●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Tinus Horn

Results 1 to 12 of 12
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485901334

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na 'n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwêreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf. Die proewe is 'n ramp, en Greg is oortuig hy gaan nie gekies word nie. Maar hy kry onverwags plek in een van die dorp se spanne. Wanneer Greg en sy spanmaats die seisoen begin, lyk die kanse skraal dat hulle selfs 'n enkele wedstryd gaan wen. Maar in sport kan enigiets gebeur. Sal Greg sy kans aangryp wanneer alles op die spel is en hy die bal in sy hande het? Of gaan hy die kolskoot verbrou?
Publikasiedatum: 2021-11-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900450

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na 'n oord op 'n tropiese eiland te ontvlug om 'n slaggie te rus en uit te span. 'n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy doodmoeë gesin te verrig. Maar die Heffleys ontdek spoedig die paradys is nie alles wat mens daarvan hoor nie. Sonsteek, 'n maagaandoening en giftige goggas dreig om die gesin se vakansie te bederf. Kan hulle reis gered word, of gaan hierdie eilandbesoek op 'n ramp uitloop?
Publikasiedatum: 2019-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900443

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.
En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is 'n riller!

Dan ontdek hy 'n pakkie suurwurms, en dit gee hom 'n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
Publikasiedatum: 2019-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900412

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Die lewe was beter in die ou dae. Of nie?
Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van 'n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir 'n ouderwetse wêreld uitgeknip nie.

Gaan Greg 'n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en buite die Heffley-huishouding opbou?
Publikasiedatum: 2018-11-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798178037

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 325
Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. 
   Dis 'n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman 'n terugblik op drie dekades in Johannesburg, en andersyds 'n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal - oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina.
Publikasiedatum: 2018-08-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900405

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
'n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees... tensy julle die Heffley's is.

Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, 'n harde stamp en 'n vark wat op die vlug slaan - nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis kan 'n avontuur word - en hierdie is een wat die Heffley's nie gou gaan vergeet nie.
Publikasiedatum: 2018-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900245

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat....
Publikasiedatum: 2017-11-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900146

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Daar is liefde in die lug - maar wat beteken dit vir Greg Heffley?

'n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om 'n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy droëbek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis 'n skrale troos.

Dan kry Greg 'n dansmaat danksy 'n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en 'n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie...
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900092

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
'n Nuwe skooljaar begin, en Greg weet gou hy sal by baie nuwe goed moet aanpas. Hy is sy beste vriend kwyt en sy ma het besluit sy gaan verder studeer. Daar is 'n groot familie saamtrek in die toekoms waarvoor hy regtig nie lus het nie - veral omdat dit met die Partytjie van die Jaar bots.

Maar die dinge wat NIE verander het nie, is dalk erger: Daar is nog steeds nie sprake van 'n meisie in sy lewe nie. Daar is ook nie sprake van 'n puisie nie, en dit beteken dalk hy gaan nooit grootword nie!
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900139

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Tinus Horn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Greg Heffley is in groot moeilikheid in Dagboek van 'n Wimpy Kid: Kamerkoors. Skooleiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is egter onskuldig, of eintlik, redelik onskuldig.

Die owerhede stel ondersoek in maar 'n frats sneeustorm tref die dorp en die Heffley-familie word binnenshuis ingeperk. Greg weet dat wanneer die storm bedaar en die sneeu smelt, sal hy die saak moet hanteer. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie?
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415207680

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
Dit is die verhaal van Boas Mei, wie se lewe so in duie stort dat hy in die hospitaal beland. Hier drom 'n span dokters diep bekommerd om hom saam om die resultate van sy breinskandering te bekyk. Om alles te kroon, blyk dit dat die vrou wat hy liefhet, hom verlaat het.
Wanneer Boas besef dat hy verward is - nie alleen as gevolg van sy hede nie, maar veral oor sy verlede - en dat die dokters se behandeling nie sy diepgewortelde hartseer aanspreek nie, besluit hy om 'n splinternuwe verlede te skep - een wat sy gewete sal kan hanteer.
Hy begin sy verhaal met 'n koki-pen teen die kamermuur skryf. Sy poging neem 'n skokkende wending wanneer hy hom skielik in 'n pantservoertuig tydens 'n nagmerrierit deur 'n township bevind. Die volgende oomblik is hy in 'n woestyn in Noord-Afrika, midde-in die Slag van El Alamein, wat dekades voor sy geboorte plaasgevind het.
Waarheid en verdigsel is selde meer as 'n paar duim uit mekaar in Tinus Horn se skreeusnaakse, aangrypende derde roman.
Tinus Horn is die skrywer van die romans Droster en Bomskok en die grafiese roman Hemel op aarde. Hy is 'n kunstenaar en maak ook kort animasieflieks. Hy woon op Stanford.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780143538486

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 210
1989. Apartheid is in sy maai, en die verhaal van sy bloedige einde, wat die regering tot elke prys wil stil hou, word weekliks op die voorblad van Vryheid op Vrydag, 'n koerantjie in Newtown, uitgeblaker. En die manne van Sektor C, 'n geheime polisietaakmag, is op hulle spoor. Die redakteur
wag in spanning op die Groot Storie wat die regering tot 'n val gaan bring. Maar oorvloedige seks en geweld kom alewig in die pad, soos hulle gewoonte mos is.
Publikasiedatum: 2014-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.