●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: ATKV2023wenner

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354825

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Kan tyd 'n huwelik red?
Na die tragiese dood van hulle seuntjie in 'n motorongeluk, moet Ruhan en Anika die stukkies van hulle lewe optel. Anika sukkel om hul kind se dood te verwerk en in die proses verstoot sy vir Ruhan en lei dit tot talle rusies
tussen hulle. Anika betrap vir Ruhan en sy sekretaresse in 'n hartstogtelike omhelsing. Sy dagvaar hom vir ′n egskeiding, nét toe die president die lansdwye inperking aankondig. Ruhan stel Anika voor 'n ultimatum: hy sal instem tot die egskeiding as sy na die inperkingstyd steeds dieselfde voel. Sy stem teësinning in, maar haar kuldgevoel, rou en onsekerhede bly egter tussen hulle kom en vergemaklik nie hulle verhouding nie. Gaan Ruhan dit regkry om Anika te oortuig hoe lief hy haar het, of is sy pogings tevergeefs?

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. In hierdie passievolle romanse word die uitdagings van 'n huwelik deeglik aangeraak en die invloed
wat dit op beide 'n man en 'n vrou het.
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183222

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 375
Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na 'n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?

Die roman is 'n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: die storie van o.a. Billy Foster se dogter, Helena; die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns.

'n Merkwaardige, hoogs leesbare geskiedkundige roman.
Publikasiedatum: 2022-10-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798183178

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 280
**UJ 2023 Wenner & Hertzogprys vir poësie **
In dié jongste bundel van Krog ontwikkel sy voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut. Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees.
Publikasiedatum: 2022-10-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639704494

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
Heimwee is die storie van Mart-Mari wat moet terugkeer na die familieplaas sodat sy haar ma kan begrawe en finaal kan afskeid neem van die familie by wie sy nooit tuis gevoel het nie. Maar in ʼn ondeurdagte oomblik betaal sy die knutselaar-nutsman-van-langsaan, Anton Nieuwoudt, om saam te gaan omdat sy vir haar susters gelieg het oor ʼn man in haar lewe. Gou besef sy dat hy hom nie laat gebruik nie. Hy is die alles-of-niks-tipe, wat haar dwing tot emosionele eerlikheid en die spieël voor haar ophou sodat sy bewus kan word van haar aandeel in haar gekompliseerde familieverhoudinge.
Dit is ook die storie van Liesbet Vermaak wat in die nadraai van die allergrootste vernedering alleen moet omsien na haar broers: Andries, die dromer, en Benna, die kind wat alles verstaan, maar nie met die wêreld kan kontak maak nie. Wat die foto van die soldaat steel sodat sy kan voorgee sy is getroud, maar dan op ʼn dag in Humansburg se hoofstraat opkyk in die helder heuning van Gert Niemand se oë en besef haar leuen het haar ingehaal.
Dis ʼn storie wat strek oor geslagte, van mense wat so seer gekry het dat hulle swerf, maar dis ook ʼn storie van heling. Boweal is dit die storie van moederskap, van die verskriklike prys wat dit soms vra, en van ma's wat bo-oor die ewigheid sal reik om seker te maak hulle kinders is geborge.
*  
Publikasiedatum: 2022-10-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624093213

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
Liela Oloffson het alles wat die meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en 'n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag en die polisie moet die media se hulp inroep om haar te vind. Gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo volg Liela se spoor soos 'n bloedhond van waar sy laas in Johannesburg gesien is, en selfs verder, tot by haar kinderdae. Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?
Publikasiedatum: 2022-09-15
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311287

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 795
Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, 'n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van 'n inheemse, kreoolse kultuur. In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.
Publikasiedatum: 2022-08-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182867

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Publikasiedatum: 2022-08-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182690

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! Wat kan tog fout gaan?
Publikasiedatum: 2022-06-13
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776357574

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 280
**Wenner van 2023 se Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk**
Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie.
Op haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.
Sy begin 'n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om 'n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in 'n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë …
Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie.
'n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.
Hierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waar die skrywer grootgeword het.
Publikasiedatum: 2022-05-31
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776251155

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 225
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef. Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf 'n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfone in sy ore druk, verdwyn die wêreld rondom hom. Totdat een van die mooiste meisies in die skool hom op 'n dag sien hardloop … Roxy is vasbeslote om Zander sover te kry om landloop te hardloop, en in die proses word sy lewe op sy kop gekeer - in meer as een opsig. Zander se beste vriend verstaan nie sy nuwe obessie met hardloop nie en wil net oor die Cyber Clash-rekenaarspeletjiekompetisie praat. Daarby is Zander se gevoelens vir Roxy ook definitief nie platonies nie, en asof dit nie genoeg is nie, is sy eerste landloopkompetisie op dieselfde dag as sy broer se debuutwedstryd vir die eerste rugbyspan. Zander sal moet kies: Gaan hy sy broer in die steek laat, of vir Roxy?
Tekkies is 'n grafiese roman met teks deur die topverkoper-skrywer Jaco Jacobs, en illustrasies vir die slimfoon-generasie deur Alistair Ackermann.
Publikasiedatum: 2022-02-28
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351213

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 170
Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak … Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die klaskamer en sal onderwysers help om met hul jong leerders gesprekke te voer oor vriende maak, vrese en boelies. Die storie bevat Christelike temas en waardes, en Johann Strauss se pragtige illustrasies plaas hierdie boek in 'n klas van sy eie.
Publikasiedatum: 2022-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.