●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Corné van Rooyen

Results 1 to 15 of 15
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870063

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Jare gelede het Amelia Henning haar hart gesluit vir enige vorm van die liefde. By Enigma, die wildreservaat waar sy werk, staan sy bekend as die katvrou met haar kennis en liefde vir luiperds. Amelia vind dit moeilik om vriende te maak totdat sy vir Justin Mills ontmoet. Met sy grasgroen oë en terglustige glimlag help hy haar om uit haar dop te kruip. Hoe meer tyd hulle saam deurbring, hoe sterker word haar gevoelens vir hom. Sy veg daarteen, maar tog kan sy nie ontken dat sy begin verander nie. Sy is nie meer die kwaai, stroewe mens van voorheen nie en weet Justin is deel van die verandering. Haar verlede bly egter in die pad staan van haar emosies. Gaan sy toelaat dat die verlede haar toekomstige geluk steel, of gaan sy haar hart oopmaak teenoor Justin?
Publikasiedatum: 2024-01-11
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000039999

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 440
*Liefde Genees - Malene Breytenbach*
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie.
*Die willewragtig langsaan - Bets Smith*
Ná die trauma van ʼn onstabiele verhouding bedank Laynie as onderwyseres en verkoop haar woonstel. Sy gebruik ʼn deel van die opbrengs om ʼn lang vakansie te neem op Klippiesbaai waar sy ʼn krimi wil skryf. Met haar aankoms kruis haar paaie met haar buurman, Stefan Koeglenberg. Die stormagtige ontmoeting tussen Laynie en Stefan is nie die ideale afskop vir goeie buurmanskap nie en in Laynie se gedagtes is hy ná hierdie voorval “die willewragtig langsaan”.
*As jy naby is - Salomé Schutte*
Ná Elmien haar verlowing verbreek, stuur haar pa haar vir ʼn wegbreek na ʼn geheimsinnige bestemming om die hartseer van die mislukte verhouding te verwerk. Vanaf die eerste oomblik word sy betower deur die Wildekus en Sewes Streicher, ʼn man met blou oë en krullerige bruin hare wat sy onweerstaanbaar vind. Daar is 'n sterk aantrekkingskrag tussen hulle, maar daar is iets waarop sy nie haar vinger kan lê nie. Hoekom kry sy die gevoel dat sy al voorheen hier was? Hoekom voel Sewes en sy ma vir haar so bekend? En hoe pas haar pa by alles in?
*As die sterre kon praat - Corné van Rooyen*
Publikasiedatum: 2024-01-11
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037926

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Liefde en verlies - Malene Breytenbach*
Die liefde is sterker as verlies Hierdie is die opvolg van Liefde en oorlog, die verhaal van Maura en John. John en sy broer, Michael, is seuns van 'n skatryk volstruisboer in Oudtshoorn.
*Soos dans - Thea Holland*
Liefde het soms 'n hupstoot nodig! Ná haar liefdesteleurstelling was Rozette nie van plan om gou weer verlief te raak nie. Sy wou eers 'n vriendekring opbou en doodgewone dinge doen. Maar toe ontmoet sy vir Durandt met sy onheilige goudbruin oë. Dit sal 'n dorp vol bemoeisieke vroue verg om dié twee bymekaar te bring, asook 'n skinderbek of twee wat wilde stories uitdink oor Rozette se vuurwarm romanse met Durandt.
*Frieke se beskermengel - Bets Smith*
Liefde kan 'n gebroke hart genees Ná haar verloofde se dood in 'n kapingspoging worstel Frieke met skuldgevoelens. Op aandrang van haar ouers en haar beste vriendin vertrek sy na Italië waar haar stiefbroer, Marco, as argeoloog werk. Haar reis en hulle soektog na Alarick se legendariese graf maak die verre en onlangse verlede vir haar oop. Ondanks verraad, misverstand en gevaar vind sy die kosbaarste skat: Ware geluk.
*As die liefde kom - Corné van Rooyen*
Is die liefde net 'n mite? Mianke Grové, is 'n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot 'n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swaer vra haar om te gaan uithelp op sy vriend se wildreservaat waar sy die aantreklike natuurgids, Wian Engelbrecht ontmoet. Die vraag is: Gaan sy ingee tot opregte liefde of gaan sy vir Wian deur haar vingers laat glip?
Publikasiedatum: 2023-09-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358908

