●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Vita du Preez

Results 1 to 10 of 10
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605258

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
R 200Jy spaar R 50
Wanneer Emma Louw ná 'n motorongeluk haar bewussyn in die hospitaal herwin het sy geen idee wie sy of die aantreklike vreemdeling is wat langs haar bed waak nie. Daniel Swart slaag egter daarin om haar gerus te stel: Sy is au pair vir sy seuntjie Neal en volgens die dokter is haar geheueverlies net tydelik.
Emma is geskok wanneer Daniel haar vertel dat hulle 'n liefdesverhouding het hoewel hy getroud is. Hy oortuig haar om saam met hom terug te keer na sy plaas Omdraai. Op die plaas begin Emma geleidelik grepe uit haar kinderdae onthou, maar oor haar volwasse lewe is daar steeds 'n donker sluier getrek.
Emma besef gou dat sy meer as blote fisieke aantrekkingskrag voel vir die man wat haar met soveel geduld en deernis versorg. Die emosionele verbintenis tussen hulle verdiep en omdat Emma hom vertrou, is sy bereid om sy seksuele fantasieë saam met Daniel uit te leef. Maar gaan hierdie 'n duur les wees?

Skoolgeld is die opvolg op Klaskamer en die tweede boek in 'n drieluik. BDSM is 'n sterk tema en word deur goeie navorsing gesteun. Aanhangers van 50 Shades of Grey sal Vita se boeke geniet.
Publikasiedatum: 2020-08-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600116

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Hy is arrogant, onkonvensioneel, dodelik aantreklik en 'n rokjagter ...
Rob Kellerman trek vroue soos 'n magneet na hom toe aan. Almal sê dit gaan nog sy ondergang beteken. Boonop is hy suksesvol en skatryk. Hy maak sy eie reëls en toe hy besluit dat Mia Retief vir hom moet kom werk is dit 'n gedane saak. Mia is vasbeslote om nie vir hom te val nie. Maar dit is makliker gesê as gedaan aangesien sy daagliks in sy geselskap is. Haar uithouvermoë word elke minuut beproef, want Rob is 'n meester in die kuns om werk en plesier te meng.
Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397277

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225Jy spaar R 25
Waar die juffer toe gedissiplineer moet word.
Vita du Preez was nog nooit skaam om haar heldinne in die bed te druk met 'n mooi man nie. Dink maar aan die openingstoneel van Solitaire waar Donna langs die bloedjong surfer wakker word!
In Klaskamer haal Vita die sweep uit, klits die boeie om sekere mense se polse en gee aan dissipline 'n totaal ander betekenis.
Emma Louw kry die geleentheid om as kinderoppasser op 'n Karooplaas te gaan werk vir Daniel Swart. Sy is pas uit 'n langtermynverhouding en is lus vir 'n nuwe uitdaging.
Sy raak gou lief vir die seuntjie, en is ook nie onaangeraak deur Daniel se teenwoordigheid nie. Alles maak egter nie vir haar sin nie. Steek sy dalk haar kop in 'n byekorf? Hoekom is Daniel so geheimsinnig oor sy verlede en oor die letsel op sy bors? Waar pas die impulsiewe Sally, Daniel se eksvrou in die prentjie? Dan praat ons nie eers oor Irma Rothman nie. Sy is immers Daniel se destydse onderwyseres op skool ...
Op 'n dag, kom Emma op 'n geheime kamer af. Dinge oor die geheimsinnige Daniel begin vir Emma duideliker word. Sal sy die binnekant van die klaskamer aandurf? Indien wel, sal sy lewendig anderkant uitkom?

Vita du Preez is reeds 'n ou hand met die skryf van byderwetse verhale. Sy toets egter haar eie grense met Klaskamer, waarin sy die wêreld van sado-masochisme verken en so Afrikaans uiteindelik laat aanpas by die goue era van die Victoriaanse erotiek. Ná deeglike navorsing skep sy egter 'n moderne werk wat die leser neem na onbekende waters, sonder om soetsappig, of platvloers te wees. Dit kan ook vergelyk word Olivia Ryann se Punish, of met Nina Lane se werk.

Klaskamer is 'n welkome toevoeging tot erotika in Afrikaans.
Publikasiedatum: 2019-10-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393682

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 252Jy spaar R 28
'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind.
Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal.
Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie.
Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms.
Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.
Publikasiedatum: 2019-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384994

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Solitaire, Woestynroos, Droomland en Wilde klawer is 'n vierluik oor vier vroue wat deelgeneem het aan 'n Boer soek 'n vrou-kompetisie en hulle wedervaringe daarna.
Wilde klawer is die vierde boek in die reeks en gaan oor McKenna Wilde wat 'n spesiale gawe het om deur aanraking te "sien". Vir hierdie ekstrovert wat verkies om eerder op die ligter sy van die lewe te fokus, is dit eerder 'n vloek as 'n seën. 'n Brief van 'n onbekende vrou lei haar terug na haar geboorteland, Noord-Ierland. Hier word sy gekonfronteer met haar ma se donker verlede en die Wildes se betrokkenheid by die IRL (Ierse Republikeinse Weermag) se bloedige stryd teen Britse oorheersing.
Maar dit is ook 'n reis na selfontdekking. McKenna leer sy kan nie van haarself en haar herkoms vlug nie. In haar soeke na selfaanvaarding word dit vir haar duidelik 'n vrou moet eers 'n man met haar hart kan vertrou voor sy hom met haar lyf vertrou. McKenna, wat nog altyd weggeskram het van blywende verhoudings, sien oplaas in dat intimiteit sonder liefde bloot 'n gejaag na wind is.
In Portballintrae, 'n klein hawedorpie aan die Ierse Noordkus, kruis haar pad met verskeie mense s'n wat haar nie noodwendig almal goedgesind is nie. Die Donovan-broers wat 'n pub in Bushmills besit. Die Engelsman James Fellowes wat navorsing oor the Troubles doen en die Suid-Afrikaner Tim Els.
Tim Els,'n tandarts wat vir twee jaar in Noord-Ierland werk, is vasgevang in sy eie ongelukkige verlede. McKenna besef sy kan haar gawe gebruik om hom te help. Maar dit is moeilik om teen 'n spook vir 'n man se hart te baklei. Boonop is dit vir McKenna 'n vreesaanjaende gedagte dat sy haar leefruimte permanent met 'n man moet deel.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799379440

