●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Tania Brink

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352937

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
Liefde laat jou Rice Krispies anders proe is 'n uiters gewilde tienerboek wat sedert sy verskyning in 2002 meerdere keer herdruk is. Hierdie uitgawe vier die twintig jaar sedert die boek se verskyning. Marzanne Odendal is 'n uitgesproke tiener - en ouens is min of meer die laaste ding waarin sy belang stel. Haar beste vriendin, Nadia, raak egter gereeld halsoorkop verlief - op ouens soos Armand Hattingh, die rugbykaptein wat glo die son skyn blokkies as hy op 'n tuinstoel gaan sit. Maar dan begin sy uit die bloute e-posse van 'n geheimsinnige anonieme digter kry wat lyk asof hy weet hoe meisies se harte klop ...
Publikasiedatum: 2022-03-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639603957

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 280
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerleesliefdesomnibus! My hart is vol graffiti Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, 'n artikel vir 'n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle 'n regte graffitikunstenaar wat hulle aan 'n opwindende nuwe wêreld bekend stel ... My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met 'n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies - en een van hulle sal die kans kry om haar op 'n droom-date te vergesel ... Ouens is nie pizzas nie Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as 'n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous! (Geheim - Tania Brink is 'n skuilnaam van Jaco Jacobs, een van die gewildste Afrikaanse skrywers!)
Publikasiedatum: 2021-03-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351217

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Lara het die perfekte ou.
Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799370423

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Emma is nie gewoond daaraan dat ouens sommer uit die bloute op haar verlief raak nie. Daarom betrap Wian Verwey haar heeltemal onkant. Maar Emma is nie so seker of sy van al die oordadige aandag hou nie. Veral nie noudat daar 'n aantreklike blondekop-rocker op die horison wag nie ...
Publikasiedatum: 2014-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799361131

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Oukei, ek is nie 'n kenner op dié gebied nie, maar daar is darem 'n paar dinge wat ek van soen af weet. Soos: Jou eerste soen is nie veronderstel om jou pens en pootjies binne-in 'n winkelsentrum se fontein te laat beland nie.

Reza dink partykeer Murphy se Wet is spesiaal vir haar uitgedink. Daardie wet wat sê as iets verkeerd kan gaan, dan sal dit. In haar gunstelingskrywer se boeke het sulke rooigesig-oomblikke altyd romantiese gevolge, maar in die regte lewe werk dinge ongelukkig anders. In die regte lewe begin daar nie romantiese musiek speel as 'n ou jou soen nie.In die regte lewe verander 'n soen nie alle paddas in prinse nie.

Maar toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met 'n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies - en een van hulle sal die kans kry om haar op 'n droom-date te vergesel ...

Vorige boeke uit die skrywer se pen sluit in die topverkoper Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (ATKV Kinderboektoekenning 2002), Ouens is nie pizzas nie (ATKV Kinderboektoekenning 2007), My hart is vol graffiti (ATKV Kinderboektoekenning 2012) en Al die meisies hou van Divan Louw.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799354959

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Om vir Divan Louw aantreklik te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog, of Antarktika is koud - dis wáár, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie. Dit sê byvoorbeeld niks van sy vierkantige ken wat hom soos 'n model in 'n parfuumadvertensie laat lyk nie.
Publikasiedatum: 2012-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799354942

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie.
Publikasiedatum: 2007-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799340853

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was 'n seksis, nes die meeste mans. Hy't seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl 'n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter hom opgetel het. Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos 'n sonryp tamatie, soos hulle altyd in die tamatiesousadvertensie se. Maar ek gee nie eens om nie. Ek is nou eenmaal op die oorlogspad. "Interesting point, Marzanne," se die onderwyseres versigtig, "but I'd like to know why you think so." Ek sluk. "Wel... kyk maar net vir Romeo and Juliet. Dis veronderstel om die mees romantiese storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te kom liefdesgedigte voordra." Ek is verstom deur my eie briljante literere insigte. Dit voel asof die woorde sommer vanself by my mond uitborrel. "Die ou wat in die middel van die nag voor my venster kom gedigte voordra, smyt ek wraggies met 'n emmer koue water. En asof dit nie genoeg is nie, pleeg Juliet selfmoord toe sy dink Romeo is dood. So asof meisies nie sonder mans kan lewe nie." Marzanne Odendal is 'n uitgeproke tiener wat daarvan droom om 'n beroemde verslaggewer te word, wat sonder die verpligtinge van 'n man en kinders, eendag rondom die wereld kan reis op soek na opwinding en avontuur. Maar dan ontvang sy 'n anonieme liefdesgedig per e-pos en stadig maar seker begin ons heldin se hart verkrummel. Die tieners wat as keurders opgetree het, was mal oor hierdie "anderste", humoristiese liefdesverhaal en het keer op keer opgemerk hoeveel insig die skrywer in tieners se (liefdes)lewe toon. Vir tieners van 12-15 jaar.
Publikasiedatum: 2007-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.