en spesiale oomblikke van jul kleinding se eerste jare vas te vang.
Koester spesiale herinneringe soos die ooievaarstee, baba se eerste dag by die huis en julle eerste vakansie saam. Daar is baie plek vir foto's asook plek om jou eie gebed vir jou kind neer te skryf.
Jy kan ook kosbare kleinode bêrein die sakkies wat spesiaal daarvoor gemaak is.
Sponsgevulde hardeband
64 volkeur-bladsye
Twee sakkies vir aandenkings
Twee koeverte vir jul kleinding se hospitaalbandjie en eerste haarlok
Publikasiedatum: 2020-03-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623143

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 349
R 314Jy spaar R 35
Ons dogtertjie se eerste jare is ideaal om mylpale en spesiale oomblikke van jul kleinding se eerste jare vas te vang.
Koester spesiale herinneringe soos die ooievaarstee, baba se eerste dag by die huis en julle eerste vakansie saam. Daar is baie plek vir foto's asook plek om jou eie gebed vir jou kind neer te skryf.
Jy kan ook kosbare kleinode bêrein die sakkies wat spesiaal daarvoor gemaak is.
Sponsgevulde hardeband
64 volkeur-bladsye
Twee sakkies vir aandenkings
Twee koeverte vir jul kleinding se hospitaalbandjie en eerste haarlok
Publikasiedatum: 2020-03-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178082

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 350
R 315Jy spaar R 35
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is 'n viering van verskeidenheid. Dit bied 'n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950's die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie.
Publikasiedatum: 2019-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622719

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 199
R 179Jy spaar R 20
'n Jaar se oordenkings wat vroue sal lei na vrede en rus in God se teenwoordigheid.
In die drukte van die lewe is dit dikwels moeilik om net stil te word en een van God se kosbaarste geskenke te ontvang - rus en verkwikking vir jou siel.
My stiltetyd-oordenkings is 365 rusplekke op die geloofspad met oordenkings gebaseer op elke hoofstuk van die Nuwe Testament. Die klassieke of Skrifgebed aan die einde van elke week tesame met ruimte om gedagtes neer te pen, sal vroue God se vrede dieper laat ervaar en hulle stiltetyd meer betekenisvol maak.
Die oordenkings in My stiltetyd-oordenkings verseker sal vroue verseker dat hulle nooit alleen is nie - God is by hulle, hulle is vir Hom kosbaar en Hy wil hulle lei na waters waar rus is en hulle nuwe krag gee.
Publikasiedatum: 2019-07-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799391084

Leermiddels: Leesboeke

Leermiddels  -  Leesboeke
R 175
R 158Jy spaar R 17
Stories wat jy soos 'n ster in jou sak kan saamdra.

Nuwe stories.

Ou stories.

Stories oor bekende mense.

Stories oor mense soos ek en jy.

Stories wat jou sal laat lag …

of jou hartseer sal maak.

Stories wat jou anders na die wêreld sal laat kyk.

Stories wat jy soos 'n ster in jou sak met jou kan saamdra.

Tussen die bladsye van hierdie kortverhaalbundel is 'n wonderwêreld van stories wat wag om ontdek te word. Hierdie opwindende bundel bevat 21 stories deur bekende skrywers soos Martie Preller, E.K.M. Dido, Fanie Viljoen, Anzil Kulsen, Christo Davids, Wendy Maartens, Erns Grundling, P.J. Haasbroek, Vincent Oliphant en Zulfah Otto-Sallies.

Inhoud

“'n Pa vir Saterdag” - Christo Davids

“Enoch Sontonga, 'n man met 'n lied in sy hart” - Wendy Maartens

“Sjabloon” - E.K.M. Dido

“Nomsa en die reënbul” - Wendy Maartens

“Bodyguards” - Anzil Kulsen

“Groot dag” - Christine Barkhuizen le Roux

“Jock van die Bosveld” - Wendy Maartens

“'n Ster in haar sak” - Martie Preller

“Max die gorilla vang 'n skurk” - Wendy Maartens

“'n Leë kamer” - Zulfah Otto-Sallies

“Kaalvuis teen tonne rots” - Wendy Maartens

“Die broodwinner” - P.J. Haasbroek

“Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop” - Wendy Maartens

“'n Bordjie vergifnis” - Joanna Alexander

“Die krieketkolf” - Erns Grundling

“Die leeu wat drukkies gee” - Wendy Maartens

“Die beursie” - Vincent Oliphant

“Johnny Hollywood” - Christo Davids

“Nelson Mandela, 'n leier so na ons hart” - Wendy Maartens

“Altyd vierde” - Fanie Viljoen

“Alles op 'n Sondag” - Zulfah Otto-Sallies

'n Ster in haar sak en ander verhale is goedgekeur as voorgeskrewe werk vir Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 11. Die boek bevat volledig uitgewerkte vrae en antwoorde, asook inligting oor die skrywers, opsommings van die verhale, en besprekings van die literêre aspekte van elke verhaal.

