Soek resultate: Schalkie van Wyk

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624083641

Fiksie: Romanses

R 90
Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Hulle is jong, gekwalifiseerde joernaliste en benodig lewenservaring en genoeg geld om die pot aan die kook te hou. Die skilderagtige kusdorpie Silwersee is net die regte plek om dit te doen.
Lani wens haarself nou al jare lank geluk omdat geen man nog daarin kon slag om haar gedissiplineerde emosies te versteur nie. Dokter Jan-Erik van Eeden met sy onbetwisbare selfversekerdheid is egter die oorsaak van onbekende sensasies. Dié donkerkopman met die silwergrys oë laat haar siel nie met rus nie en Lani hou nie daarvan om nie in beheer te voel nie.
Hoekom beveel tant Marcia boonop vir Lani om nie vir haar ma van Jan-Erik se teenwoordigheid te vertel nie? Wat het jare gelede tussen die Van Eedens en die Taljaards skeefgeloop?
Publikasiedatum: 2017-12-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624083528

Fiksie: Romanses

R 199
R 159Jy spaar R 40
Publikasiedatum: 2017-10-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624074670

Fiksie: Romanses

R 245
R 69Jy spaar R 176
Lokstem van die liefde
Die liefde oorwin
Man van lig en skadu

Lokstem van die liefde: Louise Barnard besef dat Eben Griesel nie met haar gaan trou nie. Sy gee pad na Rheedersdorp. Maar sy hou nie rekening met Lafras de la Rey nie.

Die liefde oorwin: die student Ilse Brink wil met 'n ryk man trou om vir haar behoeftige ouers te kan sorg. Maar haar vriend, Henk Retief, hou Ilse dop.

Man van lig en skadu: Petri Aucamp ontmoet vir Hougaard Reyneke by 'n partytjie. Is hy aan bedorwe Nicolette beloof?
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624080862

Fiksie: Romanses

R 90
Erika Strauss wil begin om sielkunde te praktiseer, maar skielik is haar eie psige vir haar 'n raaisel. Dis die aantreklike man wat sy in die bure se tuin aangetref het wat haar kop so deurmekaarkrap. Wat sou haar besiel het om die wildvreemdeling te soen en dit boonop te geniet? Wie is hy en waarheen het hy verdwyn? Toe 'n ou vriend kom aanklop vir hulp om sy vrou se irrasionele vrese te besweer, vertrek Erika na 'n Kaapse blomplaas, min wetend dat "Moos" weer haar pad sal kruis . . .
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624080107

Fiksie: Romanses

R 245
Môre bring 'n nuwe daeraad
Gevangene van gister 
Iemand soos jy.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624076742

Fiksie: Romanses

R 90
As prinsipale moet Sandri Blanchet haar waardig gedra. Maar toe Marko Waalstra beskuldigings rondslinger, vergeet sy van protokol terwyl die vonke spat. Hy is besorg oor sy susterskind wat met Sandri se halfbroer uitgaan en stel voor hulle moet mekaar beter leer ken ter wille van die tweetjies, maar Sandri skop tee. Mettertyd sien sy 'n sjarmante sy van Marko. Maar toe 'n anonieme brief Marko se identiteit in twyfel trek, is Sandri nog meer onseker oor haar gevoelens vir hom . . .
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624072881

Fiksie: Romanses

R 100
Jana Richter sien om na haar jonger broer en suster terwyl haar skatryk ouers oorsee reis. Sy vind egter gou uit dat haar ouers heimlik finansiële probleme ondervind. Om sake te vererger, maak die bedrieglike Barry Dreyer 'n oorlas van homself. Gelukkig ontmoet Jana vir sakeman Wilhelm Hoffmann wat haar bystaan wanneer 'n tragedie haar gesin tref.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624067948

Fiksie: Romanses

R 100
Waar jong verpleegster Maryna langs die pad vasgeval het met 'n stukkende waaierband, is die orige motorfietsman wat wil kom help die laaste ding waarvoor sy lus het. Teen haar beterwete laat sy tog toe dat Christiaan haar op sy motorfiets laai en haar uit die reenstorm help. By sy tuiste Neckershoogte gekom, moet sy ontdek dat sy deur die stormwaters vasgekeer is op die opstal, alleen met Christiaan. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy's dadelik bakvissie oor die mooie, sjarmante man.
Maar dis net 'n oornag-vertoef op Neckershoogte, en die volgende dag gaan Maryna op vakansie. Of dit was die plan, maar Maryna se ma breek aan haar die nuus dat sy dadelik Durban toe moet vlieg om haar moontlik seniele oupa se kaskenades te gaan vasvat. Bitter onwillig vat sy die pad - maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban, besig om te veg vir sy erfreg. Haar oupa se sports met die slinkse weduwee is skynbaar hulle albei se probleem, en Maryna sien al hoe dit enige verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor . .
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624057680

Fiksie: Romanses

R 100
Kayla se studies is afgeloop en sy keer bly terug na haar geliefde tant Annelize en hul huishoudster, ta Trynie, by Huis Kanferfoelie. Sy's egter nie die enigste nuwe aankomeling nie: Hul nuwe bure is 'n spul hippies met ongelooflik raserige motorfietse, en onder hulle is daar een met taankleurige oë soos 'n arend . . . Kayla en haar motortjie maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie?
Dan is dit die een drama ná die ander: Tant Annelize verseg dat Briand ooit sy voete in haar huis mag sit, want sy 'weet' kwansuis hy sal Kayla se lewe verwoes; die huis aan hul ander kant van die hippies word betrek deur 'n immer-repeterende band; en Kayla leer boonop dat Briand nooit ooit wil trou nie.
Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand nie dalk iets daarmee te doen nie? En watter tragiese geheime skuil in haar tante se liefdeslewe?
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624054771

Fiksie: Romanses

R 235
Drome van liefde:
Êrens is daar liefde:
Vlam van verlange
Publikasiedatum: 2012-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799351583

Fiksie: Romanses

R 70
'n Ryk meisie en 'n ryk man is al twee bang vir fortuinsoekers wat van liefde niks verstaan nie. Daar is vertroue, want geld is nie 'n motief nie. Maar hoe lank kan 'n skynhuwelik duur ...?
Publikasiedatum: 2011-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development