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Is die liefde net 'n mite?
Mianke Grové, is 'n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot 'n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swaer vra haar om te gaan uithelp op sy vriend se wildreservaat waar sy die aantreklike natuurgids, Wian Engelbrecht ontmoet. Lank, met donker hare en breë skouers is hy die toonbeeld van die karakters waaroor sy altyd skryf. Vanaf die intrapslag laat hy haar hart vinniger klop en stuur haar bloeddruk deur die dak. Sy maak haarself wys dis net fisieke aangetrokkenheid, nie verliefdheid nie. Hoe meer tyd sy egter saam met hom spandeer, hoe moeiliker word dit vir haar om te stry teen die gevoelens wat hy in haar wakker maak, veral na hul eerste aardskuddende soen. Haar hart druk haar in een rigting terwyl haar kop haar op 'n ander paadjie wil lei. Sy is vasgevang tussen passievolle soene, hartkloppings en haar mite oor die liefde. Die vraag is: Gaan sy ingee tot opregte liefde of gaan sy vir Wian deur haar vingers laat glip?
Publikasiedatum: 2023-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358649

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
R 50Jy spaar R 60
Die sleutel na liefde moet soms voor baklei word
Kort na haar agtiende verjaardag reis Karlijn Verhoefen per skip vanaf Nederland na die Kaap. Een stormagtige nag, val Karlijn oorboord en word deur Jean, die capitaine van die skip Die Carlotta, gered. 'n Vriendskap ontwikkel tussen haar en Jean en soos sy hom beter leer ken, ontwikkel gevoelens wat sy nie ken nie en wat haar verwar. Jean stel egter nie belang in enige ander vrou nie, want sy hart behoort reeds aan Simoné Dubois. Maar hoekom soen hy haar die dag toe hulle reis tot 'n einde kom en hul paaie skei? Karlijn begin bou aan 'n nuwe toekoms in die Kaap. Dinge verloop vlot totdat sy en Jean mekaar op 'n dag weer raak loop. Die onvoorspelbare gebeur en saam begin hulle 'n reis wat lei tot 'n skatkis vol verrassings.
Die verhaal speel af in 1802 en is gevul met intriges, interessante karakters en historiese omgewings. Van Rooyen weet hoe om die spanning tussen haar karakters te bou en behou om te sorg vir 'n passievolle romanse.
Publikasiedatum: 2023-01-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354825

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Kan tyd 'n huwelik red?
Na die tragiese dood van hulle seuntjie in 'n motorongeluk, moet Ruhan en Anika die stukkies van hulle lewe optel. Anika sukkel om hul kind se dood te verwerk en in die proses verstoot sy vir Ruhan en lei dit tot talle rusies
tussen hulle. Anika betrap vir Ruhan en sy sekretaresse in 'n hartstogtelike omhelsing. Sy dagvaar hom vir ′n egskeiding, nét toe die president die lansdwye inperking aankondig. Ruhan stel Anika voor 'n ultimatum: hy sal instem tot die egskeiding as sy na die inperkingstyd steeds dieselfde voel. Sy stem teësinning in, maar haar kuldgevoel, rou en onsekerhede bly egter tussen hulle kom en vergemaklik nie hulle verhouding nie. Gaan Ruhan dit regkry om Anika te oortuig hoe lief hy haar het, of is sy pogings tevergeefs?

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. In hierdie passievolle romanse word die uitdagings van 'n huwelik deeglik aangeraak en die invloed
wat dit op beide 'n man en 'n vrou het.
Publikasiedatum: 2022-10-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352319

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
R 50Jy spaar R 60
Om werk met plesier te meng vra na moeilikheid.
Janneke Lombard werk vir die aantreklike joernalis, skrywer en avonturier, DeWet Combrink. Sy hou van haar werk en is gewoond daaraan om hom te vergesel waar hy ook al gaan werk. Maar om saam te gaan vakansie hou? Daarvoor is sy nie aangestel nie. Ook nie om sy suster se drie kinders op te pas nie. Hoe meer tyd Janneke egter saam met DeWet en die kinders deurbring, hoe meer raak sy bewus van haar gevoelens vir die man. Gevoelens wat beslis nie tussen ʼn werknemer en haar baas hoort nie.
Sy het lankal besluit dat sy nie weer wil seerkry nie - liefde en seerkry gaan immers hand-aan-hand. De Wet mag dalk belangstel in haar lyf, maar is dit genoeg? Boonop is die verhouding tussen hom en sy eksvrou duidelik nie heeltemal verby nie. Vir hom is Janneke dalk net nóg ʼn avontuur. Daarom besluit sy om haar afstand te hou. Maar met die liefde het sy haar deeglik misgis, want nie haar hart of haar liggaam kan van hom af wegbly nie.