Standard delivery terms apply.
Publikasiedatum: 2019-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799393361

Nie-fiksie / Non-fiction: Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games
R 180
R 162Jy spaar R 18
Slyp jou tande en maak jou potlood skerp!
Is jy verslaaf aan blokraaie en kan nie genoeg daarvan kry wanneer jy jou skoene uitskop om te ontspan nie? Dan is hierdie dié blokraaiboek vir jou!
100 beste blokraaie van 10 jaar is 'n bielie van 'n blokraaiversameling. Die boek bevat 'n keur van die 100 beste blokraaie uit die immergewilde en topverkoperreeks 50 blaaskans blokraaie. As jy 'n onrehabiliteerbare blokraaislaaf is of só iemand ken, gaan hierdie bundel jou eindelose plesier verskaf - of jy nou luilekker op die strand lê of rustig tuis uitspan.
Kan jy die versoeking weerstaan om die antwoorde agter in die boek te gaan opsoek?
Slyp jou tande en maak jou potlood skerp!

Hierdie boek bevat 'n samestelling uit blokraaiboeke wat voorheen deur LAPA gepubliseer is. Dit bevat 100 van die beste blokraaie uit die vorige blokraaiboeke.
Publikasiedatum: 2019-04-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619054

Christelik - Kinders: 6 tot 8 jaar

Christelik - Kinders  -  6 tot 8 jaar
R 190
R 171Jy spaar R 19
'n Bybelstorieboek wat jong dogters alles leer van die dapper en godvresende vroue in die Bybel.

Die opwindende stories in Bybelstories vir dogters tesame met die lewendige illustrasies is 'n prettige manier om jong meisies tussen 6 en 10 jaar aan dapper en godvresende vroue in die Bybel bekend te stel.

Hierdie Bybelstorieboek gee 'n kykie in die lewens van inspirerende vroue soos Rut, Ester, Maria en nog vele meer. Elke karakter word op 'n eenvoudige manier aan dogters bekendgestel, terwyl die stories verder verryk word met historiese feite en agtergrondinligting oor die karakter

Dogters se geloof sal versterk word terwyl hulle lees hoe die verskeidenheid karakters deur God se liefde en genade hulle twyfel en vrees oorkom het om te doen wat God vra. Die eenvoudige taalgebruik maak die stories maklik om te lees en te verstaan, en is daarom die ideale Bybel vir jong meisies.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Stories for Brave Girls
Publikasiedatum: 2019-03-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621699

Christelik / Christian: Dagstukke - Mans / Devotionals Men

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Mans / Devotionals Men
R 155
R 140Jy spaar R 15
Bybelbeloftes vir elke man belig kragtige beloftes in die Bybel en sal elke man in enige situasie van sy lewe bemoedig, versterk en lei. Dié boek, met sy klassieke tweekleur-ontwerp van swart en metaalgoud, bied meer as 30 temas oor relevante onderwerpe soos voorsiening, rus in tye van uitputting, wysheid, gebed en 'n lewe met 'n doel vir God. Elke onderwerp sluit 'n kort oordenking en 'n gebed in.
Publikasiedatum: 2019-03-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622023

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 180
R 162Jy spaar R 18
101 praktiese lysies om vroue te help om die beeldskone sterk vroue te word soos God dit bedoel het.
Lysies vir die lewe ... vir vroue bevat 101 inspirerende lysies wat ontwerp is om vroue te help om die beste weergawe van hulleself te word. Ingesluit is idees vir joernaalinskrywing, inspirerende Bybelverse en aanhalings.
Temas sluit in: om vrede te vind, 'n positiewe lewensuitkyk, bou jou selfvertroue, word 'n gebedskryger, vestig 'n gesindheid van dankbaarheid en slim tydsbesteding. Lysies vir die lewe ... vir vroue is 'n kosbare geskenk vir vroue van alle ouderdomme.
Publikasiedatum: 2019-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431620050

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 140
R 126Jy spaar R 14
Skrifbeloftes gekombineer met kragtige aanhalings deur bekende outeurs sal elke vrou se hart seën met hoop en vreugde.