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Wanneer Ruby Swart se ma onverwags sterf, is sy meer as ooit vasbeslote om uit te vind wie haar biologiese pa is. Al is dit net om vir die man wat haar ma as matriekmeisie in die steek gelaat het en nooit sy dogter se bestaan erken het nie te sê hoe sy hom verag.
Met harde werk en verbete wilskrag het Ruby Swart vir haar 'n lewe gebou. Eers as internasionale model en deesdae as sakevrou met haar eie Black Ruby- klerereeks en boetiek in die Kaapse Waterfront. Maar sy sal nooit volledig mens voel terwyl vyftig persent van haar genepoel 'n raaisel is en die gevoel van verwerping soos 'n meulsteen om haar nek hang nie.
In haar soeke na die waarheid kruis haar pad met twee mans s'n: Die konserwatiewe dokter Joshua Durant wat haar ma se vertroueling was en Ruby vermoed meer omtrent haar ma se verlede weet as wat hy laat deurskemer. En Vincent Boonzaaier, haar oorlede ma se enigmatiese buurman wat rillers vir die internasionale mark skryf en 'n kluisenaarsbestaan op die klein Bolandse dorpie voer. Reeds met die eerste oogopslag voel Ruby 'n geweldige aantrekkingskrag vir hom. Asof haar lyf en psige hierdie vreemdeling op 'n primitiewe vlak herken.
In haar soeke wat van Eden, haar geboortedorp na Londen lei, begin Ruby besef dat onskuldige mense dalk kan seerkry. Moet sommige geheime nie eerder geheime bly nie? is 'n vraag waarmee sy begin worstel. Hoewel haar gevoelens vir Vince verdiep, moet sy die waarheid in die gesig staar: 'n Vrou kan nie teen 'n man se gewete vir sy liefde baklei nie.

Droomland is die derde titel in die Vinkel en Koljandervroue reeks. Solitaire en Woestynroos het reeds die lig gesien, en Klawervier sal die viertal afsluit.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799377521

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 265
R 239Jy spaar R 26
Om'n dobbeltafel verpand Martienne Malherbe se pa haar vir honderd pond aan 'n Duitswester wat haar weer op sy beurt aan 'n swakkelingboer, Herklaas Potgieter, verkwansel.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799375831

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Op die oog af het Kato Klinge alles: Sy is aantreklik, intelligent en baie suksesvol in haar beroep as ingenieur, maar selfs 'n suksesgedrewe perfeksionis het moederlike instinkte. Kato wil 'n baba hê, maar daar is nie 'n spesiale man in haar lewe nie.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799375176

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle die suksesvolle juweliersonderneming sowel as hulle huis in Tamboerskloof verkoop, sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe na Divan se verraad. Die eens suksesvolle juwelier wat pryse vir haar werk losgeslaan het, se skeppingsdrang is daarmee heen.
Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy na amper 'n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op 'n pad van selfvernietiging. Sy moet weer van voor af begin en sy aanvaar 'n opdrag om 'n replika van 'n antieke hangertjie te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, 'n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier ontmoet sy vir Toit Minnaar.
Toit treur al meer as 'n jaar oor sy vrou se dood, maar hy neem 'n wilsbesluit om weer sy lewe op koers te kry. Hy aanvaar 'n uitdaging om deel te neem aan 'n realiteitstelevisiereeks, Boer soek 'n vrou. Wanneer die drie vroue en die TV-span op die plaas kom kuier, begin die poppe dans. Daar is wedywering en katgevegte en Toit begin al hoe meer aangetrokke voel tot Donna. Donna doen egter haar bes om gevoelens wat Toit in haar wakker maak, te onderdruk. Sy wil weer haar loopbaan op dreef kry én terugkry wat 'n man by haar gesteel het.
Solitaire is die eerste roman in 'n vierluik. Woestynroos is die tweede boek en verskyn in Julie 2015. Die ander twee sal in 2016 verskyn.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799369663

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Thea Jonker, gewilde TV-aktrise, se loopbaan word eensklaps kortgeknip wanneer sy in 'n motorongeluk betrokke is waarin haar voorkop geskend word. Sy besluit om vrywillige opheffingswerk in Mosambiek te gaan doen, waar haar pad met dokter Matt Barnard s'n kruis. Maar Matt is op pad na 'n Benediktynse klooster naby Vilanculos.
Publikasiedatum: 2014-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.