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. Hier ondersoek sy die verskeie rolle wat ʼn vrou kan speel, van werknemer tot beminde tot ma. Sy weet hoe om die spanning tussen haar karakters te bou en behou om te sorg vir ʼn passievolle romanse.
Publikasiedatum: 2022-05-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639606064

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die skeidslyn tussen liefde en haat is dun
Marlien van der Walt aanvaar 'n pos as skoonheidsdeskundige op 'n wildsplaas buite Harrismith ná 'n traumatiese inbraak by haar woonstel. Die plaas behoort nou wel aan die pa van haar eks Eben, maar dit is seker beter as om alewig bang te wees in die stad. 'n Jaar gelede het haar en Eben Naudé se paaie geskei en het sy liefde vir haar in 'n intense haat verander. Toe sy hom weer op die plaas sien, weet sy dat dit steeds die geval is. Hy is koud en ongeskik en gaan uit sy pad om haar tyd op die plaas onaangenaam te maak. Sy is egter steeds smoorverlief op hom en besef gou dat die skeidslyn tussen liefde en haat baie dun is.
Publikasiedatum: 2021-02-25
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799398588

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Vind uit hoe die ander helfte verlief raak ...
Danika Human reis saam met 'n groep van haar kollegas na Italië vir die troue van die supermodel, Monica Wilson. Daar ontmoet sy die bruidegom se neef, Ricardo Burratti. Die aantreklike Italianer maak gevoelens in haar wakker wat sy nog nooit vantevore ervaar het nie. Sy stry teen die verwarrende emosies en besluit om hom op 'n afstand te hou, 'n besluit wat al hoe moeiliker word, veral wanneer hy haar soen. Dan is daar nog die beeldskone Lissandra Rinaldi, Ricardo se gewese vriendin, wat dit baie duidelik maak dat sy die een is wat met Ricardo gaan trou. Is Lissandra reg dat Danika bloot net vakansievermaak is vir Ricardo of staan sy 'n kans om sy hart te wen?

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Miljoene maanligsoene is Corné van Rooyen se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
-Haar sprokiesprins (April 2018),
-Kaalvoetnooi (Junie 2018),
-Die spel van liefde (Februarie 2019), en
-Lekkerder as sjokolade (April 2019).
Publikasiedatum: 2020-02-05
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799394160

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Leroux is beslis een van daardie mans waarteen haar ma Riana altyd gewaarsku het. Té aantreklik, té ryk, té wonderlik vir woorde. In kort, te goed om waar te wees en as sy nie oppas nie, is sy verlief voordat sy dit weet, maar gelukkig vir haar, is sy immuun teen mans.
Publikasiedatum: 2019-04-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799391503

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Tot Izette se ontsteltenis is die nuwe, sexy prokureur niemand anders as haar eksman nie. Gelukkige is haar gevoelens vir Markus iets van die verlede, maar sy soene saai steeds verwoesting in haar hart.
Publikasiedatum: 2019-01-29
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799387957

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Elzani het nie net koffie op Xander se hemp gemors nie, maar ook sy motor gestamp en sowaar, hier staan hy 'n derde keer voor haar. Dié keer dreig sy hom met 'n mes. Met drie “ongelukke” agter die rug, kan hulle dalk nou uiteindelik op die liefde fokus?
Publikasiedatum: 2018-05-29
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799387742

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Belinda is oortuig dat liefde slegs vir sprokies bedoel is, nie vir doodgewone meisies soos sy nie. As haar hart net wil verstaan dat hul buurseun, Werner, iemand anders se prins is. Maar wanneer sy saam met hom is, ervaar sy 'n vreemde tintelende sensasie en woon daar skielik vlinders in haar maag.
Publikasiedatum: 2018-04-10
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799386929

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Carlie verskil heeltemal van die vrouens met wie Armand daagliks te make het en prikkel daarom sy belangstelling. Hy het egter vantevore sy kop met 'n jonger vrou gestamp en sal nie toelaat dat dit weer gebeur nie.
Publikasiedatum: 2017-12-21
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799377880

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Xandri en Anton trou om hul peetkinders standvastigheid te gee nadat die kinders se ouers vermis word tydens 'n tsoenami. Xandri is al jare verlief op Anton en dit word steeds moeiliker om haar gevoelens vir hom weg te steek.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.