Soek resultate: Verna Vels

Results 1 to 10 of 10
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177146

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
Karel Kat kom kuier in Blommeland met sy nuwe helikopter. Almal kry 'n kans om saam te ry - selfs koning Rosekrans. Maar sal Liewe Heksie kan help wanneer Karel en die koning per ongeluk in groot moeilikheid beland?
Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2- tot 4-jariges.
Publikasiedatum: 2018-04-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175197

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 135
R 108Jy spaar R 27
Liewe Heksie veroorsaak per ongeluk dat een van haar dak se sinkplate afwaai, en is baie bekommerd oor die groot gat in die dak bokant haar kombuis. Maar wanneer sy die aand 'n geheimsinnige besoeker kry, kry sy sommer ook 'n groot verrassing.
Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2 tot 4 jariges.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798172738

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 315
R 252Jy spaar R 63
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales.
Die stories is 'n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (2001).
Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173315

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 135
R 108Jy spaar R 27
Liewe Heksie is 55 jaar oud in 2016! Met eenvoudige teks en pragtige illustrasies sal hierdie prenteboek 2- tot 4-jariges gaande hê oor een van Liewe Heksie se gewildste avonture.
Heksie en Blommie Kabouter pas Blommeland se kosbare Silwerroos op. Maar wat gaan gebeur as Blommie aan die slaap raak en die Gifappeltjies kom om die Roos te steel?
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169004

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroee lesers. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld al die geliefde karakters in Blommeland op 'n moderne, maar tog herkenbare wyse uit. In Leesboek 6 gaan kuier Heksie en Blommie vir Karel Kat in die stad, Blommie word deur 'n stout seun gevang en Heksie moet hom red, en Liewe Heksie ontmoet die koningin van Feetjieland.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168984

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas vir 3- tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks. In Liewe Heksie: Leesboek 5 kry Liewe Heksie 'n kat, hou Blommeland konsert en gaan Liewe Heksie skool toe.  Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore. Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168960

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie.
Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168946

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
In Liewe Heksie: Leesboek 3 neem Liewe Heksie deel aan 'n donkieresies, pas sy Kwaaitjie se baba-boetie op en word sy en Koning Rosekrans deur die gifappeltjies ontvoer!
Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168922

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
In Liewe Heksie: Leesboek 2 leer Heksie hoe om 'n motor te bestuur, maak sy die koning per ongeluk weer gesond en ontdek sy die toorwoorde om vir Griet te laat verskyn.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798168908

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 120Jy spaar R 30
In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie 'n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.
Publikasiedatum: 2015-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.