Afslag slegs op aanlynbestellings

Soek resultate: Zirk van den Berg

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708558

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 176Jy spaar R 44
As lykbesorger het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, beendere aanmekaargelas en doodsbleek gesigte gegrimeer vir roubeklaers om te besigtig. Wat help dit om te wens vir 'n ingryping wat hom sal losruk uit sy saai bestaan? Maar toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, kry Seb tog rede om in wense te glo . . . En kom voor 'n dilemma te staan: Waarvoor wens jy as jy één wens het wat waar gaan word?
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795709159

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 208Jy spaar R 52
Wenner van die eerste kykNET-Rapportprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

'Glo my, dis regtig die beste so.'
Hy skreef sy oë en kyk na haar silhoeët teen die lig. Iets glinster in haar regterhand. Hy weet oombliklik wat dit is en hoekom. Dis soos toe daardie man in sy sel ingestorm het, verskrikking en 'n skielike stuwing van lewenskrag. Hy koes kant toe so ver hy kan, gryp haar enkel en ruk. 'n Skoot klap naby sy kop. Die skoot tref klip en woer-woer weg met 'n geluid wat eensklaps stop as die koeël iewers vasslaan. Die vrou steier. Die pistool val op die grond.
Daniël wag geen oomblik nie. Hy herwin sy balans en hardloop, spring oor die klippe en bars deur bosse. Hy probeer nie eens dink oor wat gebeur het nie. Hy kan dit later doen, as hy lank genoeg leef.

Polisievrou Erica van der Linde is in beheer van die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad in die jare negentig. Sy het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies in haar bewaring vir goed verdwyn uit die normale samelewing. Sy vermoor hulle. Maar sy't nog nooit 'n getuie soos Daniël Enslin teëgekom nie.
Publikasiedatum: 2019-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708824

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 266Jy spaar R 29
Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die tengerige Siegfried Bock kom na die kolonie om te bewys dat hy 'n man van durf is. Maar gou word hy ontnugter.
Sy pad kruis dié van Lisbeth Löwenstein, ʼn arm Jodin wat met 'n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit 'n konsentrasiekamp ontsnap het, en die pseudowetenskaplike Albert Pitzer.
Teen die agtergrond van die Duitste uitwissingsbevel teen die Herero's word elkeen se menslikheid tot die uiterste beproef.
Publikasiedatum: 2018-09-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708794

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 295
R 266Jy spaar R 29
German South West Africa, 1905. The sickly Siegfried Bock comes to the colony to prove his mettle. But he soon becomes disillusioned. His path crosses that of Lisbeth Löwenstein, a poor Jewess who has to marry a German settler she's hardly met, the Damara man Mordegai Guruseb, who escaped from a concentration camp, and the pseudoscientist Albert Pitzer. Against the background of the German killing of Hereros, these characters' fates intertwine and each one's humanity is severely tested.
Publikasiedatum: 2018-09-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780143538622

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 210
R 189Jy spaar R 21
Half of One Thing is the story of a New Zealand soldier who is sent to infiltrate a Boer commando during the Anglo Boer War. His mission is to get information on the whereabouts of the elusive General Christiaan de Wet, the one person who still stands between the British and victory.

The longer Gideon Lancaster stays with the commando, a gathering of diverse and sharply drawn characters, the more sympathy he develops for them.
His predicament deepens when he is being treated for an injury by a young Boer woman and they both fall in love. This puts Gideon directly in competition with the Boer Commandant.

When he is forced to choose between his duty, love and morals, he hatches a grand scheme to lead astray a huge British expedition hunting for De Wet. Soon after, the war is over and Gideon has to return to his country.

Half of One Thing is an eventful spy story, love story and war story reminiscent of the award-winning film Breaker Morant.

Also in Afrikaans as Halfpad een ding.
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780143538639

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 210
R 189Jy spaar R 21
Halfpad een ding is die verhaal van 'n Nieu-Seelandse soldaat wat in die Anglo-Boereoorlog gestuur word om 'n Boerekommando te infiltreer. Sy missie is om die bewegings van generaal Christiaan de Wet uit te vind, die een man wat nog tussen die Britte en 'n oorwinning staan.

Hoe langer Gideon Lancaster by die kommando bly, 'n versameling rare en skerp getekende karakters, hoe meer simpatiek begin hy teenoor hulle voel. Sy penarie verdiep wanneer hy as verwonde deur 'n Boeremeisie verpleeg word en hulle op mekaar verlief raak.

Dit plaas Gideon in direkte kompetisie met die commandant. Wanneer 'n keuse tussen plig, liefde en moraliteit dwingend raak, lei hy in 'n groots opgesette plan 'n yslike Britse ekspedisie op jag na De Wet van die spoor. Kort daarna is die oorlog verby en Gideon moet terugkeer na sy land.

Halfpad een ding is 'n avontuurlike riller, 'n oorlogstorie, en 'n liefdestorie wat aan die bekende film Breaker Morant herinner.

Ook in Engels as Half of One Thing.
Publikasiedatum: 2012-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.