●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Solet Scheeres

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354887

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 300
Spel-, aktiwiteits-, lees- en gespreksidees vir all ouderdomsgroepe 'n Toeganklike gids en aktwiteitsboek wat ouers, familie, onderwysers en vriende van kinders van alle ouderdomsgroepe sal help om met verlies om te gaan en dit te verwerk. 'n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel. Selfs as 'n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog 'n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou. Die dood van hetsy 'n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander 'n kind se lewe dramaties en kan sy nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf. Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit. Dié boek bevat wenke, idees en 'n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys 'n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes 'n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk. Die boek is spesifiek vir geskryf vir die Suid-Afrikaanse konteks.
Publikasiedatum: 2022-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353477

Children: Fiction 10 to 12

Children  -  Fiction 10 to 12
R 170
Nothing exciting ever happens in the town of Kraaipan. Especially not to Martjie, who lives on a farm nearby. But when Bertus Botha dares Martjie to climb on the Mafikeng train and peep inside one of the crates to see what's inside, it's the beginning of a huge adventure. Martjie ends up in one of the carriages - with a circus lion! Soon, she gets to know the circus owners, Mister and Madam Pagel, and the other performers at the famous Pagel's Circus. Mister Pagel is the world's strongest man and sticks his head inside the lion's jaws during every performance. Madame Pagel drives to the bank with a lion sitting next to her in the car. And plain old Martjie knows her life will never be the same again. This exciting novel is loosely based on the history of the Pagel Circus, which was known in every South African city and town in the previous century. A wonderful story full of action, adventure ... and the timeless magic of circus life.
Publikasiedatum: 2022-03-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600420

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
Stylvol en swierig Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: 'n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie. Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit 'n vervelige oomblik nie. Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus.
Publikasiedatum: 2020-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362138

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Daar is iets aan die gang in ons huis en ek wens ek het geweet wat dit is. My pa en ma sluip nou al die hele vakansie hier rond soos twee stout kinders wat iets vreeslik aangevang het. Elke keer as hulle so skuldig na my kant toe kyk, voel ek hoe die spanning opbou.

Lienka, Didi en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, 'n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.

Daarom gryp hulle die kans aan toe iemand hulle vir 'n groot ontwerpkompetisie inskryf. Didi is oortuig hulle African Unicorn-ontwerpe gaan die beoordelaars se voete onder hulle uitslaan.

Maar intussen is Lienka se lewe besig om erg ingewikkeld te word. Haar sestiende verjaardag is om die draai, maar sy sien nie eens uit daarna nie. Wat is die groot aankondiging wat haar ouers wil maak? Wat het skielik in haar ouer broer, Sarel, gevaar dat hy so vreemd optree? En haar kêrel, Dian, is die grootste hunk in die skool, so hoekom voel sy skielik nie meer dieselfde as vroeër oor hom nie ...?

Die reeks

1. Glam-divas: Talia
2. Glam-divas: Didi
3. Glam-divas: Lienka
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358025

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Wat gaan ek doen? My maag maak 'n groot draai. Ek is nie 'n natural born lady nie. Die laaste keer toe ek hoëhakskoene gedra het, het dit kort duskant 'n ramp geëindig. En my pa is 'n taxibestuurder, nie 'n miljoenêr met 'n miniatuur-paleis vir 'n huis nie. Hlomla Khuni se pa is 'n bekende sokkerspeler en sy ma is 'n beroemde aktrise. So, hoe op aarde het dit gebeur dat hy my date vir die Meidans is?
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799349832

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
'Wag nou, luister net na my ...' Linka spring opgewonde van die bed af. 'Wat daarvan as ons drie 'n styling-agentskap begin.'
''n Wát?' Didi bars uit van die lag.
'Jy kan maar lekker lag, Didi - ek dink dis 'n moewiese plan. Sê nou maar die laerskool bied 'n konsert aan en die juffrou wil graag die graadeens soos pampoene aantrek, dan kan sy na ons toe kom.
Publikasiedatum: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.