●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: T.O. Honiball

Results 1 to 2 of 2
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300649

Nie-fiksie / Non-fiction: Humor / Humour

Illustreerder: T.O. Honiball
Nie-fiksie / Non-fiction  -  Humor / Humour
R 180
R 162Jy spaar R 18
Onthou jy nog die dae van donkiekarre, negosiewinkels, hanslammers grootmaak en tiekiedraai in die waenhuis? Die dae toe 'n Engelsman nog iets vreemds vir 'n Afrikaanse plaasseun was en 'n man moes kon briewe skryf om 'n nooi te bekoor?
Met Daar doer in Duitswes roep Helm Jooste daardie dae met nostalgie en humor in herinnering. Hy vertel met selfspot van sy eie ervarings in onder andere die ou Suidwes: vertellings wat jou terselfdertyd laat lag en met heimwee en deernis vul. Kom dans op maat van die Rooiduin Orkes tot rooidag; skater én bloos oor die lywige Ant Maryntjie en die tandlose Toks - en droom saam met 'n bobaasverteller oor die 'sê nou maars' en verspeelde kanse in Jessica se blou oë.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.

OOR DIE OUTEUR
Helm Jooste is op 23 Oktober 1909 op Bethal gebore waar hy in 1928 aan die Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer het. Ná voltooiing van sy skoolopleiding het hy aan die Heidelberg Onderwyskollege gestudeer. Hierna het hy hom in die destydse Suidwes gevestig waar hy meer as 50 jaar gewoon het. Hy het 25 jaar lank onderwys gegee, was 15 jaar 'n sakeman op Otjiwarongo, waar hy ook etlike jare burgemeester was, en het tien jaar lank met beeste naby Grootfontein geboer. Sedert sy aftrede in 1980 woon hy in die Strand. Hy het Daar doer in Duitswes op die ouderdom van 80 jaar geskryf en dit word opgevolg deur Dinge daar doer en Verdriet se moses. Audrey Blignault noem die skrywer 'Die bobaas-verteller van Suidwes'. Helm is 'n paar jaar gelede oorlede.
Die boek getuig van sy heerlike humor en sy onfeilbare aanvoeling vir die komieklike situasie in die gewone gang van die menslike bestaan. Die leser sal lag, maar ook huil, want Helm Jooste se verhale is gevul met deernis.
Daar doer in Duitswes het oorspronklik in 1989 verskyn en is opgevolg deur Dinge daar doer (1992) en Verdriet se moses (1996).
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620391276

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 255
R 230Jy spaar R 25
Oom Kaspaas; Adoons-hulle en Jakkals en Wolf
Publikasiedatum: 2007-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.