Beloftes van God vir vroue sal elke vrou se siel verkwik en vul met hoop en vreugde wanneer sy tot die Here nader vir bemoediging, raad en vertroosting. Die temas soos aanmoediging, dankbaarheid, teleurstelling, wysheid en vele meer is alfabeties gerangskik vir vinnige naslaan. Die Skrifbeloftes word ook gekomplementeer met kragtige aanhalings deur bekende persone soos Charles Swindoll, moeder Teresa, Billy Graham en ander.

Hierdie pragtige geskenkboekie beloof om vroue te bemoedig en te inspireer in hulle daaglikse wandel.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Women
Publikasiedatum: 2019-01-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620777

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Peuters se eerste kennismaking met die bekende Bybelstories van Noag se ark met skuifstukkies.

Peuters is nuuskierig en leergierig en hou van alles wat beweeg. Hierdie eienskappe word wonderlike ingespan in die My eerste skuif-en-speel-boekie, Noag se ark.

Hierdie bekende Bybelstorie word eenvoudig oorvertel en is interaktief met legkaartstukkies wat maklik op en af en van links na regs kan skuif. Hierdie oulike storie sal selfs die klein-klein hartjies se aandag vasvang.



Ook beskikbaar in Engels onder die titel Noah's Ark Slide and Play Book
Publikasiedatum: 2018-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799382884

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 100
R 80Jy spaar R 20
Woelige weeksdae wat fyn verdeel word tussen werk, skool, sport en huiswerk beteken nie dat aandete moet bestaan uit gebakte boontjies op roosterbrood nie. 50 Prutpotgeregte wys vir jou hoe om met behulp van jou prutpot (slow cooker) en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke en selfs poeding kan gaarmaak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.
Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.
Die resepte bestaan uit treffers soos:
Hoender-en-rooiwynstowe met kruiekluitjies
Romerige Sweedse frikkadelle
Gevlokte beesvleis
Koolrolletjies
Murgpampoentjiesop
Hongaarse ghoelasj
Italiaanse varkboud
Geurige biefkerrie
Sjokoladekoek
Sjokolade-en-grondboontjiebotterpoeding

50 Prutpotgeregte gee ook wenke oor hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.
Publikasiedatum: 2018-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799382976

Nie-fiksie / Non-fiction: Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games
R 100
R 90Jy spaar R 10
In vandag se gejaagde lewe is dit uiters belangrik om 'n gesonde balans tussen werk en ontspanning te skep. Om tyd te maak vir aktiwiteite wat jou 'n blaaskans gee is nie 'n luukse nie, dit is 'n noodsaaklikheid.
50 Blaaskansblokraaie bied aan woordraaisel-liefhebbers die geleentheid om jou skoene uit te skop, 'n koppie koffie te maak, 'n potlood op te tel en jou gunstelingtydverdryf te beoefen. Die boek bestaan uit 50 woordraaisels wat jou sal uitdaag, laat kopkrap en jou tone sal laat krul van lekkerkry.
Publikasiedatum: 2017-12-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799382853

Nie-fiksie / Non-fiction: Kookboeke / Food & Drink

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Kookboeke / Food & Drink
R 100
R 80Jy spaar R 20
Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie - hoender is maklik om voor te berei en 'n ekonomiese keuse vir elke gesin.
50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied.
Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.
Die resepte bestaan uit treffers soos:
- Blatjanghoender
- Oros-hoender
- Hoenderbobotie
- Romerige hoender-stroganoff
- Pikante hoender-en-lensiesop
- Pynappelhoender
- Hoender-en-brokkoli
- Hoendersamoesas
- Appelkoos-en-hoenderpotjie
Publikasiedatum: 2017-10-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799382891

Nie-fiksie / Non-fiction: Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Blokraaisels & Speletjies / Crossword Puzzles & Games
R 95
R 86Jy spaar R 9
In vandag se gejaagde lewe is dit uiters belangrik om 'n gesonde balans tussen werk en ontspanning te skep. Om tyd te maak vir aktiwiteite wat jou 'n blaaskans gee is nie 'n luukse nie, dit is 'n noodsaaklikheid. 50 Blaaskansblokraaie bied aan woordraaisel-liefhebbers die geleentheid om jou skoene uit te skop, 'n koppie koffie te maak, 'n potlood op te tel en jou gunstelingtydverdryf te beoefen. Die boek bestaan uit 50 woordraaisels wat jou sal uitdaag, laat kopkrap en jou tone sal laat krul van lekkerkry. 50 Blaaskansblokraaie 10 is die tiende in die reeks.
Publikasiedatum: 2017-08-31

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.